Aanvallers slaan toe op skoolbus, leerder geskiet

Argieffoto ter illustrasie.

’n Leerder is Maandagmiddag geskiet en ’n ander een beseer toe aanvallers op ’n skoolbus in Mamelodi in die noordooste van Pretoria toegeslaan het.

Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het aan Maroela Media gesê ’n onbekende aantal verdagtes het vanmiddag die skoolbus vol leerders in die Lusaka-uitbreiding genader. Die verdagtes het ’n wapen op die leerders, onderskeidelik van die Brooklyn- en Curro-private skole in die ooste van die stad, gerig en aangedring op van die leerders se selfone.

Die aanvallers het een van die leerders tydens die voorval raakgeskiet en nog een het ander beserings opgedoen. Albei leerders sterk tans aan in ’n private hospitaal in Brooklyn en is in ’n stabiele toestand.

Karen Meyer, burgemeesterskomiteelid van Tshwane en verantwoordelik vir gemeenskapsveiligheid, het dit as lafhartig bestempel om weerlose skoolkinders aan te val en met hulle lewens te speel vir selfone. “Ek vertrou dat wetstoepassingsowerhede die voorval sal ondersoek en geregtigheid sal laat geskied.”

Meyer het gesê sy veroordeel die voorval ten sterkste en vertrou dat die leerlinge berading sal ontvang om die traumatiese voorval te verwerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Pieter du plessis ·

Ek kan dit nie glo nou val hulle die kinders aan ek wonder hoekom hulle nie die polisie in die polisie stasies aanval en beroof nie ,ek glo hulle sal minder teenstand kry as teen die skoolkinders

Markus ·

Dit is die gevolg van die polisie se treurige houding om misdaad onder beheer te bring ,net n kwessie van tyd dan gaan wetsgehoorsame burgers wet in eie hande neem en hierdie land onregeerbaar maak.

Cherokee ·

Jy hoop net so. As dit ‘n werklikheid was, sou dit lankal gebeur het.

Lollie ·

Dit is wat deesdae in ons pragtige land gebeur! ANC SAL NOOIT MISDAAD KAN BEVEG NIE! Watter straf kry die krimenele in elk geval! Niks en niemand is veilig nie, praat nie eers van vryheid nie!

Esterh ·

Dis nou regtig tyd om onsself te regeer want dinge raak net erger.

De Villiers ·

Tereg bestempel Karen Meyer die optrede as lafhartig, maar ongelukkig is dit omdat die regstelsel en die ANC lafaards beskerm omdat menseregte omgekeerd deur die howe toegepas word, en daar nie behoorlike strawwe gegee word nie, ook weens …. menseregte.

Rupert Ashford ·

Probleem is ‘n eerstewereldse “progressiewe” regstelsel wat in ontwikkelde lande gebruik word (en ook nie te fantasties werk nie) word in Afrika gebruik waar “power” gerespekteer word. Die kriminele lag daarvoor. Kyk die misdaadsyfers in bv Botswana vs SA. Hulle weet hulle gaan slae kry daar.

Hanna Hoekom ·

“Our people” het gestem. Lyk my hierdie tipe chaos en agteruitgang is presies wat hulle begeer…vir nog 5 jaar!

Boerin ·

Die Misdaad monster is te groot in SA ! Ek kan nie dink dat enige iets dit beter gaan maak nie! Skokkende berigte elke dag ! stem saam met de Villiers oor wette wat misdadiger beskerm en ons kastige MRK ! van die polisie praat ek nie eers nie.

Penellope Jones ·

Enige plek, enige tyd, oraloor, net waar hulle wil, wanneer hulle wil, wie hulle wil, wat hulle ook al wil he.
Niks keer hulle nie, niemand keer hulle nie.

Adrian ·

Wanneer so iets veral met kinders in Amerika gebeur sal die FBI en CIA daai skurke gaan soek totdat hulle elke skurminkel agter tralies het. Geen borg en die federale state sal hul wil wegpak vir effektiewe 20 jaar maar ::::: in die land kry hul borg en minimum gevange straf ……. I REST MY CASE

Uiltjie ·

Dis net die prokureurs en advokate wat gedy in ons land- moet 24/7 misdadigers verdedig.

Wonder ·

RSG 7h00 nuus 14 Mei kondig ook die insident in maar nie enige noem dat dit skoolkinders is wat aangeval is nie. Hulle verwys na persone. Wonder hoekom hulle dit sou stilhou? Seker bang SA lyk nog slegter op die boeke as wat dit alreeds lyk!

KANNIEDITGLONIE ·

Die poliesie is al lankal te min en te slap met hulle kan nie warry houding, wat verwaandheid meebring. Dis al lankal n saak wat enige regdenkende land vir hulle weermag sou oorgee. Se weer, daar is te min ware poliesie lede in die land. Weermag sal moet help en ophou vet word en plig begin uitoefen….

willem botha ·

Gewapende aanvallers loop saterdag 3 uur by n winkel in die moot in en roof en rand die mense aan ,n winkel wat nie eers 200 m van die naaste polisie stasie is nie die polisie daag eers n paar ure daarna op en nou moet ek ook by se die polisie is gereeld by die pakestaniers winkel vir obvios reasons natuurlik.

Attie. ·

Die SAPD word deur die ANC betaal, en die SAPD beskerm die ANC.

Eléne ·

Is daar 2 verskillende busse beroof in Mamalodie? Een met leerlinge van 2 privaat skole en een met Amerikaanse Toeriste??????? Wow as dit net een bus was, watter een is dit nou??Wow want dit verskil vandag met gister se bus nuus op Pta FM!!?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.