Aarbeiboer vermoor: Dogter bring hulde aan pa

Jeffrey en Beverly Zetler. Foto: Facebook

Jeffrey Zetler, eienaar van die bekende Mooiberg-padstal net buite Stellenbosch, is op sy vrou se verjaarsdag vermoor.

Zetler is Saterdag laatmiddag dood nadat hy verskeie kere met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek is in sy kantoor op die Brakelsdal-plaas. Zetler het lone aan sy werkers betaal en was op pad om die groep werkers te vervoer toe hy oorval is.

“Die verdagtes het aangedring op die sleutels van die kluis en Zetler beveel om dit vir hulle oop te sluit. Hulle het hom van kontant én ander goedere beroof en hom daarna met ʼn mes doodgesteek. Zetler is minute later op die toneel dood,” het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê.

IOL berig Zetler se vrou, Beverly, het Saterdag verjaar. “Daar is geen woorde wat ooit ons verlies en verplettering kan beskryf nie. Jeff, Pa, jy het soveel aan so baie mense gegee en so ʼn verskil gemaak in die lewe van jou gesin, jou Joodse gemeenskap, jou vriende, jou personeel en die hele wêreld,” het Nicole Shapiro, een van Zetler se twee dogters, gesê.

“Ons sal nooit jou groot liefde vir jou familie kan beskryf nie en wat jy op jou nederige manier tot ons lewe bygedra het nie. Niks was ooit te veel moeite vir jou nie. Jou warmte, jou positiwiteit, jou krag, jou gemoedelike geaardheid, jou hulpvaardigheid aan almal en die opheffing van almal rondom jou sal vir ewig gemis word. Ons het ʼn gapende gat in ons lewe. Rus in vrede, ons liewe Pa – ons is lief vir jou.” Zetler word Dinsdag in die Joodse begraafplaas van Stellenbosch begrawe.

Zetler is al vier keer vantevore beroof. Hy is tydens een van die voorvalle in die instapkluis vasgebind.

Die polisie het gesê sake van moord en roof word ondersoek. Daar word gesoek na vier verdagtes en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Anja ·

Baie jammer oor julle verlies en baie sterkte aan die Zetler familie.

D V ·

Jammer vir julle verlies. Mag die Here ryklik vertroos met die verlies.

carel ·

wanneer gaan ons pres iets se as n witte vermoor word????? die hele anc het so baie te se as n witte net effens skeef trap komaan pres , wys ons jy is onpartydig

Willie ·

Maar as n anc veteran vrek dan word alle nuus kanale vir n hele week gedenk kanale! Die polisie minister is persoonlik in Kayalichia,die president op die verhoog met sy ‘condolences’ oor Namangagwa ( met n roekelose mense regte rekord) dit oorleef het MAAR 3 boere word elke dag in SA vermoor en dit haal nie eers die nuus nie. Beveiliging moet die hoogste prioriteit in die land wees maar dit gebeur eenvoudig nie!!

Frieda ·

Tragies! Mense ons moet ons self maar beveilig en op die hoede wees. Simpatie en sterkte aan die familie. (Was in Oktober 2017 by Mooiberg Padstal. Aarbeie gepluk en wyn gekoop. Pragtige plek.)

Andrea ·

Bitter jammer v jul verlies.
Word hierdie inligting nog deurlopend na die buiteland gestuur?of het daardie projek platgeval?

Donald ·

Andrea wees deel van die projek. Copy paste die links en vids op groot youtube channels, fb ens. Gebruik google translate en stuur aan webwerwe in ander lande. Gaan mal. Ek persoonlik doen dit maar ek glo ons vryheid le steeds by ons self en nie in die buite land nie.

Popsa ·

Wat ‘n kosbare man is nou verlore vir SA… Die verlies aan sy lewe strek ver, ver verder as sy eie mooi vrou, dogters en ander familie. Die moord op sy lewe raak elkeen van sy werknemers en elkeen van hulle gesinne intens. Sy dood beïnvloed die ekonomie, bemarking en verbruikers van sy produkte beduidend. En die dwase wat hom vermoor het, kan nie slaap nie. Ja, mag hulle nie maklik weer slaap nie. Hoe maklik om af te breek, om te verwoes wat God oor sestig jaar + opgebou het. So lyk die werk van die dwaas!

Rooikop ·

Skokkend !!! En die ANC is tjoepstil insluitende die President ……………..

Donald ·

Hoe gouer ons op hou huil oor die president hoe gouer gaan ons agterkom ons vryheid en veiligheid le slegs in ons eie hande. Ons kan nie die volgende stap neem as helfte van ons mense wag op `n help wat nooit gaan kom nie. Jy moet verstaan. Vir die regering om enigsins plaasmoorde te herken plaas hulle in baie swak lig by hul eie stem groep as ook internasionaal. Hulle skets n prentjie dat hulle steeds die onderdruktes om stemme te werf en mag te behou. Om plaasmoorde te erken kan hulle nie die wit man voorhou as die bose onderdrukker nie.

Manie ·

Mooi gese Donald. Ons moet aanvaar dat die regering niks gaan doen nie en dit net gaan aanmoedig. Ons moet alles doen in ons vermoe om die res van die wereld oor die ANC se menseregteskendings in kennis te stel.

wielie ·

Besef die mense nie hoeveel mense hulle werk gaan verloor of kanverlooras die BOER nie meer daar is???

Hanna Hoekom ·

En onse president swyg soos die graf… Hy is egter baie ontsteld oor die bom ontploffing in Ethiopie… Meneer, die president, jou honey moon tydperk is iets van die verlede. Ons sien nou die ware jy: stille goedkeuring wanneer wetsgehoorsame, belastingbetalende landsburgers uitgemoor word! Hierdie man het werk aan 900 + mense verskaf. Soos n dier afgemaai deur jou ANC ondersteuners! Maar jou dag sal kom CR, glo my, jou dag sal kom…

Waarheid ·

Ons is in n Burger oorlog! Wanneer gaan ons terug veg???

Potparra ·

Met wat? Handwapens en jaggewere? Ketties? Paintball guns en pepper spray?

marous ·

1000 moet nou sonder werk sit dan kan hulle parlement toe loop en op die heerser van die land en sy lakeie gaan skreeu

honourble member ·

Dis so hartseer dat n witte se lewe so geodkoop geword het nie. Sterkte aan die familie

JAN ·

Met die grootste deernis en respek en deur trane sien ons die gevolge van vreemde arbeid.
Die ding waaroor Trump-hulle in VS die stuipe wil kry het 50 jaar gelede hier by ons begin..
Oop grense se gevolge is inderdaad “…. too ghastly to contemplate…”

JAN ·

My vermoede / vrees is dat daar nou ‘n aansoek sal wees vir onteiening van die grond om werk te verskaf vir die 1000 plakkers /trekarbeiders in diens .
Dit het voorheen reeds gebeur dat die arbeiders die eienaars geword het van landbou besigheid.

Carol Langenhoven ·

Hoe weet niemand van die ander werkers wie die moordenaars is nie? Hoe is dit moontlik dat niemand iets gesien het nie? Hy het dan sy werkers net klaar betaal?

Jackie (Griffiths) Van Heerden ·

So baie, baie jammer, Aan: Die Zetler familie, hul kennisse en werknemers oor hulle groot verlies. Innige simpatie en sterkte voorentoe. Mag God julle seen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.