Aanvallers ‘eet en drink’ tydens kleinhoewe-aanval

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Man (65) is in die hospitaal nadat hy en sy vrou (66) Woensdag in die namiddag op hul kleinhoewe buite Rustenburg aangeval is.

Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die egpaar het van die dorp af teruggekeer toe ʼn onbekende aantal verdagtes hulle oorval het. Hulle is by die eerste hek, op die grondpad na hul kleinhoewe, met vuurwapens aangehou.

“Die man is ten minste twee keer geskiet,” het Makau gesê. Maroela Media verneem hy is in die maag geskiet. Hy is intussen geopereer en is in ʼn stabiele toestand.

Die egpaar is gedwing om na hul huis te ry, waar die aanvallers die huis geplunder het. “Hulle het aangedring op kontant en hulself gehelp aan kos en drankies,” het Makau gesê. Die aanvallers het bankkaarte en selfone gesteel voordat hulle op die sleutels van die egpaar se silwer Nissan Navara-bakkie aangedring het.

“Hulle het in die bakkie van die toneel gevlug. Die bakkie is later op die R24 naby Hekpoort opgespoor,” het Makau gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van huisroof en poging tot moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Anne-Marie ·

Ai tog mense……wat word van ons land? Die laaste weke is dit elke dag!!! Hoeveel nog voordat daar daadwerklik opgetree gaan word teen die ”boewe” ?

Dan ·

Anne-Marie, wie dink jy gaan teen die boewe optree? Die Regering en die polisie? Die DA?

ina botha ·

Dis lankl wrede moord. Niemand is bereid om te begin en op te staan

Eric ·

Dus my oom ons bid Here hou u hand oor hom
Waneer gaan die slagting stop

Francis ·

Eric wat is jou Oom hul se name en van ???
voorwaar word ons uitgemoor en kan niks daaraan doen nie .net bid vir genade !

Louise ·

Ons land brand, …. maar God sal nie toelaat dat ons volk bo ons kragte beproef word nie.

Ouma Betsie ·

Ina Botha. Ek verkondig die Herlewing van die Volk al aan vir die afgelope ses maande. Wat Vader op my hart druk. Blykbaar is ek mal en hoort in n gestig. Ek kan dit nie Alleen doen nie maar orals waar ek praat word ek delete. Ek is gereed. Ek sal opstaan. Wie staan saam op. Ons moet wakker word. Die uurglas loop uit

Pienkes du Plessis ·

Wat vir ‘n ding is die Herlewing van die Volk?

snoefie ·

alle Boers op die lande en hulle gades tuis moet maar gewapen gaan. sal hulle daremn regverdige kans op oorlewing tydens n aanval gee. plase is mos nie beboude gebied nie.

Ilse ·

Ouma Betsie, ek staan saam en op vir my reg as Afrikaner. Ek is ook keelvol om die goed te lees. Hulle het reeds met die oorlog begin.

Maxie Kotzé ·

Die man in die plaas aanval is sopas oorlede. Hy was in n koma en familie het nou net gepost

Marcelle Smit ·

Die Oom Niels Erichsen , is vanoggend in die hospitaal dood.

Sonet Erichsen ·

RIV Niels. Innige simpatie met die Erichsen familie in hierdie tyd. Mag God sy hand van kalmte en berusting oor julle hou

pieter ·

So word ons almal geteiken sterkte aan familie julle is in ons gebede , afrikaners moet opstaan en hande vat ons word al minder en kanse skraler vir oorlewing

Tina du Toit ·

Nog `n lewe onnodig geneem. Ons innige simpatie. Mag die aanvallers aangekeer word en Mag God julle vertroosting bring vir julle seer. Baie sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.