Aanvaller skiet polisieman in vriend se huis

(Argieffoto: SA Polisie)

ʼn Vrystaatse polisiebeampte is dood nadat ʼn man met ʼn klapmus hom in ʼn vriend se huis geskiet het.

Konst. Zwelinzima Sam Bomvu (30), verbonde aan die Bronville-polisiestasie, is Vrydag omstreeks 01:30 na ʼn vriend se huis in Thabong, in Welkom, nadat hy sy skof voltooi het.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê Bomvu was nog in sy uniform geklee en het sy koeëlvaste baadjie aangehad.

“Terwyl hy daar was, was daar ʼn klop aan die deur van iemand wat die huiseienaar geken het. Hy het self met die polisiebeampte gepraat en is daar weg.

“Volgens inligting het dieselfde persoon teruggekeer saam met ʼn onbekende persoon met ʼn klapmus op. Hulle het geklop, die deur oopgedwing en een skoot is geskiet in die rigting waar die polisiebeampte gestaan het,” sê Makhele.

Hy is op sy sleutelbeen getref en het op die toneel inmekaargesak. Die voorval is by die polisie aangemeld en die Thabong-eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad is ontbied.

Die ondersoekspan het kort daarna ʼn 46-jarige verdagte in hegtenis geneem.

Die motief vir die skietery is in hierdie stadium egter onduidelik.

Genl.maj. Len Singh, provinsiale polisiehoof, het die ondersoekspan vir die vinnige inhegtenisneming geloof. Daar word steeds na ʼn tweede verdagte gesoek.

“Om die lewe van ʼn polisiebeampte te neem word beskou as ʼn aanval op die gesag van die staat, daarom het ek die spanlede gevra om alles in hul vermoë te doen om die tweede verdagte op te spoor en in hegtenis te neem,” sê Singh.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan AO Secala Vinger by 079 495 1153 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Persheks Adri

Rooi petters het mos gesê hulle gaan vir die uniforms en steeds loop hulle vry rond! Elke moord is op Cele aangesien hy te pateties is om sy maats toe te sluit pffft pateet. Hoekom so lank vat om arrestasies te maak as dit ‘n boer of gewone burgers is?

Sarel

Nog ‘n onsinnige Moord….die man moes geweet het waar om te skiet.om die baadjie te systap…huurmooord

Tiptol

Cele, waar is jy? Hier is ‘n geleentheid om voor die kameras te verskyn.

Frank John

Ek hoop nie die polisie man is geskiet omdat hy self iewers betrokke was by iets wat onwettig was en hy nie sy kant van ‘n ooreenkoms na gekom het nie toe word hy uitgehaal. Die eerste een het duidelik hom uit geken en toe die “assassin” gaan haal en hy is geskiet. Duidelik te sien dat hy spesifiek die teiken was. Daar is meer in die as wat op die oog af sigbaar is.

Jasper

Die aanvalle op polisie beamptes is ‘n duidelike aanduiding van die anargie wat tans heers en die polisie se onvermoë om respek en vrees in te boesem by kriminele wat nie bang is om tot die ekstreem te gaan nie.