Aanvallers brand los op rouklaers

Argieffoto.

Drie gewapende mans, vermoedelik van Lesotho, het Saterdag in die vroeë ure ʼn tent in Meqheleng by Ficksburg in die Oos-Vrystaat binnegestorm en op rouklaers begin skiet.

Brig. Sam Makhele, Vrystaatse provinsiale polisiewoordvoerder, sê die drie mans, wat komberse om hul skouers gedra het, het die tent omstreeks 01:30 binnegekom terwyl dit volgepak was van rouklaers wat aan ʼn nagwaak deelgeneem het.

Hulle het blykbaar lukraak losgebrand op die singende menigte wat die waak bygewoon het. “ʼn Man van 60 is doodgeskiet asook ʼn vrou wat in haar huis [daar naby] lê en slaap het en deur ʼn dwaalkoeël getref is,” sê Makhele. “Ses mense is hospitaal toe gebring met veelvuldige skietwonde.”

In ʼn afsonderlike voorval in dieselfde township aan die grens met Lesotho het vriende omstreeks 02:30 vanoggend buite ʼn woonplek gesit toe ʼn onbekende aantal mans, ook in komberse geklee, die erf betree en willekeurig begin skiet het.

Die polisie sê twee mans van onderskeidelik 33 en 38 is noodlottige gewond, terwyl twee ander in hul lae rug geskiet is.

Bure het die polisie ontbied, sê Makhele, maar teen die tyd dat beamptes daar aangekom het, het die aanvallers reeds in die donker koers gekies in die rigting van Lesotho.

Maj.Gen. Solly Lesia, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het vanoggend ʼn taakspan saamgestel bestaande uit speurders, misdaadintelligensie, die tegniesereaksiespan en lede van die afdeling vir openbare orde om die aanvallers vas te trek.

“Ons span sal onverpoos werk om seker te maak dié hartelose monsters word aan die man gebring,” het hy gesê. “Ek wil die gemeenskap van Meqheleng verseker ons het die situasie onder beheer en vra dat hulle die reg toelaat om sy gang te gaan.”

Die polisie vra enigeen met inligting moet kol. Eketsang Kholoane by 082 301 9578 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Nita ·

Here help ons. Die mensdom is besig om in roofdiere te verander. Nee, verander dit na duiwelse monsters. Ek wil nie roofdiere te na kom nie.

Aanval ·

Burgers van n ander land loop oor die grens val ons land binne en skiet ons mense. Vergeet n speurder, hierdie is n taak vir die weermag.

possie ·

vrot skitters. sapd blameer altyd buurland se burgers. verder her ek simparie oor die “rouklaers” se skietery! genadige Vader het julle as so n gerou gehoor? dit self is absoluut van die duiwel. ek het &#%@&$ nuus vir hulle! heel nag se geskree, lamenteer en raas gaan nie daarsie dooie wakker maak nie. is dit buitendien nie n oortredinf om so te lawaai dat dir buite sie huis gehoor kan wors nie? tog weier die polisie om teen sulke burgers op te tree

Ian ·

Ou “Possie” – hier is die ding van kommentaar lewer: mens moet verkieslik nie gedrink wees nie….

vlakvark ·

ek verkwalik niemand wat op rouklaers skiet nie. dit gee n heelnagse gefuif af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.