Aanvallers skiet boer met sy eie vuurwapen

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Boer van die Edenburg-distrik in die Vrystaat is Woensdagoggend deur twee booswigte, wat hom op sy plaas ingewag het, geskiet.

Johannes Coetzee (36), ʼn boer van die omgewing wat ook ʼn sake-onderneming op die dorp besit, is op sy plaas De Erf oorval. Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

“Coetzee het by die huis stilgehou toe die twee aanvallers op hom afgestorm en op hom losgebrand het,” het hy gesê. “Coetzee kon daarin slaag om agter sy bakkie in te duik en is net een keer, in die linkerskouer, gewond. Die twee aanvallers het op die vlug geslaan.”

Volgens Kareli het Coetzee na die plaaslike polisiestasie gery om die aanval aan te meld voordat ʼn ambulans hom van die polisiestasie na ʼn hospitaal vervoer het. “Die polisie het vinnig gereageer en na die plaas gejaag. Hulle het ook ʼn polisiehelikopter en die landelike buurtwag geaktiveer om te help om die verdagtes agterna te sit,” het hy gesê.

Die polisie kon daarin slaag om een van die verdagtes, ʼn man in sy laat 20’s, in hegtenis te neem. Die tweede verdagte is nog op vrye voet.

Dit het later aan die lig gekom dat die verdagtes by Coetzee se huis ingebreek het voordat hy op die plaas aangekom het. Die hele huis was omgekeer, maar slegs sy vuurwapen is gesteel. Dit is ook die vuurwapen wat die aanvallers gebruik het om hom te skiet.

“Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord,” het Kareli gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Vra maar net ·

Is die boer nie gearrestree om dat hy met syeie vuurwappen aangeval is nie?
Hy is mos skuldig aan swak wapen sorg?

Madeleine Hoffmann ·

Dalk was die wapen toegesluit in ‘n kluis, binne ‘n geslote huis? As hulle die huis omgekeer het sonder om iets te steel was hulle heel moontlik op soek na die kluis se sleutel.

Nerine ·

Baie dankie aan konst. Kareli en ander polisiemanne asook die landelike buurtwag wat so vinnig reageer het. Die gemeenskap waardeer dit. Sterkte aan Johannes Coetzee. Hoop jy is spoedig weer op die been.

Hendrik ·

My ouma was jare telefoniste op Edenburg. Anna van Biljon. Ek het baie daar gekuier en al die boere verdien ‘n veilige hawe om kos te produseer vir SA.

wilma ·

Wat gaan nou met die man gbeur wat gvang is geen borgtog asb soek die 1 tot hy gekry word

mark ·

Rerig Michael
Wie se die boer was nalatig? Hul kon kluis oopgebreek het. As jy nie iets + het om te se nie bly stil. Lekker slaap met jou magie vol kos hoor.

Realis ·

Vier skietvoorvalle op een nuus bladsy. Woon ons nou in die “ghetto’s”?

humor ·

Sal seker nou verentoe voorsorg maak. Daar bly maar baie onbeantwoorde vrae m.b.t. die veiligheidsbewussein van onse boere.

Chris W ·

Net ter inligting vir die wat die boer kritiseer – om ‘n geweerkluis oop te breek is maklik.’n Hoekslypertjie (angle grinder) doen die werk in minute onder andere.’n Geweer kluis is nie ‘n waarborg dat jou wapens nie gesteel kan word nie.

Michael ·

Mark/Chris W…point taken…ek het te vinnig aangeneem .

Carl ·

Ek veroordeel niemand en volgens inligting beskikbaar is dit nie duidelik of dit ‘n handwapen was nie. Maar as jy nie 24/7 die vuurwapen by jou dra nie is dit van nul en geen waarde nie. Dan kan jy maar net sowel in gee by jou DFO.

frans ·

As jy n wapen besit vandag moet jy dit toesluit in jou kluis en as jy ry moet jy jou huissleutel indien by die police stasie anders het jy drama en gaan aangekla word as j wapen gesteel word

Carl ·

Frans,
Waar kom jy aan hierdie loutere onsin! Dit klink soos iets wat hoort op Planeet Zuma. Jammer maar jy verkondig totale onwaarheid!

Die Wet op Vuurwapen Beheer sê niks wat jy hier bo sê nie. Die wet vereis dat jy te alle tye in beheer van die kluis se sleutel moet wees. As daar ingebreek word en die kluis word oop forseer is jy skuldig aan niks.

Liewe Heksie ·

Red nou ons volk met al die kommetare wat hier gelewer word Regtig van julle klink nie te vars nie

hehe ·

Maak nie saak waar vuurwapen was nie. “Hulle” het niks in huis te verlore gehad nie. “Hulle” hoort nie daar nie!!!!!!!!

Peet ·

Ek wil graag net vir al hierdie persone vra om eerder op julle kniee te gaan en die Here te vra om julle siens wyse te verander ons het soveel probleme in die land is dit nodig om mekaar so op die media aan te vat en ons noem ons self blanke Afrikaners.
SIESMAN

tamboti ·

Ek is bly die boer het oorleef, ek is ook bly ten minste een rower is gevang.
Ek is teleurgesteld dat ons mens met mekaar baklei en snedig is. Rig jul woede en energie aan ten goede, m.a.w. bestry die kwaad: die misdaad, misdadigers en hul voogde.
Die realiteit is: dis geen gewone misdaad nie. Die “booswigte” het klaar ingebreek dus moes hul behoefte vir middele nou vir eers bevredig wees.
Nou steel hul die vuurwapens en word potensieel rowers en moordenaars, of wil hul regmaak vir oorlog? Maar hulle is nog nie klaar nie?
Dan wag hul vir die boer om sommer ‘n volgende behoefte aan te spreek: haat en/of wraak en volksmoord.
Hoeveel geld en tyd wil die slimkoppe spandeer om hierdie feit toe te skilders met allerande verskonings.

amelia ·

Wat soek hul daar en al het die boer die wapen by hom gedra en een van hul geskiet (selfverdiging was hy nou aangekla van moord maak nie saak hoe mens daarna kyk nie wie is maar altyd die skuldige (in die geval word gevra wat soek wapen in kluis)

sarah ·

ons se net Dankie Here vir die een wond wat Ernst Coetzee opgedoen het…..ons gebede is met die hele Coetzee familie….veral vir Ernst se mamma wat 2 jaar terug met n mes aangeval is op n kerkkamp.

Sue ·

Die mense wat so haastig is met onnodige onverstaanbare kommetaar, miskien moet julle by die koerante gaan werk en die stories self gaan ondersoek en ons dan die regte verhaal kom vertel. Ons baklei vir die plaas moorde en dan bevraagteken die vuurwapen situatie. Regtig kom by asb. Hulle het geen reg in in eerste plek in die boer se huis rond te sluip en die huis om te keer nie. Bly hulle daar!!!!!!! Ek hoop Mnr. Coetzee word gou gesond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.