Aardbewing in Johannesburg

Bvnc46LIAAE54iG‘n Aardbewing het Johannesburg vroeg Vrydagoggend getref.

Volgens die Amerikaanse geologiese opname (USGS) het die aardbewing met ‘n magnitude van 4.6 omstreeks 1:00 Vrydagoggend plaasgevind.

Die aardbewing het sowat 12km wes van Orange Farm teen ‘n diepte van sowat 10km voorgekom.

Die aardbewing is glo onder meer in Westonaria, Fochville en Soweto gevoel.

Dit is die tweede aardbewing in Suid-Afrika in minder as drie weke.

‘n Aardbewing van 5.5 op die Richterskaal het op 5 Augustus naby Orkney in Noordwes voorgekom en is oor groot dele van die land gevoel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Grapjassie ·

En hoor jy die magtige dreuning…van EFF se hoedjies op die tafel…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.