Aanvallers brand op drie in motor los

Argieffoto

ʼn Nege‑en-veertigjarige man is doodgeskiet en nog twee mense is gewond nadat hulle kort voor 07:00 Woensdagoggend in hulle motor oorrompel is.

Kapt. Mega Ndobe, polisiewoordvoerder, het gesê twee verdagtes het op die silwer Peugeot in Katlehong in Gauteng losgebrand, net toe die oorledene in die motor wou klim.

Die drie slagoffers is kollegas wat op pad was werk toe in Germiston.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê twee van die gewonde slagoffers is in ʼn bedenklike toestand. Hulle is na hospitale vir verdere behandeling geneem.

Hulle kollega is op die toneel dood verklaar, het Herbst gesê.

Volgens Ndobe is meer as 20 leë koeëldoppies ná die skietery op die toneel gekry. Die aanvallers het ná die skietery in ʼn wit voertuig gespring en is steeds soek.

Die motief vir die aanval is in dié stadium nog onduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Andre Coetzee ·

Hier in Suid Afrika het ons nou daagliks “wilde weste” situasies waar wapens uitgeruk word en enige iemand geskiet word.Geen waarde word meer aan ‘n lewe geheg nie.

Helena. ·

Lyk my hulle skiet nou sommer hul eie nasie ook dood. Of is dit nou vir die pret.. dit gaan omtrent woes..

Robot ·

Hier is nou meer onwettige wapens as al die wapens wat lisensies het! Vyftig moorde per dag is seker nie genoeg om die regering te laat wakker skrik nie!

Andries ·

Nee daar is mos gesê :”vat maar as jy dit wil hê” nie in presies daardie woorde nie, maar wat die verskilende party hoofde belowe het maak n mens nogal dink oor alles wat eweskielik nog meet toegneem het na die verkiesing – dit raak net erger elke dag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.