Aanvallers versteek liggaam op plaas

Thaba Fire and Rescue se voertuig Dinsdag op die toneel in Maroelasfontein waar ’n man se liggaam op sy plaas gevind is. (Foto: Verskaf)

Die liggaam van ʼn 59-jarige man is Dinsdagmiddag op sy plaas in die Maroelasfontein-omgewing naby Thabazimbi gevind, nadat hy Maandag vir die laaste keer lewend gesien is.

Sy liggaam was onder takke versteek en na verneem word, was sy hande en voete met kabelbinders vasgebind. Hy het ook ander sigbare beserings aan sy liggaam gehad. Vier verdagtes is intussen vasgetrek.

Verskeie reaksiespanne, onder andere van Thaba Fire and Rescue (TFR), HPG, die Thabazimbi-gemeenskapspolisiëringsforum en die Northam-polisie, is Dinsdag na die betrokke plaas ontbied nadat inligting oor die vermiste man op verskeie veiligheidsgroepe gedeel is, waaronder dat sy voertuig sowat 5 km van sy huis langs die pad teen drade staan.

SJ Malan, ʼn direkteur van TFR en bestuurder by Dinare Security, het Woensdag aan Maroela Media gesê dat reaksiespanne op pad na die toneel bykomende inligting ontvang het dat besittings uit die slagoffer se huis op die plaas gesteel is, waaronder ʼn kluis met juweliersware en ʼn skootrekenaar.

“Ek het vir die span gesê ons moet eers by die huis [van die slagoffer] stop om te kyk wat daar aangaan.

“Toe ons by die huis aankom, het ons vinnig gesien dis nie net ʼn geval van ʼn vermiste persoon nie – daar was ʼn aanval, oftewel huisbraak.”

Lede van die reaksiespanne het kort daarna een verdagte ná die ander aangekeer. Volgens Malan het hulle sowat ʼn uur na die slagoffer gesoek voordat hulle sy liggaam opgespoor het.

Die gesteelde goedere is intussen ook by ʼn huis in Holfontein, waar ʼn vriendin van een van die verdagtes woon, opgespoor.

Volgens Malan het die slagoffer sowat twee maande gelede afgetree. Na verneem word, woon die slagoffer se vrou en jong kind in Thabazimbi op die dorp. Dit is nie seker of hy op die plaas geboer het nie.

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gerig en wag tans op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Miena ·

Ai tog… geen woorde meer nie. Innige simpatie aan die gesin

philippus ·

Komnons wag maar vir meer inligting. Voor ek n buitelander weer beskuldig

Republikein in die Wes Kaap ·

Binnelander, buitelander, maak dit enige verskil?

Sobymykoolkop ·

Die hof het mos toestemming gegee want anders as wat eff gespuis beweer vat hulle people die lied letterlik.

Mariana ·

Die gespuis sal nooit ophou om ons boere te vermoor nie, want hulle het die hef in die hand. Die regering doen niks, die polisie doen niks en elke ou moet maar vir homself en sy familie baklei. Nou is daar nog ‘n kind wat sonder ‘n pa moet grootword. Dit is hartseer en maak mens kwaad en laat jou magteloos voel.

Koos 100 ·

En onse Hoed doen mos die beste werk en onse Prez glo mos nie in plaasaanvalle nie.
My innige simpatie aan die naasbestaandes.

Anel ·

Wat gaan in daardie omgewing aan? Dit is die tweede moord in twee dae, of is ek nou verkeerd!!!!

Wielspore ·

Dit het tyd geword dat landsburgers hulle inkomste belasting aan die staat weerhou en dit eerder oorbetaal aan instansies soos hierdie wat regtig na die mense omsien. Tans kry ek min to niks van die staat af vir my inkomste belasting wat ek elke maand betaal.

Manie ·

Dankie tog vir nog iemand wat daaroor voel soos ek. Ons moet hulle uitmergel en niks aan die regering betaal nie. Ons moet alle funksies self oorneem en befonds en basta met die staat.

Sonblom ·

Sê asb net hoe ons dit gaan doen want dan is ek saam met julle. Ek voel ook so.

Republikein in die Wes Kaap ·

Volgens Nasionale Tesourie verdien slegs 7 miljoen mense genoeg inkomste om noemenswaardige persoonlike inkomste belasting te betaal. Van hulle is 3 miljoen in die hoë inkomste groep, 2 miljoen in die hoë middel inkomste groep en 2 miljoen in die lae middel inkomste groep. Die res van die bevolking verdien te min om belasting te betaal, maar hulle ontvang ruim voordele.

Miskruier ·

Tweede aanval in Thaba omgewing?? Gister was daar ook n boer vermoor.

Nettie ·

En die dodetal styg en styg net. Hoe en wanneer gaan dit stop? Mens wil net huil saam met al ons boere.

Innige simpatie aan sy vrou en kind en almal wat vir hom lief was. Mag God se liefde en vrede hulle omvou.

Nicholaas ·

Weet nie of ek verkeerd is maar as ek so na al hierdie berigte op mm lees wonder ek nie of die beslissing van julias malema se haat spraak wat kwansius nie “haat spraak” is, nie dalk n rede vir al die aanvalle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.