Aarbeiboer vermoor: Polisie maak meer bekend

Jeffrey Zetler (Foto: Facebook)

Die polisie in die Wes-Kaap het Sondag meer inligting bekend gemaak oor die plaasaanval waarin ʼn geliefde Stellenbosse aarbeiboer dood is.

Maroela Media het vroeër berig Jeffrey Zetler, eienaar van die Mooiberge-aarbeiplaas op Stellenbosch, is Saterdagaand dood nadat hy verskeie kere met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê Zetler het lone aan sy werkers betaal en was besig om die groep werkers na hul bestemming te vervoer toe hy oorval is.

“Zetler het met die werkers, waarvan sommige op die agterkant van die bakkie gesit het, na die plaashek toe gery. Toe hy uit die motor klim om die hek oop te maak, het hy opgemerk dat ʼn wit Toyota Quantum hom agtervolg,” sê Van Wyk.

Twee onbekende verdagtes, onderskeidelik gewapen met ʼn pistool en ʼn mes, het Zetler glo genader en hom én die werkers gedreig. Van Wyk sê die verdagtes het die werkers beveel om van die bakkie af te klim.

“Die verdagtes het aangedring op die sleutels van die kluis en Zetler beveel om dit vir hulle oop te sluit. Hulle het hom van kontant én ander goedere beroof en hom daarna met ʼn mes doodgesteek. Zetler is minute later op die toneel dood.”

Van Wyk sê die verdagtes het daarna van die toneel gevlug. Sake van moord en roof word ondersoek.

Zetler se kantore is glo op dieselfde eiendom waar hy aangeval is. Volgens berigte op sosiale media het hy kontant op dié perseel gehou.

Thomas Van Dalen, AfriForum se nasionale opleidingsbestuurder, sê dit is glo die vyfde keer dat Zetler onder ʼn rooftog deurloop.

Zetler, wie se plaas aarbeie aan verskeie kettingwinkels verskaf het, het volgens naasbestaandes glo sowat 1 000 mense in diens geneem.

Na wat verneem word het Zetler se vrou dié naweek haar verjaardag gevier. Hy word op sosiale media bestempel as ʼn geliefde boer van die omgewing wat altyd ʼn “vriendelike praatjie aangeknoop het”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Anoniem ·

Die volgende wat jy hoor sit die werkers n grondeis op die grond in en word dit toegestaan. Nog ñ produktiewe plaas in sy……

Marlene ·

Wat baat die mense uit hierdie aanval. Het hom jare geken, hy is net n goeie mens. Soveel mense werk gegee oor al die jare. Ons as familie se harte gaan uit na sy familie. Mag hulle in hierdie moeilike tyd Die Vader se groot en sterk Hande om hulle voel. Bid vir julle. Rus in vrede Jefferey.

David ·

Baie jammer om te hoor. Sal altyd die kleurvolle voëlverskrikkers in die landerye onthou. Sterkte aan oom se familie.

Nog ‘n duisend mense sonder werk… geen grondeis gaan dít nie omkeer nie

Lizzie ·

Stem saam dat dit gereël was. Hoekom het die werkers nie die booswigte agterna gejaag nie. Te bang vir hul eie mense.

Adam ·

Wat ‘n tragedie! Sterkte aan die naasbestaandes. Kom ons maak egter ‘n som. Enn boer voorsien werk aan 1000 arbeiders wen sorg dus vir kos op die tafel van 4000-5000 mense as ons ‘n gesinsgrootte van 4-5 veronderstel. Boonop betaal enige persoon met 1000 werkers ‘n fortuin aan belastings en baat die staaskas enorm by sy ekonomiese bydrae. Dit word alles in ‘n oogwink weggevee deur die weersinswekkende optrede van gewelddadige misdadigers. Kan die onnosel regering nie insien wat dit aan ons land se ekonomie doen nie!!!!

Weird ·

Ek wonder ook oor die inside job…ons het so baie agterop die bakkie gery en dan gou afgespring om die hek vir die drywer oop te maak. Dit spaar hom die uitklim hek oopmaak, weer inklim, deurry en weer uitklim ens. Hoekom het die boer self uitgeklim en die werkers agterop bly sit? Weird…

lolla ·

selfs ons klim uit en nie die drywer nie…. maar dan almal het regstellende aksie regte en wys hoe selfsugtig die werkers was as dit nie beplan was nie… nou wag ek vir die aanvalle dat mense agterop n bakkie gesit het…. anders moes hulle loop… nie almal hou bussies op n plaas aan nie

Boervrou ·

Want dit is nie hul werksbeskrywing nie. Ek doen niks waarvoor ek nie betaal word nie.

schalk ·

President Ramaphosa dit is tyd dat u en die ANC besef dat Suid-Afrika as land onveilig is vir alle inwoners. Julle kan alle gevangenisse se deure oopgooi, want daar is meer kriminele buite. Sponsor diegene wat wil staak, laat eskom, Sal, spoorweë, poskantoor, munisipaliteite en alle regerings instansieis, skole, universiteite en besighede vou maak die brandstof 1000rand n liter gee die grond vir Malema en sy gesante bleikbaar is hul goeie boere. Julle mors tyd brandaf en vernietig kry nou net klaar. Gatvol vir gebrek aan kapasiteit.As ek kyk is die kriminele baie meer effektief as julle. Hulle sukses met transito rooftogte is beter as Limpopo Noordwes Ooskaap en Vrystaat ens bv bosbou. Bleikbaar moet julle by hulle gaan leer sterkte.

schalk ·

Skokkend maar realiteit. Plaasmoorde, politieke moorde, diefstal misdaad, korrupsie is die logo van die ANC Geluk aan alle politieke partye in SA ons ervaar hoe sukses vol julle is.Lee blikke maak die meeste geraas. MAAR NET EERLIK.

Frieda Summers ·

Nog 1000 werkloses sonder inkomste! Hulle gaan bakhand by regering moet staan. Ek wonder net hoekom het hy die hek oopgemaak en nie een van hulle wat hy vervoer het huistoe???? Dit was beplan deur iemand jy kan hulle nie vertrou.

Ouma ·

Dis so jammer om te hoor. Ons het daar gaan aarbeie pluk en dit was ‘n wonderlike ervaring. Jammer dat nog ‘n persoon, nog ‘n familie, nog ‘n besigheid wat vir soveel ‘n inkomste en heenkome gegee het nou ook in sy petjie is. Sterkte aan die naasbestaandes. #hartseer

Johan ·

Dit was die werkers gewees, ek se jou nou, hoe sien n boer nie n vreemde quantum bussie raak nie? Hoekom steek hulle hom dood en skiet hom nie. Die werkers het hom dood gemaak, hulle dink mos nou is die plaas hulle s’n. Nog n dooie plaas oor 5 jaar.

Alida ·

Jo, ek hoop jy het al gepak voor die groot stormloop Orania toe.

Jo ·

Stormlope kom, glo my. Dis of massagrafte toe of vlugtelingskampe toe in buurlande of na ‘n eie land. Die keuse waarheen is op die stadium nog ons sn.

Blondie ·

Ek is van mening dat hierdie sinnelose moorde definitief georganiseerd is en niks met roof te doen het nie. Hoekom het hulle nou skielik besluit om hom te vermoor. Dis seker verkeerd van my ma hoekom iemand dood maak by wie jy weer kan gaan inbreuk en weer geld kan buit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.