Aanvallers ‘vrolik’ ná hulle man vir dood agterlaat

Argieffoto: Maroela Media

Vermoedelik ses persone, wat die 35-jarige Willem Joubert Dinsdagaand op ʼn plaas naby Broederstroom in Noordwes aangerand en geskiet het, is glo in ʼn vrolike luim weg van die toneel.

Willem Joubert snr., Willem se pa, het Saterdag aan Maroela Media gesê Willem is nog in die intensiewe eenheid van die hospitaal en het nog steeds inwendige bloeding.

Hy het verduidelik Willem het die aand omstreeks 21:30 gaan ondersoek instel omdat die motors se alarms herhaaldelik afgegaan het. Ses verdagtes het op hom toegeslaan en hy is met ʼn piksteel gegooi.

“Hy het opgehardloop na die huis toe om sy sussie, wat in die huis was, te waarsku. Vermoedelik twee persone het hom agternagesit en hy is in sy arm en deur sy long geskiet,” het Willem snr. verduidelik.

Sy 37-jarige sussie het in hierdie stadium van die balkon afgekyk op die toneel en gesien hoe haar broer geskiet word. “Hy het inmekaargesak en sy het gedink hy is dood. Sy het haar eers in ʼn kamer toegesluit, maar toe sy hoor hoe hulle by die huis probeer inbreek, het sy na die kombuis gevlug en kon uit die huis vlug, uit vrees dat hulle haar sou kry.”

Een van die plaaswerkers het haar gehelp om deur die hek te klim en sy en die werker kon wegkruip.

“Sy het gisteraand gesê alles kom stadig na haar terug. Sy het gedink haar broer is dood. Sy is baie getraumatiseerd oor die voorval.”

Nadat Willem geskiet is, het hy self na die swembad probeer gaan, in ʼn poging om die aanvallers weg te lei van die huis. “Hulle het hom ondervra, maar hy was in te veel pyn en het sy bewussyn verloor.”

Willem het weer bygekom en hulle het hom gedwing om op sy maag te lê en hulle het hom vasgebind. “Die aanvallers het hom geskop en ook oor sy rug geloop. Hy het gisteraand eers bewus geword van die rugpyn.”

Willem kon loskom en het die elektriese heining afgeskakel. “Dit was vir hom baie belangrik om hulp te gaan soek, veral om hulp te kry vir sy sussie.”

Willem snr. sê dokters poog steeds om sy seun te stabiliseer. “Hy ontvang tans bloed, want sy bloedtelling is nog baie laag en sy suurstoftelling is ook laag omdat hy in die long getref is. Dokters sal die koeël verwyder sodra hy gestabiliseer is.”

Volgens Willem snr. het sy dogter gesê die groep mans het ná die aanval, naby waar sy weggekruip het, verby haar gekom. “Dit het geklink of hulle op ʼn partytjie was. Hulle was vrolik ná ʼn ‘goeie nag se werk’ en vol vreugde.”

Die aanvallers het skootrekenaars, selfone, ʼn iPad en professionele kamera gebuit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ella ·

Die eerste woord wat ek nou gedink het is vuilgoed! Wat word van ons land as aanvalle en marteling al beskou word as n “werk”?

Elsabie ·

Hoop vir vinnige beterskap. Sterkte aan die familie. Aan ferdie & siek en sat …. ja dit is miskien “dom” en “word wakker en kom by” en ons almal se dit as ons ‘n berig lees waar iemand uitgaan om te gaan kyk en dan gemartel word en en en. Die dag toe hulle my kar voor my in die parkeerarea probeer oopbreek het ek ook die krimineel tromp op geloop en nie gedink nie want die adrenalien het gepomp deur die are. Ja dit was “dom” en ek moes seker “wakker word” maar hopelik is julle nog van die min wat nie deur misdaad geraak is nie. Ek is siek en sat vir mense soos julle – kla oor ALLES !!!!

Tokkie ·

Vir hierdie misdadigers is dit net another day on the job – misdaad is letterlik hulle bron van inkomste – sterkte aan familie

Manna ·

Dis ongelukkig in ons gene om probleme tromp op te konfronteer. Ons is die nageslag van pioneers volk.

Ida Swanepoel Jansen van Rensbur ·

Dit is so hartseer om elkedag die wrede aanvalle te lees, dankie Maroela Media dat jul dit wel dek, mens hoor nooit dat dit enigsins op tv nuus eers genoem word nie! Ek dink dit is n skande dat dit so toegesmeer word!

Pieter ·

Wat verwag jy? Die televisiekanale behoort aan die SABC of Multichoice en vir hulle is plaasaanvalle nie nuuswaardig nie.

Swanna ·

Ek sal graag wil weet of hierdie moordenaars al gevang is. As ek na die foto kyk wat gepubliseer is moet die eintlik maklik vir die ploisie om hierdie klomp bymekaar te kan maak.

SeMaarNet ·

Die wat gevang word kry borg en moor net voort! Hulle word wyd en suid opdrag gegee om te moor .. hoekom en wie sal hulle stop?

Saskia ·

It sounds like a savage crime. I hope these merciless reavers will get the justice coming to them. If you deal fire, you must expect to be dealt fire in return.

heidi ·

Mense moet weet om nooit uit te gaan en te wil gaan kyk wat aangaan nie.kry eerder hulp van buite want hulle lok jou uit.sterkte aan willem en sy familie

Sugar ·

AG en hier praat ons om en verby alles, die aanvallers kry lekker as hulle blankes aanval, verkrag, vermoor en martel. Maar die een wil bid en die ander een wil stem, niemand wil die waarheid sien dat die marteling gepaard gaan met RASSEHAAT nie. Se dit asb tog, ons almal weet dit teen hierdie tyd, dit is net die media wat dit nog SUGAR COAT.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.