Aanvallers skiet man dood op plaas

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Boere van die Rookdale-omgewing naby Bergville in KwaZulu-Natal leef in vrees nadat een van hulle bure in ʼn tweede plaasaanval in ʼn week vermoor is.

Lt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die 49-jarige Richard Vickers is deur twee gewapende aanvallers oorval en doodgeskiet. “Twee 9 mm-doppies is op die toneel gevind. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van moord word ondersoek,” het Gwala gesê. Die voorval het op die plaas Tipperary plaasgevind.

ʼn Boer, wat ʼn paar plase van Tipperary af woon en op die toneel was, het aan Maroela Media gesê Vickers en sy vrou het omstreeks 19:45 gesit en rugby kyk toe Vickers buite gaan rook het. “Hy moes in hulle vasgeloop het. Sy vrou het net gehoor hy praat met iemand en toe volg twee skote. Sy het opgestaan en naby die voordeur sy voete sien uitsteek. Die moordenaars het toe in die huis ingekom en geld en vuurwapen geëis.” Vickers is in die rug en skouer geskiet.

Volgens die boer was daar nie vuurwapens in Vickers se huis nie en het sy vrou vir hulle geld gegee voordat hulle gevlug het. “’n Jong man wat in ʼn huis naby Vickers se huis loseer het gehoor wat aangaan en uitgehardloop en op die aanvallers losgebrand.” Die jong man en Vickers se vrou is nie beseer nie.

Die boer het aan Maroela Media gesê Vickers se broer, wat ook in die omgewing boer, was ook op die toneel. Vickers het volgens die boer nie op die plaas waar hy gewoon het geboer nie, maar was by boerdery betrokke. “Daar is verlede week ook ʼn ou oom en tannie aangeval en van wapens en geld beroof. Hier vind nogal baie rooftogte plaas. Daar was nou twee plaasaanvalle ʼn week uitmekaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Matmiet ·

Vra ek ook? 2 aanvalle in een week op een plek verdien die valke se aandag. At least die mossies of iets!

nicho ·

Ek is deel van n sekuriteit maatskappy ek is bereid om saam julle boere te kom werk in bergville area indien julle voel ons moet n meeting op sit en planne maak kontak my 0787006761. Kom ons stop dit nou en werk saam voor dit weer gebeur. Dit kan ni so aangaan nie wie is volgende

Taai ·

So sal dit gaan in n land waar die verderwer regeer. Parlements lede sê ons moet dood en ons kama kama president is die grootste skelm…

elize naude ·

die soort skelms het nog altyd SA regeer… hang af aan watter kant van die draad jy jou bevind…

Gert Stoltz ·

BOERE , Sit met jou vuurwapen en honde by jou ten alle tye en jou gesin moet gedril word van wat gedoen moet word , wees slag gereed om te veg tot die dood toe!! Niemand anders moet jul plan van aksie weet.Boobitraps wat alarm maak, gruis reg om die huis wat geraas maak as iemand daarop stap .Daar is baie jongmans wat nie werk kry wat as wagte aangewend kan word in wagtorings reg by huis.Dit kos geld ja maar n landbouer of boer se bestaan is van groot waarde.

Sarie ·

Maroela. Weet julle enigiets vd kaping wat Vrydag laat middag, vroeg aand, naby Carnival City, by die verkeerslig oppi hoek van Heidelberg- & Springsweg plaasgevind het? Ek het verneem dat ‘n polisieman, ene Mornè Reynecke noodlottig gewond is. My kinders is kort na die gebeure daar verby, maar konnie mooi sien nie, want daar was onder andere, ambulanse & ‘n helikopter oppi toneel. Reynecke het heelwaarskynlik in Brakpan gewoon, want sy kind/ers was in Hoërskool Stoffberg. Ek weet nie of hy die enigste persoon is, wat geskiet is nie…. Dis baie hartseer want die skole het vroeër die dag gesluit; & wàt die gesin se planne ookal wàs, dis nou taboe!!!

Nico Strydom ·

Dagsê Sarie
Dankie vir die inligting, ons sal kyk wat ons kan uitvind.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Pieter.v ·

Die probleem is dat die regering meer simpatiek teenoor misdadigers is as teen oor die slagoffer,as die oorledende homself verdedig het en een van die barbare gedood het was hy nou in die tronk en sy wapen van hom af geneem,as die barbare ooit gevang word ,word hulle weer vry gelaat op een of ander tegniese punt omdat die ondersoek nie volgens prosedure uit gevoer is nie want die wat die kwalifikasies het word nie in die polise diens aanvaar nie .Ek veralgemeen nie , daar is nog goeie polisiemanne en vroue maar hulle is in die minderheid en meesal word daar teen hulle gediskrimineer en kom hulle nie in aanmerking vir bevordering nie.

Michael ·

Wanneer gaan die boere leer boerdery is die mees gevaarlike beroep in Suid-Afrika hoe is jy dan nie bewapen en paraat nie.

Wat-ek-lees ·

Kommentaar gaan eers deur ‘n meule om jou en MM te vrywaar van eise. Daar is diegene wat net sit en wag om te vervolg. Veral die sg. rassisme-donkie is aan die orde van die dag omdat ons en andere se kultuur verskil en hulle selfs ‘n grap of humoristiese opmerking sien as benadeling van die persoon. Daarom is die reënboognasie net ‘n mite. Hopelik sal my mening nie sneuwel?

Annika ·

Jy weet, nie almal het vuurwapens nie!!! Wat moet ons doen wat nie het nie?? Vra net …

Joann ·

Hier in my huis sal nie n vlieg kan inkom as ek dit nie weet nie. Ons is so paraat, en dit is nie dat ons toe gegrendel in n tronk sit nie,nee net goeie beplanning. Die ou wat try om te oortree sal nie weer kan try nie.

Bettie ·

Ai besef die mense dan nie dat plaasboere die mees belangrikste is nie word hulle uitgemoor word ons land soos mosambiek en pres zuma gee niks om vir hul veiligheid skiet jy jou aanvalller eerste dan land jy in die tronk dan sê hulle jy is rassisties waar kry die boewe vuurwapens

Tiger ·

Bettie meeste boewe kry hul vuurwapens by polisiemanne.Dis wapens wat mense kom inhandig het wat te slap in die broek is om hul wapen lisensies te hernu.Duisende wapens “verdwyn” net maar word in werklikheid verkoop aan boewe.

Tina du Toit ·

My pa het die naweek vir my kom kuier en ek het oral beweeg met my vuurwapen aan my. As my mense buite gaan sit het, het ek met my maaitjie gesit. Ons kuier ook nie tot donker tyd nie en sluit al vroeg ons deure. Na ons aanval is ons meer paraat en voer ek planne uit as hulle weer in my huis moet kom. Meer ligte en kameras, alarms is opgesit, nog honde en belangrikste bid en God in jou lewe. Sterkte aan ons mense. Ek bid vir almal se veiligheid.

Tiger ·

Tina du Toit ek is so dankbaar julle het ‘n aanval oorleef!Prys ons Almagtige Vader daarvoor!Ek wens net jy kon julle ondervinding en wat julle geleer het daaruit aan ALLE boere oordra.Meeste mense is te gerus dat so iets nie met hulle sal gebeur nie en gevolglik is hulle nie gerred vir wanneer dit wel met hulle gebeur nie.Dit kan tragiese gevolge he en dis heeltemal onnodig.As die mense op plase net wil wakker skrik.Hier in ons omgewing is almal lekker aan die slaap!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.