Aanvallers probeer plaasvoorman in septiese tenk verdrink

(Argieffoto: Unsplash)

Die organisasie Vrystaat Landbou (VL) sê dit is toenemend duidelik dat die boerderygemeenskap aan sy eie genade oorgelaat is, ná ʼn gruvoorval die afgelope naweek waartydens aanvallers ʼn 77-jarige plaasvoorman in ʼn septiese tenk probeer verdrink het.

Volgens VL is Simon Makhotha Sondag in die omgewing van Zastron deur drie aanvallers oorrompel, aangerand en met messe gesteek.

Hulle het toegang tot die plaashuis gekry, waarna Makhotha vasgebind en verder gemartel is.

“Nadat die plaaswoonhuis van etlike besittings geplunder is, het die aanvallers gepoog om Makhotha in die septiese tenk van die plaashuis te verdrink. Hy is deurentyd geskop en met klippe gegooi in ʼn poging om sy kop onder die rioolwater te hou,” het VL Maandag gesê.

Makhotha het hom teen dagbreek losgewikkel en ʼn buurman se werkers het hom gevind en hulp ontbied. Hy is kort daarna in ʼn hospitaal op Zastron opgeneem.

VL het die voorval ten sterkste veroordeel en Makhotha ʼn spoedige herstel toegewens. Hy het ook ʼn beroep op die polisie gedoen om die aanvallers spoedig vas te trek.

Martin de Kock, ʼn streeksveiligheidsverteenwoordiger van die organisasie, sê die aanval op Makhotha het die boerderygemeenskap geruk. Die plaas behoort volgens hom aan ʼn opkomende swart boer wat nie self daar woon nie.

“Almal wat op plase woon en werk, is aan die toenemende misdaadgevaar in landelike gebiede blootgestel,” sê De Kock.

Ná die voorval kon die polisie glo ook nie by die misdaadtoneel uitkom nie – na bewering omdat daar nie ʼn voertuig beskikbaar was nie.

Dié gebrek aan mannekrag en voertuie in landelike gebiede is al jare lank ʼn knelpunt, maar VL sê die regering pak nie die probleem nie.

“Hoewel VL steeds ʼn beroep op die polisie en die regering doen om te sorg dat polisiestasies volledig toegerus is, is dit toenemend duidelik dat die boerderygemeenskap op sy eie is.”

Tommy Esterhuyse, adjunkpresident van VL, sê daar is Maandag met die Menseregtekommissie (MRK) vergader oor die gebrek aan inwerkingstelling van die landelike veiligheidsplan.

“Dit dra grootliks by tot lae weerbaarheid in landelike gemeenskappe. Die staatsdepartement moet hul huis in orde kry om gemeenskappe se veiligheid te verseker en die nodige dienste te voorsien.”

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gestuur en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Genis ·

Nee wat hulle is eerder op stande en loer na ander se metgeselle…. Of is by KFC ontplooi vir n spanbou sessie… Die SAPD is in my oe n skande vir ons nasie… Hopeloos, rassisties en onopgeleide onbevoegde krimenele…

Annatjie ·

Eintlik is nie net die SAPD ‘n skande nie maar totale verval van alle dienste en infrastruktuur is ook ‘n skande

Genis ·

Ek stem saam, dis n absolute tragedie… ineenstorting van alle staats, en semi-staats beheerde instansies… Dan die skuiling agter die gevaalde BEEE..en nog n E

Vlooitjie ·

Dis skokkend en moes baie traumaties gewees het. My simpatie aan die mense. Ek is egter nie verbaas oor daar nie ‘n polisie voertuig beskikbaar was vir die ernstige saak nie, want die voertuie word almal gebruik in belangriker dinge soos strande patroleer en mense wat nie maskers dra nie te vervolg….

Misky ·

Hoe traumaties moes dit nie gewees het vir bejaarde man nie. Skokkend dat daar nie voertuie beskikbaar was nie!!! Seker besig om alkohol aan te ry of privaat sakies te gaan doen

Remlut ·

Baie jammer maar julle gaan geen antwoord kry nie, hulle het geen voertuie nie !

Dup ·

Ons word omring deur wreedaards,misdadigers en aartsskelms.Hoe lank gaan hierdie land nog staande bly?

Eugene ·

Polisie is te besig om strande op te pas. Dis tyd dat hierdie aanvalle direk teen cele en ramaphosa gegooi word. Dagvaar hulle in persoonlike hoedanigheid dan sal die bom bars

Persheks Adri ·

Hoe op dees aarde is daar geen voertuig van SAPS nie? O ja hulle is te besig om op strande rond te loop en mense toe te sluit vir snert pffft pateties regtig! Hulle kan 100 keer by KFC stop en mense soek sonder maskers. Dis om van naar te raak

AndréS ·

Wat ek nie verstaan vd tekort aan voertuie nie
Ry maar deur die woonbuurte en kyk hoeveel polisie voertuie staan by privaat wonings geparkeer
Dit is duidelik dat dié voortuie as ‘maatskappy voertuig’ gebruik word deur dié enkel persoon
Trek daardie voertuie in en julle sal meer as genoeg hê

Spearhead ·

Dis jammer die Polisie word oorheers deur kriminele elemente. Beke Cele se prioriiteite lê verkeerd.
Hy is meer gepla om mense op strande te arresteer as om moordenaars op plase vas te vat. Hy het hom nog nooit sterk uitgespreek oor aanvalle en moorde nie, en wat sy plan van aksie is nie. Hy patrolleer die strande soos ‘n wag op diens, instede om die plase saam met sy mense te patolleer om die kriminele te vang. Dit sal wys dat hy werklik omgee.

Johannes ·

SA se polisie is net so onbevoeg en pateties soos die SANDF, ESKOM, DENEL, PRASA, SAL, onderwys , gesondheid, waterwese,…. moet mens aangaan?

FM ·

Dis ‘n skande wat aan bejaardes gedoen word

Hulle gaan hulle dag kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.