Aanvallers slaan op nog twee plase toe

Die bakkie wat in die omgewing van Maartenshoop gevind is. Foto: Verskaf

ʼn Man en sy vrou is Donderdagaand deur gewapende rowers aangehou toe vier aanvallers op die plaas in die Lydenburg-omgewing in Mpumalanga toegeslaan het.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn man, in sy 50’s, en sy vrou was in hul slaapkamer toe die verdagtes omstreeks 21:50 deur die slaapkamervenster toegang tot die huis verkry het. Volgens Sedibe het die verdagtes ʼn vuurwapen op die egpaar gerig en hulle hande en voete vasgebind.

Die rowers het die kluis se sleutel geëis en met drie vuurwapens, kontant en die man se Land Cruiser-bakkie op die vlug geslaan. “Geen skote is afgevuur nie en die slagoffers is nie beseer nie,” het Sedibe gesê.

Hy het gesê die bakkie is later verlate in die omgewing van Maartenshoop gevind. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

In nog ʼn voorval is ʼn man Donderdagaand op ʼn plaas in die Maasstroom-gebied in Limpopo deur twee verdagtes oorval. Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het gesê die verdagtes het die man oorval toe hy na buite gegaan het om ʼn pomp op die plaas af te skakel. Volgens Müller het die man glo skote op die verdagtes afgevuur en hulle het op die vlug geslaan.

Die man is nie tydens die aanval beseer nie. Müller het gesê daar is nie tans meer inligting oor die voorval beskikbaar nie. Maroela Media wag op kommentaar van die provinsiale polisie.

Daar is tans ook min inligting beskikbaar oor ʼn beweerde aanval Donderdag in die vroeë oggendure buite ʼn huis by Letaba Estates in die Tzaneen-omgewing. Letaba Herald berig Phillip du Randt is buite die huis deur een verdagte met ʼn panga aangeval. Volgens die nuusagentskap is Du Randt in ʼn ernstige toestand in die waakeenheid van ʼn hospitaal opgeneem.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê daar is geen saak in hierdie verband by die polisie aanhangig gemaak nie.

Maroela Media het vroeër berig nog ʼn aanval het Donderdagoggend in die Tonteldoos-gebied in Limpopo plaasgevind toe ʼn bejaarde man deur drie gewapende aanvallers oorval is. Johan Kunneke (72) het beserings aan sy skouers en nek opgedoen asook aan sy polse en enkels waar hy met elektriese kabels vasgebind was. Die polisie het bevestig ʼn saak van huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

WIEBO ·

Wanneer gaan boere leer om nie vuurwapens in n kluis te bere nie? Weereens het die boer vir die skelms vuurwapens”gegee”” deur dit in die kluis te bere…………..

Chrisjan ·

Wat stel jy voor, waar moet boere hul vuurwapens wettig bere?

Jacqui ·

Jy is reg. Elke liewe dag lees ons die selfde storie weer en weer. Die boere is besig, teen wil en dank, om die gemors daar buite te bewapen. Ek wonder hoeveel wapens al geroof is tydens plaasaanvalle. Dit is n gevaar vir elke ander boer. Die tyd om te dink dat jou plaas veilig is en jou werkers gee vir jou om is verby. Wat kan meer angs wekkend wees as om oorval te word en jou wapen is toegesluit en nie aan jou nie?

deon ·

Ek is n Boer en dra my wapen aan my sy,as joune in die kluis le verkoop hom jy bewapen jou mede boere se moordenaars.

WeesSlim ·

Hou 2 kluise in die huis en los net n paar rand en goed koop goed in die 2 de kluis en steek die regte kluis goed weg .

Chrisjan ·

Wees slim, die aanvallers weet presies wat in jou huis aangaan. Ek het al fotos van ‘n kluis op ‘n verdagte se foon van ‘n kluis gesien, wat die boer se vrou nie eers van geweet het nie.

anton ·

Chrisjan, nou Verduidelik vir ons hoe het die skelm n foto van n kluis waarvan die boer se vrou nie eers weet nie.
Iets maak nie lekker sin nie.
Ek dink dit is beter om nie wapens in n kluis te bêre nie. As jy dit op n ander plek wegsteek sal hulle dit nie maklik kry nie en so behou jy jou wapen/s.

Pieter ·

Baie maklik, wanneer jy aansoek doen vir ‘n vuurwapenlisensie moet jy fotos van jou kluis aanheg in jou aansoek. Die polisie het die fotos vir die skelm gegee met volledige data oor jou adres en hoeveel en watter soort vuurwapens die mense beskik.

Chrisjan ·

Anton, Pieter gee vir jou een waarskynlikheid. Nog een is huishulp wat heeldag kan verken terwyl die boer werk.

fm ·

Dit wil voorkom asof hierdie aanvalle progressief meer en intens word elke week. Mense op plase en afgeleë gebiede weet dat hulle onveilig en ‘n teiken is soos nog nooit tevore nie. Die toenemende getal aanvalle bewys dit mos. Mense op plase kan mos nie aanhoudend dag na dag nag na nag in vrees en onder hierdie geweldige stres lewe nie. Iets sal mos knak! Dit is mos onmenslik om mense op plase aan hulle lot oor te laat sonder enige hulp om hulle te beveilig. Die aanvalle moet mos afneem en nie toeneem nie.

Annie ·

En dieselfde ou storie van Maroela oor en oor – ‘n saak van huis roof word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Hulle gaan om dood te maak en kan nie in hegtenis geneem word nie want baie van die misdadigers in Polisiemanne wat hulle help. Wens so ons kon by hulle areas en huise ingaan en roof soos hulle doen dan sal alles vinnig tot einde kom. Maar ons President stel vir hulle ‘n goeie voorbeeld. Net korrupsie waar jy sien en hoor.

Michelle ·

Die boere het nie vuurwapens vir skelms gegee nie, hy het geen reg om in die boer se huis te wees nie. As ‘n paar in jou huis kom om jou aan te val wil ek sien hoe soek jy eers sleutels vir die kluis, dan vuurwapen uithaal. Dan het die skelm jou klaar uitgehaal. Boere moet enige wapen moontlik so in hul huise versteek dat net hul en gesin sal weet waar dit is. Die moordenaars en aanvallers het geen reg in jou huis nie.

Blommie ·

Nou waar is minister F Mbalula nou wat kriminele by die naam aansê om hulle oor te gee. Die plaas/kleinhoewe aanvalle word net al hoe meer en geweldadiger. Minister stuur jou taktiese eenhede ook daarheen asseblief.

Bullseye ·

Huisroof ae agterent man..gewapende roof ja. En poging tot moord

Chrisjan ·

Die regte terminologie dink ek, is terroriste wat terreurdade pleeg.

hannes marais ·

dis n genocide wat plaasvind….laasweek n wit man doodgeskiet in pe by schoenmakerskop…in die week n witman in n rolstoel doodgemaak in graaff reinet,so kan ek aangaan….

Naas ·

Plaasrowe het soos huisrowe in die dorpe en stede gekom om te bly solank daar sulke ekonomiese ongelykhede heers sonder effektiewe polisiëring.
Meer as 20 jaar se kader ontplooiing het ‘n oplossing vir effektiewe polisiëring ontmootlik gemaak soos die nuwe DA beheerde metros bewys, want jy kan nie al die onbekwame amptenare afdank nie en met laksheid/sabotasie deur diegene is dienslewering swakker in die nuwe DA metros as wat dit onder die ANC was.
Tradisionele boerdery op boerplase kan nie voortbestaan as jy jou lewe liehet nie.
Ekonomies sterk boere wat die geldhet om hulle families in die steeds gevaarlike dorpe en stede laat woon en hulle daar so goed as wat jy kan te probeer beveilig is die toekoms.
Plase moet beveilig en geboer word met moderne tegnologie soos ‘drones’ wat die moderne dorpsboer se roete voor die tyd en soos hy plaas toe ry en kyk of die werkers doen wat hulle moet doen.
‘n Boervrou van Nylstroom op Praatsaam vroeër die week,wat met haar vuurwapen in haar bra rondloop, haar kleinkinders in die huis toesluit en te bang is om wasgoed op te hang, vertel die storie.
Die dae van ‘O Boereplaas’ is verby.

Bitterbekke vol kritiek oor wat in kluise moet wees en wat nie vergeet van strykysters, kookwater en verkragting as die rowers nie vind wat hulle verwag om te vind in kluise nie, vra my ek weet.

At ·

Pieter, dink jy’s reg, persoonlik dink ek hierdie inligting word doelgerig deurgegee na ‘n georganiseerde mag wat dan toeslaan en wapens roof, met gedetaileerde inligting tot hulle beskikking.

boerseun ·

Naand. Dit wil vir my voorkom of nie almal daar buite boerdery so mooi verstaan nie. Ongelukkig moet mens take verrig dag en nag. N mens moet somtyds in die nag uit om n probleem te gaan oplos. Dit is ons brood en botter. Daar is geen manier wat jy 24.7 risiko vry kan wees nie al het jy alarms,cctv,honde,ens en al het jy vuurwapen by jou moet jy ongelukkug baie mooi dink voor jy sneller trek. Ons fokus is op produksie en ja ons kyk om ons maar ons kan nie die heeldag na elke boom,muur en skadu staar nie. Ons is nie huursoldate nie.Hierdie is n eenrigting oorlog.Hierdie is maar net die begin. Dinge gaan nog baie lelik raak vir al vir ons boere en ander afrikaners ook.Hierdie aanvalle op ons is polities baie goed beplan en dit is al lankal beplan. Geskiedenis het n manier om homself te herhaal. Maar ons sal in die nabye toekoms sien hoe reageer boere wat niks meer het om te verloor nie. Ongelukkig kan almal nie oppak en na n ander land nie. Sterkte aan al my mede boere.

anton ·

Pieter en Chrisjan, ek stem dat dit wat julle noem n moontelikheid is en ek glo dat daar waarheid insteek veral wat Pieter se, maar wat ek nie so lekker verstaan is die feit dat die boervrou nie weet van die kluis nie.
Dit is daardie deel wat vir my nie so lekker sin maak nie.

Anoniem ·

Asof dit nou die boere is wat plaasaanvalle beplan en die terroriste bewapen. Nee my mede mense ons kan nie hulle blameer vir die situasies nie maar eerder julle wat heeltyd blaam wil verskuif vanaf die werklike kwaad doeners af.

Andre ·

Julle vergeet jare terug het die ANC gese ons sal die land afbrand en dan op bou soos ons hom wil he. Dit gebeur so stadig as moontlik tot dit te laat is om iets hier aan te doen en die werklike eienaars van Siuder Africa is te lui of te bang om iets te doen. Die Koi het prober maar dit het dood geloop Globelisasion speel n groot rol hier in’, vra vir FW en Pik hulle behoort te weet. kyk na wat gebeur groot maatskapye maak baie geld uit die landbou in Afrika met grond voorberieding en plant, kunsmis staats en myn grond wat deur boere geboer word op winsgewende maniere. Die wereld se toekoms om kos te produseer le in Afrika so waar le ons toekoms kyk na Europa die tradisionele. Wit lande is besig om te Transvormeer in Multi kulturele lande. Die wereld is ver
sadig van mense wat op hom teer wat dink julle gaan oor 50 jaar gebeur met ons Kinders Ons voorvaders het lande verlaat omdat hulle nie met die politiek saam stem nie of n beter lewe elders gaan soek nou is ons ou wereltjie vol maak toe die deksel en laat dit vir 3Maande staan voor gebruik. Ons is in die preserveer stadium voor dinge weer sal regkom.

Johannes Meintjes ·

In ‘n land waar die regerig faal, die polisie mooi bedoelings het, politieke buikspraak niks beteken nie, die kerke klubsoortig sluimer en die burgers kerm en bloei, moet daar groot fout wees. Terwyl die “Boeremag” op aanvegbare wyse gevange gehou word is dit wat daardie manne probeer aanspreek het soos o.a. nasionale vlak misdaad intelligensie tog steeds relevant. Dankie aan AfriForum wat inderdaad nasionale vlak Buurtwagsamewerking probeer bevorder. Ons wil onsself as bedeigde landsburgers nie skuldig maak aan vergrype en geweld. Ons sel wel baie beter moet leer saamwerk in ons Buurtwagte en GPF Sektore. Slegs ‘n oortuigende “ondreurdingbare” muur van goed opgeleide en maksimale buurtwagdeelname kan na mening uit eie weermag ondervinding, die heersende wil tot wetteloosheid, misdaad en plaasaanvalle in die Nuwe SA rondom ons stuit en ontmoedig.

Wessel Jooste ·

As jy op ‘n wit is en veral as jy op plaas of kleinhoewe bly wees altyd paraat. Dit is net ‘n kwessie van tyd dan gaan jy ook van die onwelkome besoekers kry.

Leahim ·

Ons lees elke dag van boere wat aangeval word en wat ek nooit kan verstaan is hoe maklik dit gedoen word van die boere is net maklike teikens maar die probleem is die aanvallers kom gewapen met n sambok en loop dan weg met n arsenaal wapens en patrone waarmee hulle boere wat paraat is en ten alle tye gewapen is doodskiet . Die eersgenoemde het ek geen simpatie voor nie en glo as hulle glo niks sal ooit met hulle gebeur nie hoekom vat julle nie jul wapens en gee dit vir boere wat paraat is sodat hulle van hulle getroue werkers kan oplei om te help met die beskerming van die plaas….net miskien verander die statistieke en lees ons meer oor aanvallers wat hulle alie gesien het tydens n plaasaanval.

Flintstone ·

Word aanvalle op boere nou nog verder deur die media gemarginaliseer deur dit met statistiek van gewone huisroof te voeg?Terwyl gewone huisrowe net so ‘n barbaarse euwel is,en in dieselfde ernstige lig gesien behoort te word ,kan daar in my opinie ,die aanvalle op ons nasie se voedselvoorsieners,nie onder die mat ingevee word as net nog ‘n huisroof nie.Myns insiens is die oogmerk om grond te beset,boere af te dryf en in die proses ons almal afhanklikes van Amerikaanse voedselprodusente te maak.Sonder ons boere se produksiemag,sal ieder en elk op hierdie suidpunt van Afrika in ellende en hongersnood verrot.

Johan Bester ·

Wel wel veels geluk weereens aan die bang ja stemmers en fw deklerk met sy vrede veiligheid en voorspoed.Ha ha said the clown.Ek dank God ek is nie verantwoordelik vir die gemors nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.