Aanvallers probeer SA atleet se been afsaag

Mhlengi Gwala (Foto: Facebook)

Die Suid-Afrikaanse driekampatleet Mhlengi Gwala is in ʼn Durbanse hospitaal in KwaZulu-Natal opgeneem nadat drie verdagtes hom Dinsdag oorrompel het en probeer het om sy been af te saag.

Dennis Jackson, direkteur van die Prime Human Performance Institute, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Jackson was Gwala omstreeks 15:00 besig om naby die Universiteit van KwaZulu-Natal te oefen toe hy deur die verdagtes genader is.

“Die verdagtes het hom gegryp en in die bosse ingetrek. Hy het sy persoonlike items soos sy selfoon en kontant aangebied, maar die verdagtes wou nie bes gee nie – hulle wou hom seermaak,” sê hy.

Volgens Jackson is mediaberigte wat beweer dat die verdagtes ʼn kettingsaag tydens die voorval gebruik het, nié waar nie. Hy sê Gwala het wel “ondraaglike pyn” beleef. “Die verdagtes het ʼn handsaag gebruik wat die aanval waarskynlik nóg vererger het. Hulle het deur die weefsel, spiere en die senuwee tot op die been gesaag. Dit was ʼn grusame aanval.”

Jackson sê hy was onlangs nog in kontak met Gwala. Gwala is in die hospitaal en by sy bewussyn. Volgens hom kon dokters nog nié ʼn prognose maak nie.

“Hy het baie seer gekry in die voorval, maar in dié stadium lyk dit nie of hy sy been gaan verloor nie. Sy herstelproses gaan egter baie lank wees; ons sal eers ná die operasie kan sê hoe die pad vorentoe vir hom gaan lyk. Om die eerlike waarheid te sê, ons probeer nog sin maak van die voorval. Dit is absoluut bisar,” sê hy.

Hy sê geen motief vir die aanval is aan hom of aan Gwala bekend nie. “Ek kan my nie indink dat hy enige vyande het nie. Hy is ʼn fantastiese mens wat nog net goed was vir ander. Ons is geskok dat misdadigers só iets aan ʼn onskuldige mens kan doen. Daardie tipe seer en pyn kan aan niemand beskryf word nie en só aanval kan die res van sy loopbaan in gedrang plaas.”

Die Olimpiese atleet Henri Schoeman, ʼn vriend van Gwala, het Dinsdag in ʼn Twitter-inskrywing die voorval as afskuwelik bestempel. “Die saag was blykbaar te stomp en hulle kon net halfpad [sy been afsaag]. Dit is absoluut afskuwelik. Hoe veilig is ons op Suid-Afrika se paaie? Ek wens hom alle sterkte toe vir die operasie en vir sy herstelpad. Ons almal staan agter en ondersteun jou. Ons moet fietsry [sport] veiliger maak op ons paaie.”

Gwala is volgens berigte al sedert 09:00 vanoggend in die teater.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het bevestig ʼn saak van poging tot moord is by die Umbilo-polisiestasie aanhangig gemaak. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Beesbal ·

Hoe is dit skokkend? Hoe lank bly jy al in hierdie God-verlate kontinent?

Onmenslik ·

Kan nie glo mens kan so onmenslik wees nie. Moet iemand wees wat jaloers is en sy loopbaan wil verongeluk. Sterkte Mhlegi.

Human ·

Absoluut verskriklik. Ek hoop die polisie sit hul beste mense op hierdie saak en dat die mense die regte straf sal kry.

Vang hulle ·

EK hoop die polisie sit hulle beste mense op ALLE aanrandings en pogings tot moord, ook die op plase en in stede of klein dorpies waar oumense daagliks aangeval en vermink word. ALMAL verdien die beste behandeling, nie net ‘n bekende atleet of polisieman nie.

Wat de dinges??? ·

My genugtig, wat gaan in jou kop aan as jy iemand se been wil afsaag??? Ek is absoluut stomgeslaan

Skokkend ·

Net so grusaam soos die plaasaanvalle op onskuldige ou mense wat niemand enige skade aan gedoen het nie — hulle soek nie jou geld nie hulle soek eintlik om jou te vermink en te vermoor. Ek hoop die jong man herstel gou van sy wonde, dit is die SA waar kriminele meer regte het as die wetsgehoorsame burgers wat belasting betaal.

E.K. die eerste ·

Absoluut verskriklik. Ek hoop regtig hy herstel volkome en kan weer deelneem EN presteer. Sterkte vir jou!

Jacques ·

Dit is onmoontlik dat dit menslik is om so iets te doen , ek is jammer maar dit klink vir my soos bomenslike kragte of sommer net dwelms wat jou kan bring tot by so daad .
Hoe moet mens in vrede saamleef met mense wat so iets doen ? As hulle nie respek het vir hulself nie hoe gaan hulle ooit respek he vir enige ander persoon , selfs hulle ouers of direkte familie ? Ek verstaan dit nie . ??????????????

Johan ·

Dit is absoluut skokkend, wat gaan aan met die mensdom ? Waar in jou lewe het jy gehoor van mense wat iemand se been lewend wil afsaag, om wat te bereik ? Daar is so baie SIEK mense in ons samelewing.

Beesbal ·

Dit is glad nie skokkend, verder noord in Afrika kap hulle boeties en sussies mekaar se kinders se arms en bene af met pangas. Niks nuut hierdie

Lee ·

Goeie aarde die arme man. Nou het die skepsels sy hele lewe verwoes. Dis eintlik tragies. Sterkte en hoop jy herstel volkome

Kaspaas ·

Niks sal my meer verstom in hierdie land nie. Nogtans Baie sterkte aan Gwala, en hoop dat hy ten volle sal herstel!
Boosaards, al is dit nie hier op aarde nie, maar die tyd kom wat julle gaan boet!!!

MJ ·

Watter storie was nou die dag in die nuus.. waar die boer vertel het, na ‘n tweede plaasaanval, waartydens hul eerste plaasaanval het die aanvallers ook probeer om sy vrou se bene met ‘n kettingsaag af te sny. Dis absoluut siek. Hoe wreedaardig moet so ‘n mens wees om nie op die hulpkrete van die slagoffer te reageer nie, maar eerder net aan te hou om seer te maak. Sterkte aan die atleet.

Ella ·

Ek het aan dieselfde voorval gedink. Daardie vrou het nou diabetes van skok. Dis verskriklik wat hulle aan die jong man gedoen het. Misdadigers het geen genade met niemand. Mag die Vader ons beskerm.

Jimbo ·

“Muti” – versamelaars.

Onthou – die oorgrote meerderheid van hierdie land se bevolking is nog vasgevang in die steentydperk, met die gepaardgaande bygelowe…

jean ·

Gelukkig was dit nie blankes wat dit probeer doen het nie….anders sou dit gemeld word.

Al ·

Hierdie geval sê baie van ons samelewing! Sies vir die Regering van die dag wat gemaak het dat wetteloosheid die afgelope dekades so gedy!

REGTIG ·

Word ‘n mens se waarde dan nou glad nie meer raakgesien nie. Dit breek my hart as iemand ‘n boom afsaag wat nog te se ‘n mens se been. Baie sterkte en mag jou been sterker wees as wat dit was.

Oom Kalahari ·

Dit is afgruwelik dat Mnr Gwala so iets moet deurmaak as ‘n vooruitstrewende atleet vir ons land. Hoop hom alle beste toe met sy pad op herstel vorentoe. Kan net twee redes wees, opkomende kompetisie en of vir muti doeleindes waat so hoog aangeskrewe atleet se liggaams dele hoe pryse kan bekom. Gwala mag jou misdadigers goed aan die pen ry waneer hul gevang word.

Winifred Badenhorst ·

Ag nee waar gaan dit eindig? Is dit nie weer vir muti on te verseker dat hulle vinnig kan wegkom nie? Vra maar net

Johann ·

Ons gebruik die woord verdagtes – hulle was boos aardige aanvallers. As ons atleet nou in die buiteland kom sal daar van die daad sekereik genoem word en verwag ons atlete moet hier kom kuier. “South Africa where athletes battle not only safegaurding sports equipment but also body parts”

Vermeende ·

As hulle ou bene uit grafte kan grawe vir geld dan wonder ek maar net hoeveel die been werd is op die swartmark vir toordokters.

Vermeende ·

Maar nou moet ek ook by se, ek het simpatie met die lyding van die slagoffer maar geen simpatie vir die samelewing wat so sies nie.
Dit is mos waarvoor daar gestem is, al die eenhede wat sulke goed ondersoek het is mos toe gemaak soos SANB en die eenheid wat satanisme ondersoek het.
Die meerderheid het gepraat en julle moet maar inval.

Marinda ·

Good grief. This is terrible. All the best for a speedy recovery and don’t give up. I hope they catch these guys.

Afrikaanse Knaap ·

Wie doen sulke siek goed?

Hierdie mooi gesonde jong man se atletiek loopbaan is nou geskend.

Ek voel dikwels ek wil parlement gebou toe stap en daai klomp verantwoordelik vir ons veiligheid gaan uitskop want hulle doen nie hulle werk nie.

Sterk gou aan brah, ek is bly jy is nie dood nie…

Frans C ·

Hierdie voorval is so afgryslik dat dit moeilik is te glo dat dit werklik plaagevind het.
Mag die slagoffer spoedig herstel.Dit is sulke optrede waarom daar in sommige lande
nog steeds openbare teregstellings is.

Kan enige regdenkendes mens nog redeneer dat die daders nog steeds geregtig is op
menseregte? Mag jy jongman spedig herstel en die gebruik van sy been herwin.

AP ·

Liewe Hemel!!!! wat gaan in die land aan, so skokkend om dit te moet lees, SA is soos uit die fliek “the wrong turn” as jy ook kyk hoe verskriklik lyk fotos wat deurkom van die plaasboere wat so vermink word, ek hoop jy herstel gou Gwala.

Verstom ·

Die hele wêreld is in die mag van die bose. Ons moet bid dat die bose oorwin word deur die Lewende waaragtige God. Ons beweeg tydelik in satan se speelterrein en dit gaan nie beter word nie. Ons kan net bid dat Sy bekerm engele ‘n laer om ons en ons geliefdes sal trek

(Rom 3:11) Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie.
(Rom 3:12) Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.
(Rom 3:13) Hulle keel is ‘n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe.
(Rom 3:14) Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid.
(Rom 3:15) Haastig is hulle voete om bloed te vergiet.
(Rom 3:16) Verwoesting en ellende is in hulle paaie,
(Rom 3:17) en die weg van vrede ken hulle nie.
(Rom 3:18) Daar is geen vrees van God voor hulle oë nie.

(Rom 12:1-2) Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.
En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

MAGGIE ·

Ek kon nie glo wat ek lees nie!! Hoe siek moet hierdie mense nie wees nie?Sterkte mnr Gwala en ek glo jou been sal ten volle herstel en mag jy nog beter doen/presteer in die toekoms. Die mense wat dit gedoen het is walglik en ek hoop hulle spoor hulle op want wie is volgende? Dalk ‘n kind of baba of weer ‘n boer?

Rikag ·

Regtig ek is nou so geskok wat is volgende. Ek kan nie glo wat ek gelees het nie. Omw dis verskriklik.

RHG ·

Liewe hemel! Ek het nie gedink dat iets my nog kan skok nie! Die idees vir wreedheid ken geen perke. Wat se genot kan ‘n mens daaruit put om iemand se mooi ontwikkelde liggaam so te wil
beskadig? Voed sommer die
bloeddorstigheid ook deur dit lewendig
te doen.
Mag Mhlengi ten volle herstel om sy
talent uit te leef.

JM ·

Dit wys jou net hulle moet die dood straf terug bring, maak soos in die wilde weste, hang hulle met sons opkoms

Realiteit ·

Gaan bietjie op liveleak.com
Dis n website wat al die nuus wys wat jy nooit op tv sal sien nie
Jy moet n sterk maag he want alle nuus is Graphic fotos en videos

Karien ·

Dit klink my dis nie net een been nie, dis altwee sy bene, sê n ander koerant. Eers die een gesny, tot binne in die been en toe die ander een ook begin sny. Buiten dat dit n ou skok tot in jou diepste wese, kan ek myself of wil ek nie eers dink hoe pynlik dit moes gewees het nie. My hart gaan uit na Mhlengi. Hoop jy herstel 100%.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.