Aanvaller skiet glo makker op kleinhoewe dood

Argieffoto

ʼn Aanvaller is Woensdag in die vroeë oggendure glo deur een van sy makkers op ʼn kleinhoewe in die Hartbeeshoek-omgewing in De Wildt, Gauteng, doodgeskiet.

Volgens Juna Niemann, woordvoerder van De Wildt Helpmekaar wat patrollies doen in die omgewing en betrokke is by plaasveiligheid, het die voorval ongeveer 02:00 plaasgevind terwyl die Feldman-gesin, Robert, Hester en hul minderjarige seun, Frikkie, geslaap het.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê tussen vier en vyf aanvallers het glo ʼn skuifdeur oopgebreek en só toegang tot die huis verkry. Die aanvallers was volgens Niemann gewapen met ʼn panga en ʼn vuurwapen.

ʼn Struweling het volgens Niemann tussen Robert en die aanvallers ontstaan en skote is afgevuur. Een van die aanvallers is in die bors gewond en het op die toneel beswyk.

Die egpaar en seun is glo met skoenveters vasgebind nadat hulle herhaaldelik geskop en geslaan is. Robert is ook met ʼn panga oor die kop geslaan.

“Volgens René Kriel, Robert se dogter, besit haar pa nie ʼn vuurwapen waarvan sy kennis dra nie,” het Niemann gesê.

Die verdagtes het hierna te voet van die toneel gevlug, glo nadat hulle pogings om die gesin se motor te steel misluk het.

Niemann het gesê ʼn huurder wat om ongeveer 04:00 van nagskof tuis gekom het, het gesien dat die voordeur oopstaan en onraad gemerk. “Hulp is ontbied en Robert is per ambulans na George Mukhari-hospitaal vervoer waar sy toestand as ernstig maar stabiel beskryf word,” het Niemann gesê.

Robert het glo skedelbreuk en ander hoofbeserings opgedoen.

Kapt. Riana van Aarde, woordvoerder van die polisie, het die aanval aan Maroela Media bevestig. “Ek kan bevestig dat een verdagte geskiet is. Ons weet in dié stadium nog nie presies wat gebeur het nie – die polisie se ondersoek sal al die presiese besonderhede vasstel,” het sy gesê.

Van Aarde het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en moord.

Die verdagtes het glo met kontant en selfone van die toneel gevlug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Oujongvrou ·

Mnr Ramaphosa, ek hoop dat jy binnekort die ordentlikheid gaan he wat mnr Nene aan die dag gele het. En aan die buitewereld erken dat jy gelieg het toe jy gese het hier is nie plaas aanvlle en moord in SA nie. Of erken dit dan net aan jou burgers dat julle nie herwaarts of derwaarts weet met die kriminele hier nie. Hulle lag die regstelsel en polisie uit.

Andrea ·

Of erken dat dit jou goedkeuring wegdra en deel is v die ANC en EFF se beleid. Die EFF het al, so waarom kan die President nie mans genoeg wees om dit te sê nie?

Juna Niemann ·

Die plaasaanval het in die De Wildt omgewing (tussen Brits en Pretoria Noord) voorgekom. Robert Feldman se oor is in die aanval afgekap en daar word tans deur die dokters gepoog om dit weer te heg.

Tino ·

Sterkte julle!

Julle moet ook ‘n saak van strafbare manslag en poging tot moord oopmaak.

Haibo ·

dit is vir my beter dat hulle (die kriminele) mekaar nou begin uitroei . dit beteken ons hoef nie nog vir hulle in die tronke te sorg en duisende aan regskoste te betaal van ons tax geld nie . want dis nie asof hulle hulle eie prokureurs betaal nie, .. EK EN JY SPONSOR hulle prokureurs …

CJ ·

Dalk moet ons reël dat een helfte van n gesin dagdiens werk en die res nagdiens … dan is daar altyd iemand wakker by die huis. Wat n siek situasie beleef ons landsburgers nie tans nie.

Haan ·

Bly op n kleinhoewe maar besit nie n geweer nie… Nee kyk…

Hennie ·

Baie mense woon in die dorp stad en het nie n vuurwapen nie nee kyk

Jessica ·

Haan hulle maak jou dood met jou eie vuurwapen dit gebeur so gou. Mens hoor hulle nie inkom nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.