Aardbewing in Botswana skud SA

Foto: USGS.

ʼn Aardbewing wat omstreeks 19:40 in Botswana voorgekom het, het kort daarna aardskuddings oor groot dele van Suid-Afrika tot gevolg gehad.

Volgens die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS) het ʼn aardbewing van 6,5 sowat 131 km wes van Moijabana, Botswana, voorgekom op ʼn diepte van 11,6 km. Dit was nie onmiddellik duidelik of daar enige lewensverlies was of skade aangerig is nie.

Inwoners van verskeie provinsies in Suid-Afrika het onmiddellik op sosiale media gesê hulle kon die skudding voel. Dit het plek-plek tot ʼn minuut lank geduur.

Die skudding is oor groot dele van Gauteng gevoel, asook in Limpopo, Noordwes, Mpumalanga, die Vrystaat, die Noord-Kaap en glo ook in al die ander provinsies. Volgens berigte kon dit ook in dele van Namibië gevoel word.

Dit volg kort op die hakke van Maandagoggend se aardskudding. Iwoners van onder meer Potchefstroom, Orkney, Klerksdorp, Johannesburg en Pretoria is deur die aardskudding wakker gemaak.

Volgens die USGS het dié skudding van 5,2 om 05:08 voorgekom en ʼn paar sekondes geduur. Dit was naby Stilfontein en ongeveer 41 km vanaf Potchefstroom gesentreer en kon in verskeie dorpe, onder meer Orkney, Klerksdorp, Viljoenskroon en Johannesburg, gevoel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

87 Kommentare

Mariette ·

Ons is in groot Marico dit gevoel het ongeveer 2 minute geduur

Verstom ·

Ons ook skudding gevoel in Roodepoort! Here, wees ons genadig!

waterdraer ·

Jammer vinger fout. “Dit is ons rand en ekonomiese toestand wat geval het”

Nettie ·

Toemaar, waterdraer, ‘n skerp begrip het ‘n halwe woord nodig. Ons het begryp wat jy gesê het en sommer lekker gelag (huil sal tog nie help nie!).

Liendempers ·

Niks in Bloem gevoel. Wonder nou net, my oupa het altyd gese die engeltjies skuif die meubels rond met donderweer. Ek wonder nou of die meubels dalk gegooi word nav al zuma se dinge……

MvN ·

Ek het ook niks gevoel in langenhovenpark nie, maar ek het wel n venster hoor vibreer en toe vra my vrou of ek dit gevoel het…dit was net vir so 5 sekondes.

Christo Visagie ·

Liendempers,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,daar gebeur nooit iets in Bloemfontein nie, nie eers aardskuddings nie ha ha ha

James ·

Het hom duidelik in d noorde v bfn gevoel dog eersis n spook op my bed

Magda ·

Julle gaan n lieflike Christelike samekoms hê een van die dae

Audrey Bierman ·

Dis die voorvader geeste wat ook vir stortkop wil sê hy jaag aan

Zamari ·

Het n trilling gevoel in Plettenberg braai om 19:50. So 30 sekondes lank n ligte beweging gevoel. Kan dit negtig die selfde een wees?

Jean ·

SJoe nee, Ek is in Jeffreys, nie ver weg van Plett en ek het niks gevoel of hoor hier. .

Basjan ·

Tenminste praat almal nou oor die aardbewing. Die Spur kan nou ‘n bietjie rus ?!

Mike de Beer ·

Ons het vriende wat in daardie geweste toer en die vroutjie is maar ‘n moeilike entjie mens..ek het maar net gewonder?

Miandra ·

Ekt dit ook gevoel hie in di noord v Pta.Eers gedink dis di honde wat agter di bank tekere gaan ma kon ni di hond sien ni,stap toe deur toe om te kyk om hy buite is of het ek kop verloor……toe begin di deur skud.

Cherokee ·

In Durban op die strand is woonstelle ontruim. In so ‘n geval word ‘n hysbak nie gebruik nie. Ons was met die trappe op pad na onder toe my vrou onthou van ‘n tannie van 94. Ons is terug na haar en haar dogter. My vrou het haar aan die een arm gevat en ek aan die ander arm. Ons wou haar eers teen die trappe afhelp (11 vloere), toe het ons dit oorweeg om haar rolstoel teen die trappe af te maneuver en toe besluit ons om bo saam met hulle te bly en te sien wat gebeur. Alles het goed uitgewerk en ‘n uur later het mense terug gegaan na hul woonstelle.

Chris Ws ·

Ook in Koster op die plaas erg gevoel.Dit het langer as 2 minute aangehou en gepaard gegaan met ‘n harde gerammel amper soos donderweer.Als het gebewe:tv,dakwaaier se lemme kaste ens.My vrou het in haar rolstoel gebewe!Vanoggend sn het my wakker geskud maar was gou verby.

Jean ·

Nie ‘n aardskudding, net die Rand wat geval het en toe weer :)

Arrian ·

Hier in Tzaneen gevoel, seker so 15-20 sekondes geduur. Vensters selfs geratel.

herbert ·

Ons het dit ook in Oostelike dele van Pta gevoel en ten minste 1 min lank, veilgheidshek voordeur en hek by oprit het geruk, asof iemand daaraan gestaanen ruk het, 1ste keer dat ons so iets so duidelik gevoel en beleef het.

Elizna ·

Ek het vanoggend se skudding gevoel. Ek het wakker geword van my kopstuk en bed wat skud. En dit is in Bloemfontein

Quartus Botes ·

Is die aardbewings nie dalk die voorvadergeeste wat vir Zuma sê hy moet nou maar gaan nie……….?

DR ·

Altwee skuddings gevoel in Bloem, 2De een selfde tyd wat SA afgegradeer is na rommelstatus

André ·

Dis zuma se voorvaders wat van hulle laat hoor oor Gordhan se afdanking. Hulle het mos ook amper die tent laat wegwaai tydens zuma se toespraak.

Justice ·

Hier op die Botswana grens in Limpopo het ek en my hondjie buite die huis gaan staan – dit het gevoel asof alles uitmekaar gaan skud.

Annelien ·

Soos ek die kommentaar lees van Zamari, dit moes dan defnitief n effek hier by ons in Jeffreysbaai gehad het, want ons ligte het daardie tyd n paar keer geflikker.

Elize Kemp ·

Ons huis in Wildernis het ook beweeg rondom 19:45. Was ‘n aardige gevoel.

yvonne nortje ·

Kan iemand vir my se wat die oorsaak was van die skudding? Is daar voltlyne of dormante vulkane by die “epicentre” van die skudding?

Theo ·

Dit moes op ‘n foutlyn wat geskuif heygewees het .Ons het nie dormante vulkane in ons deel vd wereld nie.

Bos Bedonderd ·

Ja selfs die gode is nou kwaad oor die ekonomie en die groot bedrog.

t ·

By ons buite Koster erg geskud en gedreun vir amper 3 minute!Vanoggend vroeg wakker gemaak deur ‘n skudding en sagte gerammel maar dit was gou verby en nie so erg soos die Botswana skudding nie.Familie in Witrivier het dit ook gevoel.

t ·

Dis maar net SA wat in die asblik val. Is mos waar rommel hoort…

BEN ·

Die natuur is wonderlik. Net voor die skudding het die honde onrustig geraak en die Hadidas het begin raas – toe voel ek die skudding by my lessenaar. Dit het om en by 1 minuut geduur. Ek is van Montana in Pretoria.

Henk ·

Lekker om jou skrywe te lees. Dit is so, die skepping is ń wonder en ons wandel daarin!

Amelia ·

Reitz ini Vrystaat. Ongv 2 min. Het boodskappe op wapp gestuur en ekt die tyd daarop bevestig. Ekt vir n vriend gese ek dink hy ga lees tussen 4 en 5. Ek le ini bed agv operasie. Dalk daarom dat ek dit so duidelik gevoel het. Doodstil gele in stil huis.

Gert ·

Ek is in botswana en het niks gevoel nie. Ek was nog besig om in die kaste te soek vir nog n bottie brannas toe almal my whatsapp en vra of ek dit gevoel het…

jaco van rensburg ·

Aan Gert , kon moontlik die vles gewees het wat balans reg gehou het. Vat maar nog een vir spangees.

Landsverraaier ·

Dis oom Gert uit die onder-aarde wat vir Zuma kom haal.

Leo ·

Nog n waarskuwing oor ons land.Ek wonder of daar n derde een gaan wees.

botterblommetjie ·

was mos 3 as ek reg verstaan…. een nou die dag, toe aand en ogg

Andre ·

Ek het dit ook gevoel net n bietjie bier gemors maar ek is ok dankie

Yip ·

Ons was in Laudium in die kerk en die trilling het vir ongeveer ‘n minuut geduur.

Piet ·

Ek was op “honeymoon” in Botswana. Ons het ook niks agtergekom nie.

Hexie ·

Ai Piet, jy het daai katel darem hard geskud. Ons het die trillings in Rustenburg ook gevoel.

Rapie ·

Het dit in Vaalpark (Sasolburg) duidelik gevoel. Omtrent vir 7-10 sek. Al die honde in die buurt het begin ook blaf…..

MeisieMens ·

Ons bly in Klerksdorp en na gisteroggend se skudding, het ons gedink dis na skok… Was amper vir my meer vreesaanjaend as die oggend se skudding… Die ligte het geswaai, maar jy hoor niks. My meisiekind het gedink dis ‘n spook!

Juan ·

Ek bly in ñ penthuis op sewende vloer. Opgevlieg van my bed wat beweeg, dit was erg , jy kon die trillings reg deur vloer voel so 3 min lank. PTA NOORD. Ek kon nie glo my bed beweeg! Dog daar iemand onder.lol

Charmaine ·

Nou ja well fine, met al die sekuriteit by die sjebeen in Saxonworld kan hul nie die aardbewing keer, next stop – firepool

jaco van rensburg ·

Wat gebeur in die Kaapsevlakte as SA n grote moet kry. Is daar nie voutlyn wat daar deur loop nie

Wilmarie ·

In Ellisras het ons hom goed gevoel. Dit was scary jong.

jaco van rensburg ·

Wat gebeur in die Kaapsevlakte as SA so iets in die see kry

Frans C ·

Geringe skudding vasgevang op CCTV kamera in Benoni in Brentwood uitbreiding. Self niks gevoel nie,maar dit was ‘n openbaring om die video op sosiale media te sien.

Monica Grobbelaar ·

Ons woon in Tarlton Krugersdorp. En ek het dit duidelik gevoel. Die stoel waarin ek gesit het, het soos n rocking chair gevoel. Groot geskrik.

jeanne hugo ·

Het in Roodewal Bloemfontein duidelik gevoel. Vraag is waarheen hardloop jy as dit ‘n reuse aardbewing is? Nou begryp ek die vrees wat mense oorsee beetpak met ‘n aardbewing.

Skim ·

EN so wys GOD maar net weer wie is in beheer, ons wik maar God beskik, ons bekommer ons oor die Rand en oor Zuma en God skud ‘n hele land wild en wakker …

Anthoné Coetzee ·

Was nogal scary en vreemde ervaring! Ons bly in Phakalane, Botswana en het dit vir seker gevoel!! Het nie geweet wat om te doen nie, toe hol ons maar buite toe en gaan staan in die straat – al ons bure was ook op straat ??

foxi ·

Julle is almal verkeerd……..dit was die dreuning van die regering se danspassies wat dit veroorsaak het. So……hulle hoef nie dit te ondersoek nie……..tydmors.

sarie ·

Krugersdorp Noord het plek-plek nie water by die huise nie. Is dit dalk hoekom? Bekommetde ouma en ma van Roodepoort.

Grotman ·

Ek is in Potchefstroom. Dit het so erg hier geruk, ek het 20kg verloor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.