Aardbewing: Mynwerkers beseer by Noordwes-myn

Die episentrum van die aardbewing naby Orkney in Vrystaat.

Die episentrum van die aardbewing naby Orkney in Vrystaat.

Sewentien werknemers is by AngloGold Ashanti se Vaalrivier-bedrywighede in Noordwes beseer na Dinsdag se aardbewing.

“AngloGold Ashanti bevestig dat ‘n aardbewing van 5,3 magnitude naby sy Vaalrivier-bedrywighede plaasgevind het, teen ‘n diepte van sowat 8km,” het Chris Nthithe, woordvoerder van AngloGold Ashanti, in ‘n verklaring gesê.

Volgens voorlopige aanduidings is 17 werknemers by ons Great Noligwa- en Moab Khotsong-myne lig beseer en is hulle op die toneel deur nooddienspersoneel behandel.”

Nthithe sê die kragtoevoer is tydelik onderbreek maar is sedertdien herstel. Hy sê ingenieurs het begin om die skagte skoon te maak.

“Ingenieurs inspekteer die skaginfrastruktuur, en by die skagte waar dit voltooi is, word werknemers na die oppervlak gehys.”

Volgens die Amerikaanse Geologiese Opname was die episentrum van die aardbewing sowat 6km oos van Orkney in Noordwes en het dit 5,3 op die momentmagnitudeskaal gemeet.

Lees ook:
Aardbewing: Mynwerkers nie vasgekeer
Mynwerkers vasgekeer na aardbewing
Aardbewing ruk groot dele van SA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.