Aanvallers buit wagte se vuurwapens

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans het ʼn veiligheidswag doodgeskiet en ʼn ander in Kaapstad gewond.

“Die gewapende mans het Donderdag omstreeks 05:00 ʼn broodafleweringsvragmotor by ʼn spazawinkel in Sihlanulaan, Nyanga, genader,” het konst. Phindiswa Gcume, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, gesê. “Hulle het op twee veiligheidswagte gevuur wat die brood afgelaai het.”

Een van die wagte is op die toneel dood. Die ander is in al twee sy bene getref en na ʼn hospitaal geneem.

Gcume sê die mans het die wagte se vuurwapens gebuit en van die toneel gevlug. Geen kontant is gesteel nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Veronica Deacon ·

Met ander woorde, die vuurwapens was die belangrikste en nie die kontant nie. Wat nog?? Hoeveel nog?? alvorens verandering in die land plaasvind.

Jasper ·

Dit is nag in hierdie land as gewapende wagte brood moet aflewer. 2de Somalië waar “warlords” elk sy eie gebied regeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.