‘Aanvaller’ op plaas doodgeskiet

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Vermeende plaasaanvaller is doodgeskiet nadat hy na bewering ʼn vrou en haar tuinier Dinsdagoggend omstreeks 07:00 op ʼn plaas in die Nigel-omgewing in Gauteng aangeval het.

Brig. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn vrou en haar tuinier was alleen by die huis ten tyde van die voorval.

“Daar word beweer dat die vrou alleen in die huis was toe sy deur twee manlike aanvallers aangeval is,” het Masondo gesê.

Die verdagtes het volgens Masondo die vrou na bewering in die arm gesteek en twee vuurwapens gesteel wat in die huis was.

“Die tuinier het na die bure gehardloop om hulp te ontbied en het teruggekom saam met een van die bure. Daar word verder beweer dat die verdagtes op die buurman geskiet het wat toe teruggeskiet het,” het Masondo gesê.

Die verdagtes het te voet in die mielieland in gevlug. Die polisie het ʼn helikopter gebruik om na die verdagtes te soek. Boere in die omgewing is ook onmiddellik op ʼn WhatsApp-groepie in kennis gestel van die voorval en het na die verdagtes gesoek. Hulle kon ongelukkig nie daarin slaag om die verdagtes vas te trek nie.

Volgens Masondo is een van die verdagtes later ʼn paar meter van die misdaadtoneel dood aangetref. Johann Pistorius, ʼn boer in die omgewing, het gesê die helikopter het sy liggaam van bo in die mielieland gewaar. Daar word vermoed dat hy in die skietgeveg doodgeskiet is.

Een van die vuurwapens, ʼn jaggeweer, wat tydens die aanval gesteel is, is op die stoep van die huis aangetref.

ʼn Saak van huisroof en aanranding met die doel om ernstig te beseer word ondersoek. Die polisie is ook besig met ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

PIET ·

O hel, nou gaan hulle weer die tuinier ‘n stukkie GROND of ‘n RDP huis belowe as hy se die aanvallers het NIE op hulle geskiet nie en NIE die tannie met die mes gesteek nie, hulle was nie gewapen nie, en die buurman het sommer lukraak op hulle toegeslaan en begin skiet .. KYK MOOI Hoe werk die saak nog!

Albatros ·

N saak van ‘huisroof en aanranding’ nadat sy met n mes aangeval en in die arm gesteek is.

Maar druk hom in n kis, dan is dit n saak van moord.

Vermeendes ·

Hierdie geval is nou wel anders maar ons moet die vraag vra, as hulle met vuurwapens by n plaas opdaag waarom is die eerste ding wat geies word wapens, wat wil hulle met al die wapens doen, hy kan tog n TV of rekenaar vir meer verkoop as n wapen.
Die rowers wat wel gevang word het almal onwettige wapens en veral 9mm maar wat word van al die gewere.
Hulle sal seker tevoorskuin kom met onteiening.

Antjie ·

Lyk my die brig Masondo ondersoek net bewerings, maar het vergeet om na koeëldoppies te soek voordat die helikopter die lyk uit die lug gewaar het!!!

Vegter ·

As jy n geweer rig is dit om hom te gebruik
Hy bring dit nie saam om water te kom drink nie

Kiewiet ·

Kom ek se jou Vermeendes wat hulle met die wapens maak wat hulle roof. Hulle gee dit vir hulle kamerades wat nie wapens het nie om nog plaas aanvalle te gaan uitvoer.

John Samuel ·

Ek hoop ek kry ook die geleentheid om die plaasaanvaller getalle te verminder in hierdie land…

Regsraad ·

Daaar was vannaand n baie interessante gesprek oor die wetgewing oor selfverdediging, wanneer jy mag skiet. Ek verstaan dit sal more oggend op radio pretoria se webblad beskikbaar wees. Miskien kan Maroela dit deel met almal hier.

martin cilliers ·

ek is trots om n suid afrikaner te wees en nie n aussie nie daar le goue jare vir ons nog voor !!!!!

Mikeltjoe ·

Ek wens ek kan in jou entusiasme deel maar hoekom se jy so?

broos ·

hoekom is aanvaller in aanhalings tekens geskryf? as hy gewapen is, as hy jou met ‘n mes steek dan is hy mos ‘n aanvaller en klaar! vir wat moet julle altyd die skelms beskerm??? sê ‘n ding soos hy is asb. sterkte aan almal, boer wat geskiet het (well done!) ingesluit

Disselboom ·

Hoekom word die woord ‘aanvaller’ in die opskrif in aanhalingstekens geskryf? Dit laat dit lyk asof hy nie regtig ‘n aanvaller was nie.

Gremie ·

Ek het raak gesien wat pop kommentaar. Dit kon baie anders en lelik uitgedraai. Gee krediet waneer nodig mense.

honourable member ·

Disselboom, hierdie mense is mos nooit aanvallers nie. Daar word mos altyd versagtend na hulle situasie gekyk. Onthou nou hulle is altyd die onskuldige party. Ons is mos die mal rassiste wat hulle wil vals beskuldig vir alles.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.