Aardbewing: Drie klinieke in NW beskadig

Een van die winkels in Orkney wat se vensters gebreek het. Foto: Verskaf

Een van die winkels in Orkney wat se vensters gebreek het.

Drie klinieke in Klerksdorp in Noordwes is Dinsdag tydens die aardbewing beskadig.

Volgens die provinsiale departement van gesondheid moes die Stilfontein- en Parkstraat-klinieke hul deure sluit weens struktuurskade aan die geboue.

‘n Derde kliniek is onder administrasie van ʼn myn in Stilfontein. Tebogo Lekgethwane, woordvoerder van die departement, het gesê daar is reeds met herstelwerk by dié kliniek begin en bedrywighede sal na verwagting Woensdag hervat.

Skade wat binne die Spar-winkel in Orkney veroorsaak is. Foto: Verskaf

Skade  binne ‘n winkel in Orkney. Foto: Verskaf

Die departement het intussen gereël dat pasiënte van die klinieke met busse na ander hospitale in die gebied geneem word. Magome Masike, LUR van gesondheid, sal Woensdag die gebied besoek om die skade te beraam.

Maroela Media het vroeër berig minstens 400 huise is Dinsdag tydens die aardbewing in Orkney in Noordwes beskadig, waarvan baie huise en winkels se vensters gebreek het.

Die aardbewing is in groot dele van die land gevoel, maar die episentrum van die skudding was in die Orkney-omgewing.

Volgens die Raad vir Geowetenskappe het die aardbewing 5.5 op die Richterskaal gemeet. Een persoon is dood, en talle mynwerkers was vir etlike ure in ʼn mynskag in die omgewing vasgekeer.

Lees ook:
Aardbewing: Minstens 400 huise in Orkney beskadig
Aardbewing: Hoë geboue in Vrystaat ontruim
Aardbewing: Mynwerkers beseer by Noordwes-myn
Aardbewing: Mynwerkers nie vasgekeer
Mynwerkers vasgekeer na aardbewing
Aardbewing ruk groot dele van SA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.