Aanvallers vlug toe boervrou met geweer losbrand

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

*Let asseblief daarop dat Maroela Media intussen verneem het dat mev. Brand nie op die aanvallers losgebrand het nie. Sy weeg slegs 42 kg en kon dus nie die geweer oorhaal nie. Sy het slegs op die aanvallers afgestap, vol vertroue in haar geloof. Lees gerus haar dogter se getuienis in die kommentaar onderaan hierdie berig. -Red

Vermeende plaasaanvallers het Woensdag vinnig spore gemaak toe ‘n Noordwes-boer se vrou met ʼn vuurwapen op hulle losgebrand het.

Sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het op ʼn plaas naby Migdol plaasgevind. Jan Brand (73) was buite die plaashuis besig toe hy deur vier rowers oorval is. Die mans het glo nie vuurwapens by hulle gehad nie, maar het Brand aangerand en geskop.

Voordat die verdagtes egter ʼn tree verder kon vorder, het Brand se vrou, Helena, uit die huis gestorm en met ʼn geweer op die rowers losgebrand. Die verdagtes het op die vlug geslaan sonder om iets te steel.

“Volgens die polisieverslag is [Jan] met ʼn bebloede gesig aangetref en na ʼn plaaslike dokter geneem vir behandeling. Hy het egter net geringe beserings opgedoen en is nie in die hospitaal opgeneem nie,” het Molale gesê.

ʼn Saak van poging tot roof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Theresa ·

Wonderlik………………!!!!! You go girl!!!!!!!!!!!!!

Retha ·

Sien, so doen mens dit! Ons IS parraat julle werf etters!!!

Peet Schabort ·

Dis wat gebeur as jou wapen nie in die kluis lê en stof vergaar.
Ek kan net die bruin strepe sien lê van die modderpad wat hulle agtergelaat het.

Lise ·

Sulke berigte motiveer my om ook ‘n skietding aan te skaf. Helena Brand. ‘n Naam om te onthou!

Joe Olivier ·

” `n saak van poging tot roof word ondersoek ”
Die man is aangerand in `n poging om hom te vermoor. Aan wie se kant is die polisie ? Vra maar net, ek ken die antwoord. Gelukkig is daar nog parate mense.

MJL ·

Die polisie wil ons wysmaak dat hierdie aanvalle “gewone roof” is. Hoekom is hulle dan altyd 4 of 5? Om ‘n selfoon of twee of ‘n rekenaar of TV te roof? Ek glo dit nie!

Winston ·

Ek stem saam. Nie net gewone roof nie. Bollie. Mooi boervrou! Jy het nog n plaasmoord afgeweer met jou geweer!! Knap gedaan en n voorbeeld wat ons almal moet nastreef.!!!

Fritz ·

Ek kry trane om te dink julle moes dit beleef ,dit is tog vir die basiese veiligheid waarvoor ons generasie manne baklei het.Dank die Here dat julle leef om die storie te vertel.Ons kon as kinders veilig speel op daai plaas tot laat in die aand,met deure soms oop geslaap in die somer.En nou voel ek magteloos teen die oorlog wat aan die gang is teen my mense en maak nie saak wat se opleiding en vermoens ek het nie,die vyand het my op alle vlakke ontwapen!!

Carl ·

Fritz, hoekom is jy ontwapen?

Dis hoe dit gedoen word. Welgedaan tannie. Let wel sy is nie gearresteer soos so baie mense sê sal gebeur as mens terug veg nie. Doen dit binne die wet dan is daar nie probleme nie.

CF ·

Mooi so vrou,ek dink baie mense kan by jou leer,en jou raad volg.
Gee die vrou n BELLS hoera.

carel ·

Roof???? Wat van aanranding????????????? – dalk nog poging tot moord as jy na die aanvalle op Boere kyk en na die oom se ouderdom?????????????

Wat is fout met die SAP????????

CHRISTA ·

Brand hulle tannie!!! Hulle moet JOU minister van polisie of verdediging maak!!! The right man for the job is a WOMAN!!!

George ·

Ek hoop die polisie keer die skuim gou aan. Tipies hoe die lafharts optree. Hulle gaan vir sagte teikens en roof en plunder in groepe.

volksmoord ·

George,
dis die taktiek wat teroriste nog al die jare gebruik,al die sagte teikens.
Ons is reeds in n volkskmoord gewikkel, maar hulle werk slim,om nie te veel aandag te trek nie.
Maak ons een vir een dood op die plase

Marian Spies ·

Ek is die dogter van die Brands en wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om die gemeenskap van Migdol te bedank wat soos een man saamgestaan het om my ouers te ondersteun. Dit was een van die ergste oproepe om te ontvang,maar ons was dadelik gerus met al die ondersteuning van die omgewing. Ek wil egter net se dat n deel van die berig nie die waarheid is nie en dat my ma nie geskiet het nie. Op hierdie punt wil ek AL DIE EER aan ons Vader bring vir Sy beskerming. Ek het vroeg Woensdagoggend al v hulle beakerming gebid en terwyl ek bid besef ek doen dit nie genoeg nie. My ma vanuit haar persoonlike verhouding met Jesus Christus bid elke aand ps 4v8. Sy weeg slegs 42 kg en kan nie die pistool oorhaal nie. Sy het slegs op die man afgeloop en in sy oe gekyk. Wat is in menslike terme die kans dat 4 mans wat daarop uit was om seer te maak sal omdraai en weghardloop v so n klein vroutjie. Hulle het plante uit die aarde gehardloop. Ons WEET daar was IEMAND by haar. En op hierdie punt wil ons as gesin vanuit ons verhouding met ons Vader en op grond van Jesus se verlossing kom se dat ons vergewe omdat dit n wilsbesluit en nie n emosionele keuse is nie. As ons met ons emosies moes kies weet ek nie. En as Jesus met sy emosies moes kies was nie een van ons vandag hier nie!!! Sou ons nie vergewe nie beteken dit dat n bose mens se wreedheid ons lewens en gedagtes beheer en daarom probeer ons so veel as moontlik 2 Kor 10v5 toepas deur elke gedagte gevange te neem en aan Christus onderdanig te maak. Die wraak kom ons nie toe nie en as ons dit in ons harte en hande toehou kan ons dit nie oorgee aan ons Vader om te vergeld nie. En Hy is n regverdige regter.
Hierdie is n getuienis en ek wil asb nie n debat begin nie. Ons harte is stukkend, nee, dalk eerder flenters, maar DANKIE hulle leef en ek kan getuig van Jesus se grootheid.

Sonja ·

Wat n wonderlike getuie. Dankie dat jy die Here al die eer gee, want sonder Hom en gebed is ons verlore. Mag die Here Jul familie seen en beskerm! 1 John 4:1-21 ♡

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.