Aanvallers ‘in uniform’ vermoor Jouberton-man

(Argieffoto: Hansie Linde)

Die polisie het ʼn reusesoektog van stapel gestuur na ʼn groep aanvallers, glo geklee in polisieuniforms, wat ʼn man Woensdagaand in sy huis in Jouberton in Klerksdorp doodgeskiet het. Die man se dogter is in die aanval gewond.

Volgens die voorlopige ondersoek het die 64-jarige huiseienaar saam met sy gesin TV gekyk toe daar ʼn klop aan die deur was. Die slagoffer het die deur geopen vir die vier mans nadat hulle hul glo as polisiebeamptes voorgedoen het.

Hulle het geëis om die slagoffer se seun te sien, maar dié was glo nie tuis nie.

“Die mans het die huiseienaar glo geskiet nadat hy hulle ingelig het dat sy seun nie tuis is nie. Die slagoffer se dogter het kom ondersoek instel en is in die onderlyf geskiet,” sê lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder in Noordwes.

Die motief vir die aanval is in dié stadium nog onduidelik en die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

David ·

Dit was tien ten een polisiemanne, of hulle het die uniforms by polisiemanne gekry, wie dan net so skuldig is. Ek het geen vertroue in Suid-Afrika se polisie nie.

Shakespeare ·

In die haglike toestand wat die SAPD is glo ek dat dit wel SAP lede was.

ES ·

Klink vir my of die man se seun met die verkeerde mense deurmekaar is… hoop hulle vind die booswigte. Klerksdorp word nou die laaste ruk deur baie gewelddadige misdaad geruk.

lodewyk ·

Niemand maar niemand sal net by my huis opdaag nie sonder n afspraak nie,sal nie eers my hek oop maak nie,met die tyd van die jaar is daar te veel skelms wat kaanse vat,hou die deur toe en maak of jy nie tuis is nie,my honde sal in elkgeval hulle besig hou as hulle in my erf wil inkom -Cele sal moet begin antwoord oor die gevalle of hulle nou polisie is of nie,waar kry hulle die uniforms??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.