Aardbewing: Minstens 400 huise in Orkney beskadig

Skade in Orkney. Foto: ER24

Skade in Orkney. Foto: ER24

Minstens 400 huise is Dinsdag tydens die aardbewing in Orkney in Noordwes beskadig.

Die aardbewing is in groot dele van die land gevoel, maar die episentrum van die skudding was in die Orkney-area.

Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, het gesê Khuma, die informele nedersetting, het ook erge skade aangemeld. ʼn Naskok het ook Khuma getref.

Die aardbewing het 5.5 op die Richterskaal gemeet.

Lees ook:
Aardbewing: Hoë geboue in Vrystaat ontruim
Aardbewing: Mynwerkers beseer by Noordwes-myn
Aardbewing: Mynwerkers nie vasgekeer
Mynwerkers vasgekeer na aardbewing
Aardbewing ruk groot dele van SA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

2Roedolf1 ·

Ons bly in Bothaville en dis sowat 60km van orkney af baie ou huise het skade gekry ,maar ons is dankbaar vir n nuwe dag en dink aan die mense in orkney en klerksdorp wat die ergste deel gekry het

Paplepel ·

Wag nou net so ‘n rukkie dan gaan ons uit een van die parlemetariërs se mond uit hoor dat dit eintlik Apartheid se skuld is. Net soos die droogte Apartheid se skuld omdat hulle groot damme gebou het wat moeilik vol word en nie ‘n klomp klein damme wat maklik vol word nie. Aldus ‘n voormalige “Queenstown Town Counsillor”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.