Aanvallers skiet ma voor kind dood

Argieffoto

ʼn Ma, vermoedelik in haar laat 20’s, is Saterdagaand ten aanskoue van haar jong kind doodgeskiet.

Die voorval het omstreeks 20:30 by die Engen-vulstasie in Taraweg in Wentworth, KwaZulu-Natal, plaasgevind.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens haar het die pa, ma en die kind saam na die vulstasie gegaan. “Die pa was in die vulstasie [-gebou] toe hy twee skote hoor. Hy het uitgehardloop, maar die vrou het reeds dood buite die motor gelê,” het Mbhele gesê.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die kind was ongedeerd in die motor.

Volgens Mbhele is die kind drie jaar oud.

“Toe ons paramedici by die toneel opdaag het hulle die ma aangetref waar sy op die grond lê. Sy het omvattende beserings opgedoen. Daar was niks wat paramedici vir haar kon doen nie en sy is op die toneel dood verklaar,” het Jamieson gesê.

Die polisieondersoek ’n saak van moord.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, maar Mbhele sê die polisie is wel besig om leidrade op te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sarel swartbrand ·

Onthou vandat die saps nie meer werk nie het die misdaad vreeslik toegeneem die misdadigers is in beheer en hulle arogansie en vreesloosheid het toegeneem.

CHRISTA ·

Dit wil vir my voorkom asof KZN deesdae dieselfde misdaadpatroon het soos toe die IFP en die ANC in die ’80s teen mekaar oorlog gemaak het!!

Johann Marx ·

Meeste vulstasies hang vrot van die kameras…….dit behoor nie moeilik te wees om te sien wat daar gebeur het nie.

Isabel ·

Hoekom net haar skiet en niks vat nie? Vader laat die waarheid uitkom asb. Amen.

waldine ·

Ag nee mense regtig… tot dit nie bevestig is as n huurmoord of enige ander dinge wat julle kwyt raak nie, bly liewers stil! Die gesin het baie om mee te deel en glo my eks deur die selle ding en dit is glad nie lekker om na julle snotterige comments te lees nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.