Aanvallers ‘vier fees’ voor hulle man doodslaan

Buks Oosthuizen. Foto: Verskaf

Buks Oosthuizen. Foto: Verskaf

Die familie van ʼn vermoorde man van Vereeniging het Maandag vertel hoe sy moordenaars “makaber fees gevier het” voordat hulle hom met ʼn graaf doodgeslaan het.

Buks Oosthuizen (47) is dood nadat hy en sy gesin Saterdag in die vroeë oggendure deur vier mans oorval is waar hulle langs die Vaalrivier kampeer het. Frans Oosthuizen, Buks se broer, het aan Maroela Media gesê dat die boosdoeners die gesin langer as ʼn uur aangehou het.

Volgens Frans het Buks, sy vrou, Susan, hul drie kinders en twee van die kinders se maatjies Vrydag oudergewoonte langs die Vaalrivier gaan kampeer. In die vroeë oggendure het die vier aanvallers Susan in die gesin se woonwa oorval. Buks, wat by die vuur gesit het, het omgekyk toe hy Susan se gille hoor en is summier met ʼn graaf bewusteloos geslaan.

“Die kinders is terselfdertyd met ʼn hamer gedreig en die 12-jarige seun is in die [gesin se] motor ingedwing en gedreig om inligting oor die gesin te verskaf,” het Frans gesê. “Die gesin is sowat ʼn uur lank aangehou terwyl die aanvallers die gesin se aandete verslind het, musiek gespeel en gedans het en makaber feesgevier het.”

Volgens Frans is Susan in hierdie tyd herhaaldelik met ʼn onbekende voorwerp aangerand. Naderhand het die aanvallers hul aandag weer op Buks toegespits wat steeds bewusteloos op die grond gelê het. “Hulle het hom verskeie dodelike houe met ʼn graaf toegedien.”

Die aanvallers het die motor, waarin die seun steeds toegesluit was, se sleutel weggegooi en met twee selfone en ʼn skootrekenaar op die vlug geslaan. Susan en die kinders het gewag tot dit stil geword het voordat sy Buks in die gesin se bakkie gelaai en hospitaal toe gejaag het. Buks is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Susan het kopwonde opgedoen waarvoor sy steke moes kry, maar is sedertdien weer ontslaan. Die 12-jarige seun het ʼn ligte besering aan sy arm opgedoen en die ander kinders was ongedeerd.

Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Maroela Media het in September berig dat nog ʼn man, Fred Barnard, dood is nadat hy, sy vriendin en nog ʼn egpaar langs die Vaalrivier deur drie rowers met klapmusse oorrompel is. Barnard is erg met ʼn piksteel aangerand en het twee dae later in ʼn hospitaal aan sy beserings beswyk.

*Die voorval Saterdag het by die Soetdoring Buiteklub gebeur. Maroela Media het Dinsdag met die eienaar van die buiteklub gepraat, wat die voorval bevestig het. Hy het gesê daar is nog nooit voorheen enige kampeerders by die buiteklub aangeval nie, alhoewel die klub in die verlede al onder diefstal deurgeloop het met boosdoeners wat krane, draad en braairoosters steel. Die eienaar het die voorval betreur en gesê kampeerders moet paraat wees wanneer dit donker word en stappe doen om hul veiligheid te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

107 Kommentare

Valie ·

Hulle teiken al die sagte teikens, iemand wat kampeer is gestroop van al die beskermende faktore wat hulle tuis het, selfs die beskermings instink is nie so skerp nie. Waar was dit, die Vaalrivier is baie lank….?

ilona ·

Ons word geteiken, ons self was al deur ‘n berowing, tent is oopgesny en besittings gevat, en waragtig sal hulle die volgende aand kom om die generators te probeer steel, dis die 2e keer langs Buffelspoort dam !!!

Hennie ·

Sal graag wil weet waar langs die Vaalrivier hierdie voorval plaasgevind het. Ek sal is ‘n hengelaar en as dit in ‘n mens se vermoë is vat maar die hond saam of sit alarms uit om jou te waarsku en natuurlik skaf ‘n vuurwapen aan.

Fritz ·

Neem moet nie by die Vaalrivier gaan kamp nie. Verkoop al jou besittings en emigreer na n normale land, as jy nog kan.
SA se kanker sal nie in jou of jou kinders se leeftyd genees nie. Hoeveel wil jy nou opoffer om te kan beweer dat jy “sterk staan” jou gesin se veilgheid.

Gatvol ·

Die eienaar van die oord is bewus van mense wat beroof word deur die nag as hulle daar kamp maar weier om enige stappe te doen om mense se veiligheid te verseker. Dit was al tale kere met die eienaar opgeneem om sekuriteit aan te stel maar hy ignoreer dit.

sus ·

Nee, dis nie volksmoord nie. Dis mal kriminele. Onthou die twee onderwyser paartjies wat onlangs by die meer in Johannesburg oorval was? Die vrouens verkrag en die mans vermoor? Hulle was swart. Crime ken nie kleur nie

manda ·

stukkend is ni di woord ni jy was so n wonderlike mens Buks en my trane loop ek sal jou nooit vergeet nie die beste tye van my lewe was saam jou en my hanger familie Here hoe lank nog gaan ons mense so sinloos vermoor word help ons asb my trane loop al van sondag af ek haat julle en die hele vrot nuwe suid afrika.

Nico K ·

Dit is altyd vir my ironies as die berig sê die kinders is ongedeerd. Ek glo sielkundig herstel mens nie vinnig van so skok nie.

Delia ·

Ja Nico, het self gedink dit moet liewer lees ‘die kinders is fisies ongedeerd’.
Al my simpatie aan die familie en vriende van Buks!

Bertus ·

Dis tragies. Ons sal net een een uitgewis word. Geen straf as hul gevang word nie. Is daar niemand wat kan help vir die doodstraf heringestel kan kry nie?

Andre Brummer ·

Ek het ook altyd gedink ons moet die doodstraf terugkry….toe skrik ek…..as ons huidige regering die doodstraf moet gebruik…..is daar nog groter chaos

Daan Du Plessis ·

Dit help nie die doodstraf kom terug as die mense net amper nooit gevang word nie.

Malcolm ·

Hul helde soos Malema sê Hul aan om dit te doen ..moenie met liberale oogklappe hierna kyk nie..hierdie is n lae intensiewe aanslag teen blankes

Anna ·

Buks was sag van aard, n beginselvas en hoof van n huisgesin, n geliefde broer en wonderlike seun vir sy bejaarde ma, ware vriend en helaas getroue landsburger. n Pa wat net n rustige naweek saam met sy gesin in vrede wou spandeer. Dit is tog immer sy mense reg! Die werklikheid, so brutaal vermoor en weggeruk van n Godgegewe lewe deur satanskinders. Vir hom sal daar nou vrede wees maar vir die wat agterbly het hul ontneem van n geliefde seun, eggenoot, broodwinner, pa, broer, familielid, vriend, kollega, noem maar op…. Daarom is my bede dat God julle wat agterbly sal toevou in Sy beskermde hand, vetroos en vrede gee. RIP Buks

Mense regte kommissie ·

Daai treurige spul by die mens regte komissie, waar is hierdie gesin se reg, hierdie leier soos Anna aandui se reg??????????????????????????????????

Cobus ·

Ongelukkig word ons met ‘n ongekende haat gehaat. Mag ons Liewe Vader die gesin dra in die moeilike tyd wat voorlê. Sterkte vir julle en die geliefdes

m ·

Kan mens nou nie eers mee rustig gaan kamp nie? Hierdie mense se wreedheid het geen perke nie. sterkte aan die familie

Toki Scura ·

Vir 24 jaar kan niemand wat veiligheid eerste stel meer gaan kamp nie, selfs nie in jou eie erf nie. Ai tog. Dit is jare al algemene kennis dat ons in ‘n opelig tronk leef.

Suzie ·

Dankie vir die vraag, ek was ook effe verward oor waar dit plaasgevind het.

Flippie ·

Ek dink Maroela moet in ons ongesensor toelaat om te sê wat ons wil en soos ons voel. Hierdie moderering, sensurering en tempering van hoe ons ware gevoel is besig om die situasie te vererg.

Hierdie is deel van die regeringsondersteunde volksmoord op die Boere.

rudi ·

Ek stem saam. Soos liberale kindertjies word ons behandel om te se wat gese moet word. Dis skokkend en walglik en ons almal weet wie dit doen en hoekom hul dit doen en die enigste media huis wat die ANC gesind is nie sensor ook nog.

Asjas ·

Dit is moeilik om hierdie tipe berigte daagluks te lees en nie te haat nie. Vandat ek so baie haat in my hart het gee ek nie om wat van hulle word nie, laat hulle aan hulle eie genade oor maar dan haat hulle ons net soveel meer want hulle het nog altyd na die wit mense gekyk om te sorg. Dis ‘n bose kringloop. Hoe lank kan ons nog so aangaan?

Caja ·

Rassisme is “alive and kicking”!!! Hierdie gewentenlose siele laat ‘n mens geen ander keuse nie!!!

Abel ·

Dit is verskriklik!!!! Hierdie mense het ongeskuldig gaan kamp en visvang!@ Wat te hel gaan aan met hulle?????? Is ons dan nou nêrens meer veilig nie, en vir wat moet hulle die man doodmaak?????

vierkleur ·

hierdie klomp word gebreinspoel deur hulle leier malema.
Kyk wat het hy gese net nadat hy uit die hof gekom het. Hulle beplan om die blankes in ZAR uit te moor.
Word wakker my volkgenote, hier is n versriklikke haat vir ons in die land. Berei voor,
want hier is n oorlog oppad. Hoor my woorde vandag

Gemsbok ·

Ons sal maar eerder langs die Oranjerivier by Orania moet gaan kamp in die toekoms.

Thuunda ·

Jy’s reg Gemsbok, ten minste is ons daar veilig!

Ek wens ons Afrikaners wil ons nou skei van die idee dat ons ‘n reenboognasie is…ons het NIKS in gemeen met die klomp rowers en moordenaars.

Louret ·

Dit klink na n oplossing. Dit wat gebeur is barbaars…..ons familie het al 3 lede so wreed verloor. Bring doodstraf terug.

Cherokee ·

Watter bom? Jy dink aan guy fawkes klappers. As daar ‘n bom was wat kon bars en dit het nou nog nie gebeur nie dan is daar geen kruit in daardie bom.

Jacobus ·

Cherokee lyk my jy verstaan nie een of ander tyd gaan mense keelvol raak en niks hê om te verloor nie…. dan gaan jy sien wat maak mense

Verstaan nie ·

Hoekom haat hulle ons blankes so? Ek is nie spyt ek is blank nie, maar ek haat hulle nie. Maar dit wat besig is om te gebeur in ons land…..laat mens nie anders om hierdie ongekende woede te openbaar teenoor hulle nie.

Cobus ·

‘Verstaan nie’, ek neem aan jy weet nie veel van die ‘ander’ lede van die ou kamstige Reënboog nasie nie. Moor, roof, steel en geweld is in hulle wese, dis wie hulle is, verwoesters. Ons blankes moet ernstig bykom en besef saam met wie/wat ons leef in hierdie land. Die wet, staat en polisie gaan niks meer vir jou doen nie, Die dae van goedgelowigheid is verby in hierdie samelewing en solank ons niks doen om onsself te beskerm en ons eie veiligheid te verseker nie gaan hulle ons bly vermoor en leed aandoen.

Chantelle Connoway ·

… probleem begin bo en werk homself af en as ander niks aan gedoen word nie gaan niks aan hulle gedoen word nie, daar is nie n regs stelsel nie en dit is hoekom hulle dit doen, hier kan jy maak en breek soos jy wil maar Vader weet die oordeelsdag kom

Piet ·

Dis Volkmoord wat deur ‘n rassistese meerderheid teen die blankes aangevoer word. Dieselfde tendens wat hom in die Kongo, Angola, Mosambiek, Zambie en elders afgespeel het ontvou ook nou in SA. Sulke demoniese aanvalle laat Charls Manson se dade na ‘n sondagskool picnic lyk.

Raymond Bastone ·

Hulle sal hul beurt kry. Sterkte aan die familie en jammer om dit te hoor. Ons bid dat die hemelse Vader met julle sal wees

E.K. ·

Die ergste is met meeste moderne selfone kan jy NIKS doen as dit gerapporteer word, dit word geblok en jy kan ook nie die sim vervang nie, dit werk eenvoudig nie. Sinneloos gewees soos AL sulke aanvalle

Johan ·

Dis vreeslik tragies. Ek is n kapenaar en was die naweek die eerste keer sedert ek nog diensplig gedoen het weer by die Voortrekker Monumument. Stap deur die momunent en jy sal besef dat baie min sedert daardie tyd waar hulle ons probeer uitmoor verander het. Reenboog nasie se agterent…..

Hennie ·

Carel ek stem 100% met jou saam en daardie leiers moes lankal uit die samelewing verwyder word.

John ·

Blankes waag dit nie in swart woongebiede nie. Swartes eis die reg op om orals te beweeg, dag en nag. Om ‘n papwiel erens te kry is ‘n nagmerrie. Dodelike siek pasiente staan selfs uit hul siekbeddens op om mede-pasiente se eiendom te roof.

nic bronkhorst ·

Nou wonder so baie waarom ons nog steeds rassiste is . Ons word gedwing om te wees .dis hoogtyd dat ons moet stem om die doodstraf terug te bring dan kyk ons na uitslag

Jeandrie ·

Ai oom Buks jy het dit waarlik nie verdien nie. Ons as familie is diep geskok en kan nie ons trane keer nie. Is dit wat gevat was rerig jou lewe verskuldig, jou kinders wat agterbly….
Ons bid net dat God almal deur die swaar tyd sal dra. Jy sal veraltyd in ons harte voortleef.

Elmien ·

Ons familie neem kennis van almal se opmerkings en gevoelens.
Op die stadium is al wat egter saak maak, die geweldige impak wat so onbesonne daad op baie mense se lewens het. Die seer en die gemis.

De Villiers ·

Hoe noem Zuma misdaad en die ANC se onvermoë deesdae: “Demokrasie in aksie”. Dis siek man. Bring die doodstraf terug.

Stem saam ·

Stem saam met sus, moord en dood het ‘n speletjie geword, elkeen probeer naam maak om erger en afstootliker te wees. Dit is ‘n klomp sadiste en al wat dit kan regstel is die doodstraf en mense regte respekteer word, met die mense regte respekteer beteken dit dat mense ‘n reg moet hê, mense wat doodonskuldig en eerlik hul brood en botter verdien en ontspan!!!! Nie gewetenlose moordenaars nie, hul weet of hul geld het of nie, hul is ok, die wat geld het, huur ‘n Terry Price en die wat nie het nie, kry staatshulp en dit is my en jou belasting geld!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Lola ·

Dankie SUS, jy is een van die mense wat kan dink. Crime gebeur met almal. Dit is nie teen wit of bruin of swart gemik nie. Maw jy is nie ook ‘n mal rassis nie.

melinda ·

Dis kommerwekkend..dit het nie gegaan oor roof meer mag en satisfaksie

tamboti ·

Die probleem kom van BO-er as bo af, kyk op na die berge – ‘n dawerende lag vir ons hartseer gebede.

Stephan Botha ·

Ek neem aan jy verwys na God se rol in die situasie? Wat laat jou dink dat God alle mense se bose dade met wonderwerke moet verhoed? Ek weet beslis ons Heer lag nie hieroor nie.

Johanna ·

Dis tragies. hartseer en absoluut onnodig. maar dis die aanhoudende toekoms van die land. ons is net nerens meer veilig nie. ek hoop hierdie oortreders word gevang. my innigste simpatie vir hierdie familie.

Aitoggie ·

Hulle sal bly moor totdat niks niks oor is nie, daarna sal hulle nogsteeds apartheid blameer, omdat daar niks oor is nie.

E.K. (vra net) ·

Twee gevalle – is dit na aan mekaar of nie?(Sien laaste deel in berig) Hoekom word ‘n strik nie gestel nie. Dis dalk dieselfde aanvallers? Maklik genoeg – gaan “kamp” so bietjie eenkant en wag hul in – komaan polisie jul kan dit doen, hoe anders sal hul gevang word?

chrisp ·

Sus,
Hoeveel witmense verkrag en vermoor swartmense in hul huise en waar hul ontspan?
Noem die gevalle anders is dit maar eenvoudig ‘n tipe van volksmoord, of hoe?

Deon ·

Theunis, die “boere” wat vir die “liewe” DA gestem het, het dit gedoen om die ANC uit sy gemaksone te lig. Enigeste party wat in 2016 ‘n ware oposisie vir die ANC kon wees. En hul, saam met die ander rasse wat vir die DA gestem het, het dit so te se reggekry. En dis juis hulle wat nie verstaan hoekom daardie totale minderheid groepie “boere” steeds in die wensdenkery van ‘n “boere staat” vasgevang is. Dit sal NOOIT weer in enige deel van die wereld bestaan nie, nog minder in Afrika. Daardie dae van sorg net vir jou eie soort is baie lank al verby. So as ek jou raad kan gee, beweeg aan en probeer saam staan met die goeie mense in Suid Afrika en kyk verby die uiterlike dop wat vel en “looks” bepaal. Dis al kans wat ons ware Suid-afrikaners (insluitend wit, swart, bruin, pienk) nog het wat oorlewing betref. Hierdie is nou ‘n oorlog tussen goed en kwaad, lankal nie meer tussen die een ras teen die ander nie.

KLEIN ·

Ons bly nou in tronke en die misdadigers loop buite rond. Wat het geword van ons lieflike land toe ons nog kon ontspan in parkies of langs die viswater of self buite ons huise. mens is nie eens meer veilig buite jou huis nie. Kyk ook na ons land hoe vuil en bemors is dit.

nikki ·

n skreiende skande..na dese mag mens nie eers gaan kamp en ontspan waar jy wil want j moet te bang wees jou gesin word uitgemoor…nee sies man!!!
sterkte aan buks se familie ..mag God aan julle die nodige krag gee om hierdie tragedie te verwerk…

Marius Liebenberg ·

En dit is ook hoekom ek glad nie ‘n Nelson Mandela fan is nie. Hy is die oorsaak hoekom witmense nêrens veilig is nie.

Esmay ·

Marius. Ek is ook nie n fw de klerk fan nie. Want dis waar al die moeilikheid begin het!!!!

lettie ·

Hierdie moet as n haatmisdaad geklassifiseer word. Ek het lankal die idee dat ons word uitgemoor. Hierdie man se grusame sinnelose dood sal nie ongestraf kan bly nie, en is dit n effektiewe manier om geraas te maak tot oorsee. Kom ons staan op en plaas enorme druk op die polisie en howe. Mag God ons genadig wees.

Sophia ·

Die absolute barbaarse geweld teenoor witmense in hierdie landjie laat mens sprakeloos!! Is daar IEMAND wat gaan opstaan om te sê GENOEG IS GENOEG, ONS BAKLEI TERUG??!! My innigste meegevoel aan sy vrou en kinders, en moeder. Mag God julle bystaan om hierdie hartseer en vrees te verwerk!

Klaar ·

My innige simpatie met die gesin.
Hierdie is die onstellendste storie wat ek in ‘n lank tyd gelees het. Hoe vreet jy iemand se kos op en dan dans jy op musiek terwyl hulle vrees bevange daar lê, en dan vermoor jy sumier die man. HIerdie is ‘n direkte gevolg van daai nar in die rooi overalls se opdragte aan sy gevolg! Nee mense – enige iemand wat hierdie storie lees en nog dink hier is ‘n toekoms vir jou en jou kinders in ‘n land waar jy gehaat word, moet wakker skrik. Daai rooi overalls is in die minderheid maar daar word niks gedoen aan sake soos hierdie nie – dit word gelos en hulle kom weg daarmee want die slagoffers is wit. Dink aan julle kinders en kry hulle uit hierdie land uit op ‘n plek waar hulle ‘n normale lewe kan lei – vry van geweld soos hierdie! As julle kan – en die wat nie kan nie sit druk op Europa om ons wit mense te kom help. Ons verdien nie sulke behandeling nie en ons kinders verdien ‘n beter toekoms. Besef een ding: ons is ‘n gehate minderheid – nerens in die wereld het dit goed geindig nie – nie eers na bloed in die strate gevloei het nie – kyk maar waar swart mense in die minderheid is hoe dit gaan. As minderheid het jy geen regte nie al word daar gesê jy het – dis ‘n geveg jou lewe lank.

Staalvuis ·

“Klaar”, maar waar begin mens druk op Europa plaas, Spesifiek Switzerland of feitlik enige Euro land? Erens moet mens die streep trek.

Morrie ·

Ek lees baie hier van reënboog nasie en veralgemeening van kleur. Ek verstaan presies waar almal van julle se gevoelens en menings vandaan kom en glo my, ek koester die selfde gevoelens. Maar dan dink ek terselfde tyd aan my huishulp, die wat saam my werk en my dogtertjie wat ons aangeneem het en troos my daaraan dat ‘hulle’ darm nie almal sleg is nie. Ook moet ons maar onthou dat daar slegte wreede blanke mense is. Ek word ewe kwaad wanneer ek lees van plaas moorde en wanneer ek lees van n blanke pa wat sy 3 jarige dogtertjie dood geslaan het.

Thea ·

Het hierdie voorval plaasgevind in ‘n park/oord of het die mense gekamp op ‘n oop veld/iemand se plaas? Ek probeer agterkom maar omdat ek nie die area ken nie beteken die kommentaar vir my nie veel nie. Is daar iemand wat die feite het? Julle hoef nie die oord se naam te noem nie, net of dit wel binne die grense van ‘n oord was.

Willa ·

Dit is privaat gronde wat omhein is. Maar die “mense” kan net oor die draad klim of oop sny.

Marcolene ·

Julle weet hy was n wonderlike mens ons lewens gaan aan maar Susan se lewe sal nooit weer dieselfde wees nie en haar kinders gaan vir die res van hulle lewens die beeld in jou he. Ek hoop hulle word gevang en die polisie moet hulle ook laat suffer

Alida ·

Die kriminele word dan vlakvoor die Hofgebou aangehits om hierdie dinge te doen. Julius Malema word nie vervolg nie. Wat verwag julle?

Santie ·

Hierdie pynike letsels sal nooit genees vir die gesin ie. En met al Julius Malema se uitsprake, word ons lewens al hoe meer bedreig. Maar kom ons wees nou eerlik: Daar is goeie wittes, en slegte wittes, goeie swartes en slegte swartes, goeie bruines en slegte bruines. As mens dit persentasie-gewyse sou tel, sou dit 50/50 wees.

Tania ·

Ek is gekruisig omdat ek ook gesê het daar is nie ‘n spesifieke kleur wat geteiken word nie en hier word so baie mooi goed vir Sus gesê..
Ek verstaan julle nie!

Deon ·

Wanneer is, genoeg genoeg!!!! wat wil hulle nog meer he. Vat ons landbougrond, vat ons blankes se lewe maak nie meer saak wie of wat jy is nie .Brand alles af, hoe ver moet dit nog gaan.

Deon ·

Dit gaan nou te ver genoeg is genoeg,elke dag waord daar blankes vermoor of aangernad

Luïse ·

Ek stem saam want feitlik geen anderskleuriges veroordeel dit nie., dis ongetwyfeld volksmoord.

Elna Kupke ·

Die wat nie dink dit is volksmoord nie, wat van malema se uitspraak van “slaughter of whites” – wat aan die kom is (so tussen hakies)????

Bolander ·

Marius dit is met erge woede binne in my dat ek saam met jou stem. Waar gaan dit eindig???? Onskuldige mense word uit gemoor. ONS MOET OP ONS KNIEE BLY MENSE. NET DIE VADER KAN ONS UIT HIERDIE HAGLIKE OMSTANDIGHEDE RED!!!!

BOLANDER ·

Afriforum, ek behoort ook aan julle soos honderde ander lede. Kan julle nie asb in gryp en hierdie malheid staak nie!!!!! Dit is besig om heeltemal handuit te ruk!!!!! Dit kan nie so aangaan nie. Hoekom haat hulle ons so?????? Ek en soos baie ander wie se vel wit is, was nie eers deel van die apartheids jare nie!!!!!! Hoekom moet ons in vrees lewe!!!!!!!!

Landi Slatter ·

Dagsê lesers,

Dankie vir julle terugvoer. Die voorval Saterdag het by die Soetdoring Buiteklub gebeur. Maroela Media het Dinsdag met die eienaar van die buiteklub gepraat, wat die voorval bevestig het. Hy het gesê daar is nog nooit voorheen enige kampeerders by die buiteklub aangeval nie, alhoewel die klub in die verlede al onder diefstal deurgeloop het met boosdoeners wat krane, draad en braairoosters steel. Die eienaar het die voorval betreur en gesê kampeerders moet paraat wees wanneer dit donker word en stappe doen om hul veiligheid te verseker.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

vierkleur ·

My mense word elke dag vermoor en vermink. malema se in sy toespraak nadat hy uit die hof kom, dat ons wit mense uitgewis sal word,maar nog nie nou nie.

As dit nie die wittes van ZAR laat wakker word nie, gaan jy jou geliefdes se bloed op jou hande he. Daar word aan n plan gewerk, om ons blankes uit temoor. Berei voor asseblief my volk

Roger ·

DA is net op hul perdjies as hul blankes kan uitwys en vervolg wat kleinlikhede gepleeg het.

foxi ·

Maroela….julle het nie my kommentaar gelewer nie…….ek kan dit ook verstaan. Maar immers weet julle hoe ek voel……al my meegevoel aan Buks se gesin…….sterkte!

Jaco ·

Hierdie word glad nie in die groot mede van genoem nie,maar 2 boere wat n werker in n kus gesit het word wereld nuus en die Afrikaners word weer die vark in die verhaal.Maar van moord op ons mense niks

Hans Jurg ·

Die kampeerders moet stappe dien om hulself te beveilig?????? Wat se nonsens is dit!!!! Hy moet sy kampterein se sekuriteit dringend opskerp.

Hans Jurg ·

Die kampeerders moet stappe doen om hulself te beveilig??? Wat se nonsens is dit? Hy moet dringend sy sekuriteit opskerp man!!

Anoniem ·

Wat sal dan nou met my gebeur of enige iemand anders, as ek en my gesin so aangeval word en ek Verde dig myself maar maak een van hulle ook dood? Gaan ek tronk toe?

Helene ·

Mens kan ook nie amper jou eerlike opinie lewer dan word dit nie gepupbliseer nie. Baie mense se erger dinge as wat ek se. Gelukkig weet God alles

Dan ·

Gebeure is duidelik besig om in ‘n sekere koers af te speel. Siener het “toevallig” so baie dinge korrek voorspel: die verraad deur de Klerk, Mandela se opkoms, die ys wat smelt, maar oor die “nag van die lang messe” is hy seker verkeerd? SA sal ook nooit ‘n Zim word nie, nè? Mense hou op bekommerd wees die liberaliste (van wie daar baie op hierdie forum is) het al die antwoorde. Hul het hierdie gemors veroorsaak en hulle gaan dit oplos. Wag net en kyk!

Annette Jansen ·

Dit is vreeslik om te dink die gesin wou net n rustige naweek wegbreek gehad het en dit gebeur! Ons is ook kampeerders sal op ons hoede moet bly Sterkte vir die gesin, dankie Here my dogter, man en kleinseun het New Zealand toe geimigreer ons mis hulle ontsettend maar weet dit is vir hulle eie veiligheid

Joe ·

‘4 mans’ ? Ek sal graag die hoofopskrifte wou sien as 4witmans ‘n swart gesin aangeval het, dan het die hele kabinet die gesin besoek, en ‘n taakspan dadelik ontplooi om die skuldiges te vang. Ons is in groter moeilkheid as wat ons besef!

Bekommerd ·

Dis so hartseer .Sterkte aan die familie.
Als wat mooi is word lelik gemaak en van mens ontneem.God het die mooi natuur vir ons gegee maar ons moet agter tralies in ons huise toegesluit sit waar ons elk geval ook nie veilig is nie .

Gerda Engelbrecht ·

Per ongeluk Andre Brummer se kom mentaar rapporteer. Jammer.

Rooikop ·

Almal wat so skree vir doodstraf – kyk wat maak hulle met ons as ons net iets sê waarvan “hulle” nie hou nie. Ons word afgedank, beboet met duisende rande, ons moet om verskoning vra vir die hele wêrels, ons word openlik gedreig etc etc. Dink julle regtig die doodstraf gaan gebruik word om kriminele te “verwyder”?? Nee…dit gaan toegespits word op ONS!! Jy sal tronk toe gaan oor jou kamstige “rasisstiese uitlatings en dan sommer die doodstraf opgelê word. En jy gaan net mooi niks daaraan kan doen nie. Mens kan mos sien dat niemand ons bystaan of verdedig in die land nie. Hoekom sal dit nou skielik verander wanneer daar nou sommer ‘n vinnige manier is om van ons ontslae ook te raak… Julle moet mooi dink mense.

annemarie ·

Minister van onderwys …maak asb n verpligte sosiale vak op skool om kinders respek vir ander mense en hul besitings,goeie maniere,lojaliteit ,eerlikheid ensovoorts te leer…my ouers se voorbeeld was genoeg vir my om dit na te volg .. maar vandag is daar net te veel swak voorbeeld ouers wat nagevolg word…

Debbie ·

My man is langs my dood geskiet op ‘n rustige Sondag aand (Wat moes normaalweg rustig wees). Die polisie doen niks behalwe om vir my te lieg..dit daar gelaat. Mense wat nie deur so iets is nie verstaan NIKS. Die kwaad, hardseer, nagmerries, leemte…niks is ooit weer dieselfde nie. Die mense wat agter bly kry baie swaar. Ek het 2 dogters. Ons is te bang om op ‘n Saterdag ‘n vleisie te braai of net biedjie buite op die stoep te sit!! Hulle VAT alles van mens…dan praat ek nie van goed wat gekoop kan word nie. Al wat my aan die gang hou is gebed….bid vir rustigheid en om nie sommer die straat in te vaar en vrek te skiet nie…glo my mens voel baie so. Sterkte aan die gesin en familie wat agter bly…daar lê ‘n lang pad voor vir julle. Bly net GLO kyk op en bid vir rustigheid….want hier op aarde gaan nie geregtigheid gebeur nie.

Dan ·

Oom Jaap, baie dankie vir die verwysing na die artikel – ek het kennis geneem. My eie bronne wat ek bestudeer het dui egter wel aan dat dit Siener was wat die voorspelling gedoen het. Hy het inderdaad nie bloot net die gebeurtenis voorspel nie, maar ook omringende omstandighede geskets wat dit sal voorafgaan. Johanna Brandt se visioene het ook die gebeure wat hy voorspel het, “bevestig”. Dit is hoe ek dit het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.