“AngloGold Ashanti bevestig dat ‘n aardbewing van 5,3 magnitude naby sy Vaalrivier-bedrywighede plaasgevind het, teen ‘n diepte van sowat 8km,” het Chris Nthithe, woordvoerder van AngloGold Ashanti, in ‘n verklaring gesê.
Volgens voorlopige aanduidings is 17 werknemers by ons Great Noligwa- en Moab Khotsong-myne lig beseer en is hulle op die toneel deur nooddienspersoneel behandel.”
Nthithe sê die kragtoevoer is tydelik onderbreek maar is sedertdien herstel. Hy sê ingenieurs het begin om die skagte skoon te maak.
“Ingenieurs inspekteer die skaginfrastruktuur, en by die skagte waar dit voltooi is, word werknemers na die oppervlak gehys.”
Volgens die Amerikaanse Geologiese Opname was die episentrum van die aardbewing sowat 6km oos van Orkney in Noordwes en het dit 5,3 op die momentmagnitudeskaal gemeet.
Lees ook:
Aardbewing: Mynwerkers nie vasgekeer
Mynwerkers vasgekeer na aardbewing
Aardbewing ruk groot dele van SA