Aanvalsgewere, ploftoestelle in huis gevind

Van die vuurwapens en ammunisie waarop daar beslag gelê is. Foto: SAPD

Twee mans, onderskeidelik 22 en 36 jaar oud, is in Khayelitsha in die Wes-Kaap in hegtenis geneem vir die besit van verbode vuurwapens, ammunisie, ploftoestelle en gesteelde eiendom.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die blitspatrollie het Woensdagaand ʼn operasie uitgevoer as deel van die polisie se poging om ernstige en geweldsmisdade in die provinsie hok te slaan.

Blitspatrollielede het op ʼn huis in Solomon Tshukustraat in Gedeelte C van Khayelitsha toegelaan waar hulle die wapens en gesteelde goedere aangetref het. Volgens Traut is daar beslag gelê op ʼn R5-aanvalsgeweer, ʼn R4-aanvalsgeweer en ʼn 9 mm-pistool, asook ammunisie vir verskeie kalibers vuurwapens.

“Daar is ook beslag gelê op onder meer twee ploftoestelkabels, kruit, asook twee koeëlvastebaadjies.”

Die verdagtes sal in die hof in Khayelitsha verskyn sodra hulle aangekla is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Bull

Ag wie gee om ? julle moet maar aanneuk . KILL THE BOER Is nie rassisties nie, so nie een hof in SA is iets werd nie, nog minder die so-called polisiemag. . die land is in sy peetjie in.

Zukof

Kyk na die serial nommers van daai wapens, en gaan kyk waar dit uitgeryk is.

Andre

Stem 100 persent saam jou Bull. Daai selfde wapens gaan nog in die hande wees wat ons broers met mag van hulle plase wil weg jaag.

Vra weer oor n week

Vra die polisie oor n week of twee waar die vuurwapens is……net weer terug in sirkulasie.

Jerry

Baie geluk en baie dankie aan die wetstoepassers wat die wapens ontdek het en die rowers vasgetrek het. Nou hang dit alles daarvan af of die staatsaanklaer korrup is of nie!