Aardbewing ruk groot dele van SA

Die episentrum van die aardbewing naby Orkney in Vrystaat.

Die episentrum van die aardbewing naby Orkney in Vrystaat.

ʼn Aardbewing is Dinsdag omstreeks 12:30 in verskeie provinsies landswyd gevoel en het vinnig sosiale media op hol gehad.

Volgens die Amerikaanse Geologiese Opname was die episentrum sowat 6km oos van Orkney in Noordwes en het dit 5,3 op die momentmagnitudeskaal gemeet.

Michelle Grobbelaar, ʼn seismoloog van die Raad vir Geowetenskappe, het aan Maroela Media bevestig dat die sentrum oorval word met oproepe van mense wat navraag doen oor die aardbewing.

Sy het gesê hulle werk tans daaraan om inligting van dwarsoor die land in te samel en om die oorsprong van die aardbewing, en die sterkte daarvan, te bepaal. Die raad sal binnekort ʼn verklaring uitreik.

Maroela Media se lesers het intussen laat weet dat die aardskudding in Gauteng, Noordwes, Limpopo, Mpumalanga, Vrystaat en selfs die Noord-Kaap gevoel is.

Lesers het laat weet dat hulle die skudding gevoel het en meubels of ruite sien beweeg het. ʼn Leser van die Vrystaat het laat weet dat hy kon hoor hoe die gebou waar hy werk, kraakgeluide maak.

In Pretoria is dit in Centurion en dwarsoor die res van die stad gevoel. Dit is ook in Bronkhorstspruit en Hartbeespoortdam gevoel.

In Johannesburg was die skudding glo erger as in Pretoria en is dit onder andere in Vanderbijlpark, Alberton, Springs, Boksburg, Carletonville, Vereeniging, Benoni, Nigel, Heidelberg en Kempton Park gevoel.

Maroela se lesers het ook laat weet dat hulle die skudding in Bloemfontein, Sasolburg, Parys, Welkom, Reitz, Hennenman, Deneysville, Odendaalsrus, Wesselsbron en Viljoenskroon in die Vrystaat gevoel het.

Volgens lesers is dit ook in Thabazimbi, Mookgophong (Naboomspruit), Bela-Bela (Warmbad) en Lephalale (Ellisras) in Limpopo gevoel.

In Noordwes is die skudding in Potchefstroom, Sannieshof, Bloemhof, Vryburg, Zeerust, Rustenburg, Coligny, Ventersdorp, Brits, Lichtenburg, Wolmaransstad en Orkney gevoel. In Klerksdorp het die skudding glo ‘n kragonderbreking tot gevolg gehad.

Daar is selfs lesers van die Noord-Kaap wat sê hulle het die skudding in Hartswater en Kimberley gevoel.

In Mpumalanga is die skudding glo in Ogies, Middelburg, Standerton, Witbank, Evander en Delmas aangemeld.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Estelle ·

Gedog daar is iets fout met my stoel so het dit gebewe en toe begin die plante in die kantoor rond skuif! Dit is ‘n baie goor ondervinding!

Benita ·

Richterskaal… werklik? Hoekom die 1960s skaal gebruik as die res van die wêreld sedert die 1970s al die Moment Magnitude skaal gebruik?

Sune van Heerden ·

Dagsê Benita

Volgens Herman Toerien word aardskuddings in Suid-Afrika nog met die Richterskaal gemeet, met ʼn Suid-Afrikaanse toepassing.
Ander meer gevorderde lande gebruik die momentmagnitudeskaal.
Volg gerus Maroela Media se beriggewing oor aardskuddings wêreldwyd om die gebruik van die verskillende skale te sien.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

bennie de bruyn ·

Ons het niks in bethal gevoel nie… Toe ek hoor hier van het ek gedink dis sasol wat we ontplof het

Frieda ·

Ons bly in Stilfontein en het ook erg deurgeloop drag ook .af. Ons veneem dat 10 skag Vaal reefs toegeval het, weet nie of dit waar is.

Ancel Earle ·

Ons is Bothaville in die Vrystaat en het die aardbewing gevoel. Ek ken aardskudings 23 jaar in We
lkom gebly, hierdie was vir my die ergste. Ek het gedink ons gebou in die industrieele
gebied se vensters gaan uitval, ons het toe uitgehardloop en ‘n ruk daarna het nog van diie
deure gerammel. Tot ons papegaai het gewys dat iets snaaks gebeur het. Ons dink aan
Klerksdorp en Orkney wat skade en besering het. Sterkte

Marietjie ·

Het gelyk of iemand my rekenaarskerm skud hier op die plaas tussen balfour en devon

charmaine ·

Ons is in Brooklyn(Pretoria) en dit het gevoel of iemand aan my stoel ruk.
Maar dit was wyd!

Lala Schrenk ·

Ek het in die Wimpi gesit by die Diamond Pavillian mall hier in Kimberley,toe die bank onder my begin bewe!! Ek dog dis die vrou oorkant my wat ‘rattle’, maar toe nie. Op presies dieselfde oomblik, het my dogter in Kroonstad vir my n whatsapp boodskap gestuur en gese dit was verskriklik erg in Kroonstad!! Sy se, ‘ma,die stoof het beweeg,ek wou weghol!’

Rieks ·

Werk op die 2de vloer van ons gebou en ek het lank laas in my lewe trappe 5 x 5 gevat om uit te kom!!! Dog ons gaan in die “basement”opland wat 1 vloer onder gronds is!!! Weet ook nie juis hoekom ek gedink het dit is veiliger buite as binne nie?! Randburg kan werklik sê – We felt the earth move!!!!

Johann Roux ·

Stem saam Rieks. Ons Randburgers het geloop en slinger sonder enige slinger-hulpmiddels.

Mone Sethibe ·

Ons in Jwaneng Botswana het ook die bewing gevoel. Tot in Gaborone

Mone Sethibe ·

Ons in Jwaneng Botswana het ook die bewing gevoel. Tot in Gaborone

L jvr ·

Hier in Bethlehem ook gevoel. Eers gedink dis rukwinde. Bel toe maar almal om seker te maak ek het dit nie alleen gevoel. Ek moet se dis die eerste keer wat ek so iets ervaar en dis glad nie lekker nie. Sterkte aan almal wat skade het of iemand wat seergekry het.

christelle ·

Ons bly in alberton was besig om my kind te leer tv was af en het doodstil gesit en die volgende oomblik toe bewe als vensters rattle tv rattle vra ek die kinders het jul dit ok gevoel gevoel soos masiewe trok of trein wat verby jou huis ry

Bonita ·

ons het gister v ballito af klerksdorp toe getrek. wat n verwelkoming! was besig om wasgoed op te hang toe diebaatde begin dreun en die geboue skud! ek het dadelik my babatjie in die huis gaan gryp en buite gaan staan. ek het myself doodgeskrik! ons bure se vensters het gebreek!

Deon ·

Ek het in die klas gesit toe dit gebeur het ek het vir my maat lanks my gese moenie die tafel ruk nie toe se sy dis nie ek nie toe weet ek

christa potgieter ·

dit was gaos hier by ons, die huis het geskud en kraak, gerommel en goed het van mure geval, ek het my 2 kleinkinders se handjies gegryp en uit gehardloop, die aarde het gebewe, voels het oral opgevlies met geskreeu, veral hadidas, honde het rond gehol en blaf, en paywing leers het gegil, in die dorp het mense uit die Mall gepeul en geskreeu, gou was die strate vol mense,….ek het net gekyk en wag dat my huis inmekaar val of aarde oop skeur, ek en my klein kids het gestaan en bewe, my dogter wat pas gestop het, het gedink haar motor bande is pap, syt nie besef dis aardbewing nie…..dit het ons klein blik op die eindtyd se gaos gegee

christa potgieter ·

dit was gaos hier by ons, die huis het geskud en kraak, gerommel en goed het van mure geval, ek het my 2 kleinkinders se handjies gegryp en uit gehardloop, die aarde het gebewe, voels het oral opgevlies met geskreeu, veral hadidas, honde het rond gehol en blaf, en paywing leers het gegil, in die dorp het mense uit die Mall gepeul en geskreeu, gou was die strate vol mense,….ek het net gekyk en wag dat my huis inmekaar val of aarde oop skeur, ek en my klein kids het gestaan en bewe, my dogter wat pas gestop het, het gedink haar motor bande is pap, syt nie besef dis aardbewing nie…..dit het ons klein blik op die eindtyd se gaos gegee

christa potgieter ·

ek was in die huis saam my 2 kleinkinders toe als begin skud en rommel en goed van mure val, ek het die 2 kindertjies handjies gegryp en uit gehardloop, buite het die honde rond gehardloop en blaf, voels het oral uit bome opgevlieg en geskreeu, veral hadidas, mense het gegil en my dogter het gese dit het gevoel asof haar motor se bande pap is, in die dorp het mense geskreeu en uit die Mall gehardloop, gou was die straat vol mense…..die gaos het soos eindtyd gevoel

Patrick Van Niekerk ·

Christa Potgieter,
Aardbewings gebeur al vir miloene jare lank. Gaan lees ‘n bietjie oor presies wat die oorsaak is van aardbewings. Dit het absoluut niks te doen met “die laaste dae ” nie

Leeutjie ·

Ek het ook maar stilweg ‘n gebedjie opgese net vir ingeval!

Dawie ·

Patrick, Patrick,

Wakker word broer, gebrek aan Kennis ( van die Woord en profesie ) is ‘n erge armoede

Groetnis.

Karin Venter ·

Ek werk by die SAPD se Speurtak in Modjadjiskloof. Ek het nie die presiese tyd gekyk nie, ek was alleen in my kantoor. ‘N Staalkas met dubbeldeure, wat teen die muur agter my staan, het skielik geruk asof iemand van binne die kas probeer om die kas oop te maak. Ek was benoud. Dit het vir etlike minute aangehou en weer gestop soos dit begin het. Baie skielik. Ek het rondgevra maar niemand kon my antwoord nie. Eers vandag het ek verneem van die aardbewing van gister.

Kezia ·

ons bly self in Orkney… Ek is in Hoerskool Orkney… Dit was pouse maar ek en my vriendinne het in die klas gebly… Die derde verdieping… Bo die fisiese klas (met gevaarlike chemikaliee)… Joh ek dink nie ek kan beskryf hoe dit gevoel het nie… Dit was vreesaanjaend! Almal was onder die tafels in toe gryp ek net die tafel vas… Het nog gekyk na die vensters… Was bang dit bars! Gelukkig is niemand beseer nie en ons skool en huis staan steeds! So dankie tog dit was nie so erg soos Chillie nie… Joh dink net hoe hulle moes voel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.