Aanvallers wag bejaarde op plaas in

Argieffoto: Reint Dykema

Ses aanvallers wat Donderdagaand ʼn man op sy plaas naby Ermelo in Mpumalanga ingewag en oorval het, is steeds op vrye voet.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 18:10 op ʼn plaas in die Lothair-gebied gebeur.

Volgens Hlathi het die man, in sy 70’s, by die huis aangekom en stilgehou. Toe hy uit sy motor klim, is hy deur ses aanvallers oorval. “Hulle het sy hande en voete vasgebind en geld geëis. Die aanvallers het die man deursoek en kontant asook sy 9 mm-pistool by hom geroof. Hulle het daarna met die slagoffer se motorsleutels op die vlug geslaan,” het Hlathi gesê.

Nadat die polisie in kennis gestel is, is ʼn soektog na die aanvallers van stapel gestuur. Niemand is egter nog in hegtenis geneem nie.

Hlathi het ʼn beroep gedoen op enigiemand met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan om dit by sers. Mary Maphophe by 082 579 0265 of Stop Misdaad by 0860 010 111 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Dirk01 ·

Geen honde……wapen by hom af gevat.Daar moet by boere stelsels in plek gesit word sodat die mense n kans het en onraad kan merk ongelukkig is n boer se lewe in groot gevaar orals waar hy is op n plaas .Trump sal moet met iets vorendag kom…

Cherokee ·

Dirk, ek aanvaar jy het aardrykskunde op skool gedoen. Hièrdie is Suid Afrika, niè Noord Amerika (of die Verenigde State van Amerika) nie. Jy is mos al mooi groot. Moet nie so verward wees nie.

Haan ·

Cherokee jou kommentaar is neerhalend en kom beterweterig voor. Dirk01 maak n geldige punt en jy skiet hom af met jou sarkasme. Jy is mos al mooi groot. Moet nie so verwaand wees nie.

willie ·

En so gaan dit aan en aan en aan…….! Dank Die Vader sy lewe is gespaar! Moet tog net nie die “K” woord sê nie dan is die hel los!

IK ·

Jy klim uit jou voertuig met jou vuurwapen oorgehaal. Natuurlik kyk jy ook waar is jou honde.

Elsabe ·

Johan, ek hoop jy is wakker en paraat. Lees weer die berig oor die boer se wapen….

Cherokee ·

Johan en IK, as julle orals rondloop met oorgehaalde vuurwapens in jul hande, loop soek ek ander geselsskap. Dan is julle ‘n gevaar vir almal om julle.

humor ·

Deeglike honde nie stoeppoepers nie is uiters noodsaaklik. Jy kan onmiddelik met jou aankoms waarneem as daar probleme op die werf is.

Anoniem ·

AmY – Ek stem saam met Jou

6 teen 1 (Aag tog asb maak net die speelveld gelyk – Opperste
L A F A A R D S) Bangbroeke

Verantwoording gaan kom by die GROOTSTOEL ! Bewe solank

Siek en sat ·

Soooo siek en sat vir hierdie Regering wat niks doen om misdadigers erger te straf nie.

Plaasaanval Nommer Hoeveel? ·

Was dit wat Mev Theresa May goedgekeur het? Wonder of sy en CR Space Cakes ge-eeet het vir lunch tydens haar besoek in SA!!

Stan ·

6 aanvallers teen ‘n seventig jarige bejaarde??? Siek en onmenslik, vertel iets van hierdie ‘thugs’ se mentaliteit.

HK ·

Cherokee, eers dag ek los dit net, maar amper elke kommentaar wat jy lewer, is snedig en afbrekend! Duidelik is jou IK en redenasie vermoee ver bo al die ander op MM, of hoe, Jy bou niemand ooit op nie, jou kritiek en skerp tong, laat reeds skugter, onseker, soekend na identiteit, Afrikaanse mense terugdeins! Skaam jou Oom! Help ons bou, laat sak jou skerp, snedige tong! Gebruik dit liewer om t bou! Put that in your pype and “choke” on it! Sies man!

Tech ·

Het iemand nog nie aan drone tegnologie gewerk wat jy ‘n km voor jou plaas kan stop, oor vlieg met heat sensor kamera op die drone en sien of daar iets vir jou wag? Dink dit kan baie help

John ·

Ongelukkig moet mens dit se: Baie van ons ouer boere is hardekwas en woon dikwels alleen op hul plase…. omdat dit myne is en ek maak soos ek wil en soms is hulle ook te suinig om veiligheidsnetwerke te bekom, want Flossie sal ‘hulle’ skrikmaak. Dit lyk regtig of sommiges konfrontasie soek en dit kry. Duidelik het die booswigte geweet die oom bly alleen en sy bewegings dopgehou. Dis nie meer 1918 nie. Hoe jammer ook al.

m.d.r. ·

Wat ek heir skryf gaan waarskynlik nie deur MM geplaas word nie, maar mens kan net probeer:
Vir diegene met ‘n redelike geheue: in 1963 slaan die polisie toe op ‘n ANC/SAKP huis in Rivonia en ontbloot daar ‘n gepoogde rewolusie, kodenaam Operation Mayebuye.
Dit loop uit op die welbekende Rivonia verhoor waar o.a. Nelson Mandela tronktoe gestuur word.
In die dokumentasie van Mayebuye verskyn hierdie paragrafie: “in this period the corner stone of our guerilla operations is:shamelessly attack the WEAK and shamelessly flee from the strong….”
Met al die plaasaanvalle, en die brutale geweld teen bejaardes laat mens die vraag vra:
Is Mayebuye dalk weer skelmsgewyse gereinkarneer…..?

Bejaardes tel darem seker onder die swakkes van ons samelewing….?

REASLIS ·

Veroudering vra nie noodwendig kritiek nie. Ja, veiligheidshulpmiddels, familie betrokkenheid en igesteldheid is van kardinale belang. “Seniors” word stadiger, ook van begrip en optrede, tegnologies “gestremd” en hou vas aan ou gewoontes en beloftes. Hierdie gemeenskap vaal ook in sy meelewendheis en ondersteuning. Soms moet drasties opgetree word. My bydrae.

Oudste ·

Ek stem saam met jou. Die tegnologie maak baie seniors verward, bv hommeltuie ens. Hulle praat van die ou mense wat hardekwas is en die ou gewoontes vaskleef. Dink jou net in: Jy woon vir 50 jaar op jou plaas, vrye ruimtes, vry om jou inisiatiewe in te stel, vry om te beweeg waar jy wil, wanneer jy wil. Nou raak dit gevaarlik en die familie wil jou na ‘n “veiligheidskompleks” / aftree oord skuif. Persoonlik dink ek die blote gedagte aan die ingehoktheid / klagtes van mede inwoners is meer verskrikkend as die aanvalsgevaar. Ek stem saam met die opinie dat die gemeenskap meer betrokke bymekaar moet wees, en veral waar die ouer weerloses saam in die gemeenskap woon.

Gemakserde Sopbeen ·

Cherokee, vee jou af………want ek sou presies dieselfde vir ou Dirk gesê het. Waarom almal so smag na “Trump” om die probleem op te los, sal niemand weet nie. Waar hulle aan die idee kom dat “Trump” enigsens die wil het, of die motivering, of die toerusting om hierdie gemeenskaps-kanker uit te wis………weet niemand nie. Ons kwoteer uit die Bybel, check ons feite teen Siener se boek, en GLO Facebook!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.