Aanvallers slaan toe terwyl vriende kuier

Argieffoto

ʼn Groep van vyf gewapende mans het Woensdagaand inwoners van ʼn kleinhoewe buite Pretoria aangeval terwyl hulle saam met vriende gekuier het.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê die voorval het omstreeks 19:15 op ʼn kleinhoewe in die Hennopsrivier-omgewing, suidwes van Pretoria, plaasgevind.

Kapt. Augustinah Selepe, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê vyf onbekende gewapende verdagtes het die huiseienaar en sy vrou oorval toe hulle saam met vriende op die stoep gesit en kuier het.

“Die verdagtes het vuurwapens op die slagoffers gerig en op waardevolle besittings aangedring. Die huiseienaar kon daarin slaag om na sy kamer op die boonste verdieping te hardloop om sy vuurwapen te kry,” het sy gesê.

Die aanvallers het intussen die slagoffers van onder meer selfone, geld en juweliersware beroof.

Die huiseienaar, wat glo ʼn lid van die plaaslike buurtwag is, het van die boonste verdieping af waarskuwingskote gevuur.

“Die verdagtes het skuiling gesoek en teruggeskiet. Die verdagtes het van hul buit laat val en uiteindelik op vlug geslaan en een van die hulle is in die regterbeen getref,” het Selepe bygevoeg.

Die verdagte wat gewond is, is op die toneel in hegtenis geneem en onder polisiebewaking na die Kalafong-hospitaal geneem. Nie een van die slagoffers is ernstig beseer tydens die voorval nie.

Van die ware wat geroof is, is teruggevind.

Die ander vier aanvallers is steeds soek.

Die Erasmia-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Afrikaanse Knaap ·

Ek kan nie eers 5 vriende kry om by my te kom kuier nie, hoe kry jy 4 vriende oortuig om saam jou ander mense te gaan beroof en aan te val?

ferdi ·

Net God en God Alleen indi naam van Jesus sal hierdie bose land kan red

Mrs H ·

Ek sal hulle een vir een skiet, voor hulle “ons” skiet… Boewe het beslis geen waarskuwing kom gee nie. Hulle oortree in die eerste plek deur net op jou private eiendom te wees MET VYF gerigte wapens. Dan sal ek doen wat hulle met my sou doen as hulle my geskiet het. Hulle daar los tot iemand hulle kom soek of kry. Dan sal ek natuurlik niks weet nie!

Hoc est bellum ·

Wanneer jy ‘n vuurwapen in die aand, in swak lig of in die donker afvuur, maak jou oë toe voor jy die sneller trek. Die vlam uit die loop gaan jou verblind as jy dit nie doen nie. Jy sal nie jou opvolgskote akkuraat kan plaas nie. ‘n Rewolwer gaan gasse langs die kante uitblaas wat jou dalk nog meer gaan verblind. Dis makliker gesê as gedaan, maar ek is seker dat kan met ‘n wapen sonder ammunisie ingeoefen word.

Baie geluk ·

Wel gedaan ten minste is een gewond net tyd voor die ander vasgetrek word. Ons baklei terug…

Baklei terug ·

Knap gedaan deur die huis eienaar. Fantasties om te hoor dat daar terug baklei was. Iets om op trots te wees. Les vir ons almal.

Ek glo hoe meer van ons sagte teikens is hoe meer aanvalle is daar. Hulle moet 10 keer dink voor hulle ons aanvat. Ons moet ons self beveilig maak eers dis baie moeilik om by ons uit te kom waarskuwing sisteme en versperrings en as hul daarin slaag wees reg vir n goeie aanval.

Cherokee ·

Wat sê die wet oor inbrake en rowery? Moet die rowers eers ‘n waarskuwingskoot skiet?

Francois ·

Cherokee jy mag eerste skiet mits jy kan bewys in n hof dat jou of iemand by/om jou se lewe in daadwerklike gevaar was. Neem ook onskuldige bystanders in ag as jy voortgaan met die besluit om te skiet.
Indien n aanvaller s) n vuurwapen (s) op jou rig of met n vuurwapen (s) na jou toe kom of dreig hoef mens sekerlik nie te wag dat hy jou eerste skiet nie. Ons moet net altyd in gedagte hou dat die aksie wat jy neem die omstandighede moet regverdig.
As n man by jou plot/plaas/tuinhek staan en jou met n klip of mes dreig is jou lewe nie in daadwerklike gevaar nie, want jy kan wegbeweeg. Sodra hy doelgerig op jou afkom en jy het moontlik/hopelik tyd om hom te waarsku dat hy geskiet gaan word en hy gaan voort om die afstand tussen julle korter te maak en nou raak dinge krities, in daai geval sou ek skiet. Ek sal in enige geval waar ek / ons gedreig word met n vuurwapen myself / ons verdedig.
Onthou ook as die boosdoeners weghardloop en jy skiet dan een, was jou lewe nie in doodsgevaar nie, en sal jy regsprobleme kry om n skietwond aan die rugkant van n aavaller te verduidelik.
Situasies gebeur meestal so vinnig mens het nie tyd om deur die magdom dinge te dink nie, prep jouself geestelik om te weet dat jy net skiet waar jou / julle lewens daadwrklik bedreig was.

Koos de Meyer. ·

Jy kan nie eers meer in die stad buite in jou lapa of op die stoep kuier sonder om waaksaam te wees nie. Op die einde van die dag sal ons maar ons vuurwapen by ons moet hê. Hulle val jou helder oor dag aan, wat nog te sê na ure. Jy moet hom verras want die goed is lafaarts. En as hy ‘n wapen het skiet om dood te skiet. Dis of hy of jy.

Callie ·

Dit is hoekom die regering die mense probeer ontwapen. Nou het nog een van hulle kaders se aanvalle misluk. Dit maak grondonteiening sonder vergoeding moeilik as die wittes kan terug baklei.

Ai tog ·

Hoekom was die huiseienaar se vuurwapen nie by hom nie? Hy behoort van beter te weet?

AmY ·

So, nou kan ons nie een meer om die braaivleisvuur kuier nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.