Aardbewing: Mynwerkers nie vasgekeer

Skade in Orkney. Foto: ER24

Skade in Orkney. Foto: ER24

Paramedici het bevestig dat geen werkers in myne in Orkney, Noordwes vasgekeer is na Dinsdag se aardbewing nie.

Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, sê paramedici is na een van die myne ontbied na berigte dat werkers vasgekeer is.

“Niemand is vasgekeer nie. Meeste werkers in die onderskeie myne is na die oppervlak gebring. Meeste skagte is ontruim.”

Majija het vroeër bevestig dat een persoon dood is nadat ‘n muur glo meegegee en op hom geval het. “’n 31-jarige man se liggaam is in ‘n ou myndorpie in Orkney gevind. Daar het rommel bo-op hom gelê.”

Volgens die Amerikaanse Geologiese Opname was die episentrum van die aardbewing sowat 6km oos van Orkney in Noordwes en het dit 5,3 op die momentmagnitudeskaal gemeet.

Lees ook:
Mynwerkers vasgekeer na aardbewing
Aardbewing ruk groot dele van SA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.