Aanvaller hoor sy lot ná wrede plaasaanval

Blackie van den Berg kort na die aanval. Foto: Verskaf

Die man wat Blackie van den Berg (62) verlede jaar op haar plaas tussen Sannieshof en Ottosdal in Noordwes oorval, erg aangerand en verkrag het, is skuldig bevind op aanklagte wat verband hou met dié aanval.

Adv. Tembeka Mbadu, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Teka Mokgomotsi (21) is Vrydag in die streekhof in Atamelang naby Delareyville skuldig bevind op twee aanklagte van verkragting (een met betrekking tot Van den Berg en die ander met betrekking tot ʼn ander vrou), huisroof met verswarende omstandighede, huisbraak met die bedoeling om te roof, poging tot moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

Maroela Media het vroeër berig Van den Berg was alleen tuis toe die aanval omstreeks 00:45 plaasgevind het. Volgens Bianca van den Berg, Blackie se dogter, was sy in die kombuis toe sy ʼn geluid op die dak gehoor het byna soos ʼn kat wat op die dak loop. Sy het daarna gesien dat haar hond buite die huis onder die lapa toegemaak is nadat sy hom vroeër laat uitkom het.

“Sy het gehoor hoe hulle die veiligheidshek by die voordeur uit die kosyn breek en besef hulle is besig om die huis binne te kom. Sy het na die slaapkamer gehardloop en die veiligheidshek in die gang agter haar gesluit. In die kamer het sy haar rewolwer gekry. Teen daardie tyd was een van die aanvallers klaar besig om die traliedeur in die gang oop te buig terwyl die ander aanvaller buite die huis gestaan het,” het Bianca destyds aan Maroela Media gesê.

Van den Berg het ʼn paar waarskuwingskote in die lug geskiet, maar toe die aanvaller geen gehoor hieraan gee nie, het sy die rewolwer op hom gemik en geskiet. “Sy was so verbouereerd, sy het mis geskiet en die rewolwer leeggeskiet. Daarna het sy teruggehardloop kamer toe en die houtdeur van die kamer gesluit,” het Bianca gesê.

Van den Berg het in die kamer haar buurvrou gebel om hulp te kry toe die aanvaller begin om die houtdeur met ʼn spitvurk oop te breek. “Sy het vir hom gesê sy gaan hom skiet, toe sê hy vir haar in Afrikaans: ‘Skiet maar, ons kom vir jou.’ Al wat sy kon doen, was om angsbevange daar te sit en wag met die wete iemand is op pad om haar dood te maak,” het ʼn emosionele Bianca gesê.

Nadat die aanvaller deur ʼn gat in die deur die kamer binnegekom het, het hy Van den Berg met die spitvurk aangerand en haar herhaaldelik geslaan. Hy het haar klere van haar lyf afgeskeur en haar ook verkrag. Volgens Bianca het haar ma verbete terugbaklei en die aanvaller geslaan, geskop en gekrap.

In ʼn stadium het die aanvaller die rewolwer gegryp en dit op Van den Berg gerig en die sneller getrek, maar daar was nie meer patrone in die vuurwapen nie. “Toe hy besef die rewolwer is leeg, het hy haar gewurg. Hy wou haar doodmaak,” het Bianca gesê. “Net toe het die bure daar aangekom en sy makker buite die huis het gefluit om hom te waarsku. Hy het my ma aan haar hare in die gang afgesleep en toe op die vlug geslaan.”

Die aanvallers het met kontant, ʼn selfoon en Van den Berg se vuurwapen gevlug. Van den Berg het destyds toestemming gegee dat haar naam bekend gemaak mag word ondanks die feit dat sy verkrag is.

Vonnisverrigtinge sal op 29 Oktober begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Vanessa Moore ·

Liewe hemel, ek kan net dink hoe angsbevalle die arme vrou moes wees. Haar lewe is verwoes. Niks gaan weer dieselfde wees vir haar nie en al gaan hulle tronk toe gaan dit niks aan haar situasie verander nie. Hoeveel keer moet ons smeek vir die doodstraf!!!!!!!

VanAfrika ·

(Angsbevange) en nee jy sal nie die doodstraf wil he nie want wat as jou seun iemand doodmaak uit selfverdediging uit, gaan jy wil he hy moet hang?

Arak ·

@VanAfrika, ek dink nie jou argument is geldig nie. Die doel van doodstraf is nie om dood te maak nie, maar afskrikmiddel. Die seun sal waarskynlik nie die booswig hoef te skiet nie, want die booswig sal in die eerste plek die gevolge baie meer oordink voor hy inbreek en moor. So, ja, ek is van mening, bring dit onmiddellik terug. Verder gaan die tronke ook baie leër wees en sal elkeen wat in die tronk sit ook deeglik bewus wees dat daar ‘n doodstraf is en sodanig begin optree. Dan praat ons nie eers van die belasting wat gespaar gaan word nie…

Piet ·

Arak, dit help nie mens het behoorlike wette maar die wat dit moet toepas is “incompetent” nie. Ons wette is reeds baie goed soos ons dit van die vorige bedeling geerf het. Al het jy die doodstraf in plek berus dit steeds by die regter wanneer (en op wie) hy dit gaan toepas. Ken jy die inheemse reg wat soms die misdadiger kan bevoordeel? Besef jy dat tydens versagting word dit telkens vertel hoe swaar die misdadiger in sy lewe gekry het a.g.v en tydens apartheid? Daardie kaarte kan jy nie ook speel nie.

Jozi ·

Alles goed en wel… wat van die maatjie wat buite die huis rondgestaan het? Is hy nie ‘n medepligtige nie.
Mev Van den Berg, jy is daardie aand deur loutere hel en dit het nie daar opgehou nie.
Mag jy elke dag opnuut God se genade en teenwoordigheid in jou lewe ervaar. Sterkte vorentoe.

HPV ·

Toe anc regime, kyk hoe lyk julle helhool demokrasie…maar die wiel gaan draai…

Anita (die eerste) ·

Ramaparra weet hoegenaamd
natuurlik ook niks hiervan nie. Dit het immers daar ver in ou Wes-Transvaal gebeur. Ver van die “high life” met skares lyfwagte en ampswonings en ampsmotors en ander luukses.
Siende blind; horende doof en gebruik die mond om te lieg en bedrieg. Ja, oorsee sodat beleggers mislei kan word. Aan die neus rondgelei kan word.
En eendag wanneer hulle wakker skrik, is hulle beleggings nikswerd.
Dalk sal die beleggers maar net soos Chinese lenings gee voordat hulle op die betrokke bate beslag lê.
En hierdie buitelanders kan maar weet, sit jou voete hier in die parra se parradys dan is die kans 1 000% dat misdaad jou lot sal wees.
Mag Blackie van den Berg alle krag en genade asook ondersteuning kry want haar lewe sal inderdaad nooit weer dieselfde wees nie.

Joe ·

@Celeste, ja maar hoekom plaas MM nooit plaasmoordenaars se gesigte nie, maar met blanke beskuldiges word hul gesigte orals op gepleister.

Antie ·

Daar sal geen doodstraf weer ingestel word, word dit ingestel, dan verminder hulle in rasse skrede en die ou wat die galgtou moet trek, gaan 24 uur aan diens wees

waarheid ·

Stuur die vonnis na die Buiteland sodat hulle kan dit is waar.

Lana ·

Maroela, julle kan sommer klaar sy foto plaas. Foto’s word mos nie geplaas om identiteit van die slagoffer te beskerm. Blackie het lankal toestemming gegee dat julle haar naam mag noem. Hoekom plaas julle nie daardie gemors se foto?

Hoe nou....... ·

En laat dit nou met iemand gebeur in hulle families……dan is die herrie los en die skuldiges is in twee ure vasgetrek, verhoor en toegesluit.

Al ·

Die ANC is dawerend stil as dit kom by wit plaasmoorde en aanvalle.

Johan ·

Stuur die foto’s en berig in Engels aan die Australiese Regering.

Callie ·

Watter sanger wil vir ons n lied skryf met die koor van liegbek Ramaphosa. Dit moet oor luidsprekers die hele land vol gespeel word. As hy dit elke dag hoor sal hy dalk besef wat hy regtig is. Hy kan ook nie die sanger dagvaar nie want die feite is daar

Tammy ·

Dis nou n geval waar ek n boendoeverhoor goedkeur. Gee hom vir die publiek om te straf. Ek twyfel sterk of hy gestraf gaan word in ooreenkoms met die daad. Hierdie vrou het oorleef maar haar siel is vermoor, sy kan onmoonlik die trauma van hierdie aanval ooit in haar lewe verwerk. Al die seer en die stukkende hart en dan nog haar ouderdom en die ongelooflike vernedering. Ek hoop uit my hart dat die regter ons almal sal verras met die swaarste moonlike straf op elke aanklag. Geen straf moet saam met n ander gelyklpend wees nie. ASSEBLIEF regter gee ons rede om nooit weer aan boendoe geregtigheid te dink nie, want dit is vir elkeen van ons ook soos n vonnis.

Hendrik van George ·

Wees tog paraat op plase dames. Kan nie bekostig om mis te skiet as jou lewe bedreig word….

Sanet Van Rooyen ·

Genade..ek het nie woorde nie ai..dit is verskriklik

Nel ·

Ek is so ongelooflik hartseer vir hierdie vrou se part. Dit is so n lang pad van herstel. Ek wonder of mens regtig ooit weer herstel na so iets???

Piet ·

Sanet dit ruk n mens soos n aardbewing. Kan jy jou indink waardeur hierdie vrou moet gaan? Hier is nog mense wat uit hul antwoorde mens verstom met traak my nie agtigheid en gebrek aan vermoe om die skrif aan die muur te lees, hoewel ek nie hul instette op hierdie berig raaklees nie. Verbeel jou dit moet jou ma wees! Daar is kommentators wat na ander verwys as “Rambo’s”. Hulle moet dalk die fliek gaan kyk – hy was net n ou wat op ‘n dag breekpunt bereik het.

Rina Kotze ·

Sterkte Blackie, Mag ons Vader jou baie naby wees in die herstel tyd.

Bring asb die doodstraf terug vir sulke aanvalle en verkragtings en vir moord!

Bokkie ·

Liewe Blackie,
Ai my hart is stukkend vir jou! Dit wat aan jou gedoen is, kan nie omgekeer word nie; die man het jou groot skade en eina aangedoen. Ek bid uit my hart uit vir jou want wat met jou gebeur het, wens ek NIEMAND toe nie. Mag God jou heelmaak! Mag HY jou onder SY vleuels van beskerming hou. Baie liefde xx

tamboti ·

Goed en wel, ek voorspel dat die oortreder weinig of niks meer as die minimum vonnisse gaan kry nie, en almal gelyklopend dus maks 15jaar, want kyk hoe jonk is hy en sy hele (misdaad) lewe le nog voor.
Hy mag dalk nog minder as die doodskismanne kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.