Aanvaller op Limpopo-kleinhoewe doodgeskiet

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Aanvaller is Dinsdagaand op ʼn kleinhoewe in die Du Toitskraal-omgewing, naby Marble Hall in Limpopo, doodgeskiet in ʼn skietgeveg tussen ses verdagtes en ʼn boer.

Ben Engelbrecht van Heritage Protection Group (HPG) het aan Maroela Media gesê die boer het omstreeks middernag wakker geskrik en ʼn onbekende man langs die bed in hul slaapkamer sien staan. Die aanvaller en sy vyf makkers het die egpaar vasgebind en aangerand.

Foto: Heritage Protection Group

Foto: Heritage Protection Group

Volgens Engelbrecht het die aanvallers onder meer die vuurwapens uit die kluis en selfone in die man se kombi gelaai wat buite die huis gestaan het. Hulle het met die kombi probeer vlug, maar in ʼn heining vasgery. Intussen kon die boer daarin slaag om homself los te wikkel en ʼn haelgeweer in die hande te kry, wat hy gedurende die nag by hom hou.

Die aanvallers het op die boer begin skiet en hy het teruggeskiet. Een van die aanvallers is langs die heining doodgeskiet, terwyl die ander vyf op die vlug geslaan het. Volgens Engelbrecht het lede van HPG die aanvallers se spore gevolg en ʼn ernstig gewonde verdagte is ʼn ent van die huis aangetref waar hy weggekruip het.

Die ander vier verdagtes se spore is gevolg tot by ʼn pad waar hulle vermoedelik opgelaai is. Hulle is steeds op vrye voet.

Engelbrecht het gesê die boer en sy vrou het ligte beserings opgedoen. Die egpaar se kinders het in hul kamers geslaap tydens die voorval en is ongedeerd.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Hy het gesê die polisie het op die voertuig wat die verdagtes gebruik het, beslag gelê.

Enigiemand met meer inligting word versoek om brig. James Espach op 082 576 0743 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Arsène Lupin ·

Dis net God se genade dat die kinders niks oorgekom hetnie.

Chantel ·

Regtig Been???!!! JY moet bykom voor dit te laat is vir jou…

Genade ·

Dis is presies wat jy moet doen #Been – maak oop jou oë, want jy weet nie waarvan jy praat nie.

Kaaiman ·

Stem saam met jou Been. Interessant hoe die spul jou bestorm as jy nie met hulle saamstem nie.

Hannes ·

Ja ek stem saam Been. En dan flock helfde van ons mense Australie toe, maar raai wat, daai is ‘n klomp heidene en dit gaan baie beter met hulle as met ons.

Pieta ·

Ek het ook gisteroggend om 4 ‘n gedaante buite my kombuisvenster gewaar, maar hy het ongelukkig my geweerloop by die slaapkamervenster sien uitkom en op die vlug geslaan. Hopelik kom probeer hy weer en bring sommer sy makkers saam, ek wag vir hulle.

Jan ·

Pieta, wees versigtig om jou wapen se loop by ‘n venster of om ‘n draai te laat uitsteek – dit kan moontlik ‘n ongesiene aanvaller die kans gee om jou wapen te gryp. Indien moontlik, werk eder van binne of van agter jou dekking af.

Johan ·

Jan ek verstaan nie. Wat bedoel jy by “werk eerder van binne of agter jou dekking af”. Jy laat dit klink of mens moet wegkruip en wag vir die opponente? Êrens gaan jy tog van jou dekking af moet beweeg na die konfrontasie toe?

Andrea ·

Wees asb baie, baie versigtig, Pieta. Hul kom dalk terug wanneer jy reeds jou waaksaamheid verslap het. Baie sterkte!

Valie ·

Jan ek stem saam met jou, takties is jou beste optrede ‘n hinderlaag en jou beste wapen die verassingsfaktor, hinderlae maak sterk staat op daardie beginsel. Jou hinderlaagposisie is agter dekking, met geen lig van agter af nie, alle lig moet voor jou skyn, weg van jou posisie. Behou jou posisie tot jy seker is versterkings is op pad, of die aanvallers blaas die aftog, versigtig met jou beweging, dit maak jou sigbaar en ‘n maklike teiken.

Pieta ·

Dankie vir al die raad. Ek het goeie buiteligte. Die huis se ligte was af, dus kon hy my nie sien nie. Dis toe ek die venster bietjie oopstoot om hom mooi in my visier te kry, toe hy die geweerloop wat op hom gerig was gesien het en gevlug het. Mense kry vir julle goeie buiteligte en sit die polisie op speeddial sodat jy net een knoppie druk as daar moeilikheid is.

Mike ·

Goed gedaan. Boere raak meer paraat teen hierdie misdadigers maai hulle af.

Annie ·

Stem saam Ig dis baie jammer, maar so tipies van hulle, hulle los die beseerde een net daar – maar hy gaan praat. Bly die kinders is nie seergemaak nie. Hou so aan boere!!!!

Jean ·

Jip, die boere het lank genoeg teruggesit en die pakslae en moorde en aanvalle gevat, hulle raak meer paraat, jy kan net nie meer bekostig om te ontspan in jou eie huis nie .. in die dorpe is dit maar net so gevaarlik, maar plase is groter teikens, die enigste oplossing is om jouself te verdedig en ander maatreels in plek te sit om jou en jou huis te beskerm!

Dankie ·

Dankie dat julle nie die boer se naam bekend maak nie. Wraakaanvalle is geen nuwigheidjie meer in SA nie, kyk hoeveel mense word twee of selfs drie keer aangeval tot hulle uiteindelik omkom. Mens wil graag die nuus bekendmaak, jy wil graag almal wat help bedank, maar asb die identiteit van iemand kan hom sy lewe kos . Soms as hulle skryf ‘n plaaswerker het die gesin inligting gegee omtrent ‘n aanvaller, ASB beskerm die plaaswerker se identiteit. Meer aan een informant of helper is al doodgemaak omdat hy gehelp het, en meer as een boer is in ‘n tweede aanval al doodgeskiet omdat die eerste aanval onsuksesvol was. Volgende keer kom daar 12 ipv 6. BESKERM identiteite te alle tye, hier is ook kinders betrokke.

Ekke ·

ek bly ook op n plaas…….hoekom sluit mense nie hul kamer deur?? Verseker gaan jy hoor as hy daar peuter om in te kom

Liza ·

En laat jou kinders aan hul eie genade oor? Nee, installeer veiligheids hekke wat slaapkamers van res van die huis afsny indien moontlik.

ek ·

Sal jy gemaklik voel as jou kamerdeur gesluit is en jou kinders is in ander kamers?? Ek bly in die dorp en is nie eers gemaklik daarmee nie…. Wat nog van die mense op plase….

m ·

Die boere sal maar hulle self moet begin beskerm want duidelik worry die regering nie oor die plaasmoorde nie.

Ben ·

Ses of twaalf, maak nie saak nie – onthou Bloedrivier. Ons kan onsself help, en baie goed ook!

Hannetjie Harvie ·

Ek dink as jou kinders in ander kamers in die huis slap is dit nie moontlik om jou kamerdeur te sluit nie. Maar ek is so bly hierdie man het hulle gewys dis nie net vir inbreek en vat nie. Net jammer die ander het weggekom. Baie dankbaar julle kinders en julle is ongedeerd.

Piet Piper ·

Ek neem nie ons on-agbare Pres. Zuma kwalik dat hy so min , of omtrent nooit iets te se het oor hierdie plaas aanvalle…………..want hy lees blykbaar baie moeilik……..die skaamtelose amptenaar wat hy is.
Sterkte vir al ons boere en wees paraat te alle tye. !!! Zuma se regering is te lig bevind om hierdie land se burgers te beskerm teen die barbaar -agtige misdadigers in Suid Afrika.

EvW ·

Mr Z te besig om te sit en slaap in parlememt….. Hy “WERK” seker baie hard……

Ina ·

sjoe hoe het die swerkaters ingekom? ons het soveel deure binne die huis wat ons ook sluit. hoe kom hulle in sonder dat mens hoor? ons het klein worshondjie in ons kamer, en hopelik sal sy ons kan waarsku. ons het honde buite ook…………ai so bang hulle word vergiftig. ai mense ek sommer nou bang om te dink hulle is so stil dat jy eers wakker word wanneer hulle langs jou bed staan. sterkte suid-afrika. dalk moet ons hulle areas ook in die nag begin besoek en sommer net losbrand en skiet, ek soek nie hulle goed nie

Ann ·

Jy sal verbaas wees oor watter taktieke hulle gebruik, Ina. Een van my boere het my eendag vertel hulle klim in jou dak en breek die plafon regoor jou bed oop sodat hulle op jou kan val, en jou met ‘n mes kan steek. Dis nou as hulle WIL moor. Andersins kom hulle van buite af deur die dak en in die huis deur die gat waar jy gewoonlik inklim as jyself in die dak wil klim.

Daller ·

Baie bly julle is nou veilig. Baie sterkte vanuit Groblersdal.

Santie ·

Mens sal deesdae “booby-traps” oral moet opsit wat ‘n helse lawaai kan maak as daar oortreders op jou werf of in huis is.

Ouboet ·

Die boer sal seker nou van moord aangekla word omdat hy ‘n arm landsburger doelbewus raak geskiet het.

Esme Fick ·

Ek en my man woon al jare op n kleinhoewe buite Preoria. Ons het goeie sterk diefwering aan die binnekant van die vensters opgesit. Klein hondjies binne die huis wat kan alarm maak is n goeie idee. Ons het selfs n klein ringnek papegaai gehad wat kliphard vir alles wat lewe met n ” hello voeltjie” gegroet het. Ek stem saam jy isso veilig as wat jy paraat is.

Phillippus Badenhorst ·

Ons het nie nodig om rassisme op te bring nie as ek wakker word in die middel van die nag en daar staan enige persoon langs my bed skiet ek hom.

Lilla B ·

Hoekom word so baie mense wakker met iemand langs die bed? Alarms, diefwering, geslote deure, ‘n kwaai of raserige hond, ‘n gespande tou met leë blikke wat val en raas as jy nie ‘n alarm kan bekostig nie, enige alternatief is beter as niks! Honde buite is deesdae dooie honde, laat hulle binne slaap om te waarsku. Ek is ook baie bly dat die gesin lewendig hierdeur kon kom.

Sussan ·

Verbasend hoe ons al “ge-brain wash” is!..ons moet tog net altyd te dankbaar wees as iemand nie te erg beseer of dood is nie! Slegs net n selfoon, n wapen, n voertuig is weg ens?!?!.dit is ONS eiendom, waar voor ONS gewerk het, nou moet ons dankbaar wees en aanvaar !!?!?!

Dries ·

Dit gaan baie beslis nie oor diefstal nie, moord en verkragting is in meeste gevalle die motief. Diefstal is n bysaak. Die lib media hou egter aan om na diewe, boewe of boosdoeners met n diefstal motief te verwys. Vandaar die breinspoel.

Anti krimineel ·

Daar is so baie klein hondjies by die DBV en Wetnose. Klein hondjies in die huis kan nie so maklik vergiftig word nie en is wonderlike alarmpies. Neem hulle aan, so wen almal.

michelle ·

Eks net baie baie bly die kinders het geslaap.
En laat my nig hulle almal okay is.sterkte da!!!!

MM ·

Kom ons wees nou eerlik. Was dit regtig moeilik vir 6 boosdoenners om die erf of huis te betree? As jy op n plaas, of self’s in die dorp bly, los been fakansie en sit buite ogies of strake op. Niemand kan daar very kom sonder dat jou sixteen jou waarsku nie. Daar is all baie gepla en probeer inbreek by my en by my ouers, maar jy weet van hulle nog voor hul aan n venster kan vat. Die stories met vislyn en blikke week ook. Jy will van hom weet nog voor hy langs jou staan.

Moeg vir plaasaanvalle ·

Ek stem saam met alerhande veiligheids maatreels maar tog kom die booswigte daar verby. Ek was daar om ander verdagtes vas te trek maar dis duidelik gestel moet nie op hulle skiet nie vang hom nou hoe vang jy n gewapende rower dis belagrik.

Hannes ·

Nou maar as daar genade van bo af is, hoekom die moorde daagliks laat plaas vind? En hoekom gaan dit so goed in heiden lande? Tyd om wakker te skrik, ons is van kleins af gebrainwash.

Rooikop ·

Ai Hannes…gaan lees jou bybel dan sal jy verstaan… Of eerder, gaan doendalk eers feitlike research oor die bybel en die feite daarin, dat jy darem eers weet hoekom jy daai ou boekie maar kan vertrou tot op die laaste woord. Ons is nie meer in die paradys nie. Ons is uitgeskop omdat ons ongehoorsaam is. Wat nou met ons hier op aarde gebeur moet maar gebeur – wat belangrik is, is dat jy jou bekeer, want ten minste weet jy dat na jou dood skyn die lig weer vir jou, permanent hierdie keer. Wat die heidense lande aan betref – jy dink dit gaan goed met hulle? Onthou net een ding, as satan jou ogies toe hou en jou al die plesiertjies in die lewe gee, gaan jy nooit by die verlossing uitkom nie. Jou lewe is dalk “paradise” nou hier op aarde, maar my maat, ‘n ewigheid daarna is ‘n ander ding om aan die verkeerde kant van die wenspan te staan.. Maar soos die bybel ons ook leer – God het ons vryheid gegee om te maak soos ons lekker kry, so niemand dwing jou. Jy is vry om te glo soos jy lekker kry.

Boeta ·

Hannes ou grote jy is heeltemal naief as jy dink dit gaan so goed tussen die heidenne. En gaan maar Australia toe as jy wil. My God wys my elke dag sy genade en dit is genoeg vir my. Weg Hardloop ……………. nee wat dankie.

Madeleine ·

Dit raak diep want dis familie. Ons is net dankbaar dat hulle ongedeerd is en die kinders ook. Sterkte aan die familie!

Pieta ·

Dankie vir al die raad. Ek het goeie buiteligte. Die huis se ligte was af, dus kon hy my nie sien nie. Dis toe ek die venster bietjie oopstoot om hom mooi in my visier te kry, toe hy die geweerloop wat op hom gerig was gesien het en gevlug het. Mense kry vir julle goeie buiteligte en sit die polisie op speeddial sodat jy net een knoppie druk as daar moeilikheid is.

Herman ·

Boere, Geliefdes, Vriende, ALMAL!
Ek nooi julle uit om toe kom na http://www.kalahatterbury.co.za se opleiding. Ek het al BAIE Krav Maga gesien en gedoen, Kalah is die enigste een wat werk. Ons boere het dit nodig! Asseblief kom in kontak. Ons s bereid om verniet ons boere te help reg oor SA! Ons doen als. Hand to hand combat, Combat shooting, House clearance, Close protection, ETC. ONS MOET SAAM STAAN!! CHRISTINNE OF NIE! BOERE! BOERE IN SA! Die tyd om te bigin saam staan is NOU!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.