‘Aanvaller’ vas net ure ná rooftog op plaas

Die vermeende aanvallers is binne ure aangekeer. (Argieffoto ter illustrasie: Anja van der Merwe, Maroela Media)

Minder as twee uur nadat ʼn 70-jarige vrou op ʼn plaas buite Kareedouw in die Oos-Kaap aangeval en beroof is, was haar vermeende aanvaller reeds vas.

Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê die vrou was Woensdag omstreeks 08:30 in die tuin op haar plaas sowat 20 km buite die dorp doenig, toe ʼn onbekende man haar van agter oorrompel het.

“Die slagoffer is met ʼn tou vasgebind en in die huis geneem.  ʼn Skootrekenaar, selfoon, tablet en juwele is gebuit voor hy van die toneel gevlug het,” sê Nkohli.

Die vrou was alleen tuis en het haarself losgewikkel voor sy op ʼn buurplaas gaan hulp soek het en die polisie ontbied is.

“Die polisie het sy 72‑uur-aktiveringsplan dadelik in werking gestel en minder as twee uur later was die verdagte agter tralies. Verskeie van die gesteelde items is teruggevind,” sê Nkohli.

Die 48-jarige verdagte verskyn Maandag in die landdroshof op Kareedouw op ʼn aanklag van huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Claudette ·

Sjoe welgedaan…hoop julle vang die ander ook so vinnig. Baie bly die dame is nie beseer nie.

Grassie ·

Baie dankie aan die mense wat die uitvaagsel aangekeer het.

Quina ·

As hulle almal net so vinnig kan vang, wonder net of dit die polisie of gemeenskap se werk was?

Pretorianer ·

Dankbaar vir die uitkoms. Waarom het die joernalis ‘Aanvaller’ in aanhalingstekens geplaas?

Swerwer ·

Welgedaan! Dit moet beslis SAP lede wees wat hul werk met trots uitvoer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.