Aanvallers stig brand, lok boer na buite

Die Kuhn-gesin van links: Robert, Robbie, Maria, Inge en Pieter (Foto: Verskaf)

Robbie Kuhn, ’n 61-jarige boer, is Dinsdagaand deur vier mans op sy plaas in die Sulphur Springs-gebied, digby Piet Retief in Mpumalanga, oorval en erg aangerand. Die vermeende aanvallers het skynbaar ’n brand op sy plaas gestig om hom na buite te lok en só toegang tot die erf te verkry.

Kuhn vertel die mans het omstreeks 19:30 ongeveer 500 meter van die plaashuis ’n brand gestig. Hy het die brand gesien en buitentoe gegaan. Hy was die aand alleen tuis.

“Hulle het my van die huis af probeer wegkry om toegang tot die erf te kry,” sê Kuhn.

Kuhn het ingespring en kon daarin slaag om die brand te blus voordat dit verder kon versprei.

“By my terugkeer na die huis het vier gewapende mans my by die kombuisdeur oorval en hul wapens op my gerig – nog voordat ek die deur kon oopsluit.”

Die mans het Kuhn geslaan en vasgebind, hom gedreig en vuurwapens en geld geëis.

Kuhn sê hy is vir twee en ’n half uur lank deur die mans aangerand. Hulle het ook sy honde vergiftig.

Die mans het verskeie huishoudelike items, vuurwapens en ammunisie uit Kuhn se huis gebuit en laat spaander. Dit is nie duidelik watter items presies gesteel is nie.

Net nadat die mans gevlug het, kon Kuhn daarin slaag om homself los te maak. Hy het na sy pa se huis – wat op dieselfde plaas geleë is – gehardloop.

“Die plaaslike buurtwag, boere van die omgewing en die polisie is na die toneel ontbied.”

Volgens Kuhn is nog niemand sedert die aanval vasgetrek nie.

Maroela Media het ’n navraag oor die voorval aan die polisie gerig, maar wag nog op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Tokkel ·

Sooo jammer om hierdie goed te hoor, maar bly u het oorleef. Dink aan u en die familie!
Die wat hierdie brande, aanrandings en hartseer veroorsaak, sal eendag rekenskap moet gee.
Hoop u herstel vinnig en hoop u oesjaar is goed.

Persheks Adri ·

Vier lafaards op ‘n slag weet jy! Ek raak boos kwaad vir die aanvalle. Ons almal is onveilig. Net nóg meer rede hoekom ons nie ontwapen mag word nie! Sterkte aan die boer wat deur die trauma moet gaan.

Ouma ·

Lafaards is hulle beslis. Hulle is nooit alleen nie. Skuim van die aarde

Cherokee ·

Sommige mense het nie kommunikasie-vermoeë nie, en het na vele oefening uitgevind hoe om ‘n duim-af te kliek. Jy moes gevra het of hy nie ‘n vuurwapen AAN hom gehad het nie.

Andre ·

Lyk my jy was al baie in sulke tipe situasies, ou VaalDonkie!
Dink jy Robbie sou na die veldbrand na sy huis toe gestap het met sy rollie in die hand? Hy sou nogsteeds by sy agterdeur aangekom het sonder n wapen in sy hand – daar het 4 rowers vir hom gewag. As hy sy wapen probeer uitruk het, sou hulle hom heel moontlik nog met sy eie vuurwapen dood geskiet het!

Elize ·

‘n Mens kan net nie meer nie! Hulle martel en maak ‘n paar van ons elke dag dood!! Ons dank die Here dat u darem gespaar is.

Werner ·

Mense wil ook nie leer nie.Stig plaaswag dat jou mede boere jou kan beskerm as jy teruggaan huistoe.Solank ons dink ons bly in die ou dae gaan ons bly pak kry.

Kokerboom ·

Die landbousektor sal waaragtig meer paraat moet wees. Om na-ief( nie lelik bedoel) te wees gaan lewens kos. Die politieke/ekonomiese boewe en lafaards ontsien GEEN lewe. So bly hy hy het met sy lewe daarvan afgekom. Baie sterkte

Casper ·

Ek weet presies waar die plaas is.Die Künhs is groot vark boere ook.Die plaas is omtrent 1 km van die RSA/Eswatini grensdraad af maar ek is amper seker dit is nie mense van Eswatini nie.Dit is fellow Soth Africans se mense.

Kathleen ·

lafaards , kan nie 1 op ‘n slag so iets doen nie want hy weet hy gaan 2de kom . probleem is hulle wag jou in waar jy dit nie verwag nie en ja ongelukkig nog voor jy kan dink aan ‘n wapen het hulle jou oorval en dit afgeneem , vraag : hoe hanteer jy ‘n wapen terwyl jy besig is om jou huis oop te sluit . en ongelukkig is hulle so lafhartig om sy honde te vergiftig , blikskottels

Werner ·

As jy die nodige opleiding kry sal jy jou wapen in jou hand he as jy sien jou honde makeer.Dit is die eerste reel as jy by jou erf aankom is kyk waar is jou honde.Dan moet jy natuurlik n wapen by jou he anders gee jy pad en kry hulp.Ek het al geleer om my huis te nader en deure oop te sluit met my wapen in my hand selfs as ek net dorp toe gegaan het.Ons bly ongelukkig nie in die 1000 jaar vredestydperk nie.

Anoniem ·

Baie dankbaar dat jy leef en dat hul nie jou ouers ook leed aangedoen het nie.
Sterkte!

Jack ·

Laat die vuur brand. Ek weet jy wil dit blus maar maak liewers die aanvallers se blus dood. So word ons met al wat dierlike skelmstreek gevang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.