Aardklop gaan voort

‘n Volgepakte feesterrein by Aardklop 2019 was ‘n algemene gesig (Foto: Verskaf)

Aardklop se organiseerders het pas aangekondig dat dié kunstefees vanjaar voortgaan soos beplan.

Die regering het intussen bekendgemaak dat skole op 22 September vir die vakansie sluit en op 28 September heropen.

“Met hierdie datums in gedagte is dit vir ons aangenaam om aan te kondig dat Aardklop steeds voortgaan,” het Delmari van Zyl, bestuurder van borge, media en bemarking, gesê. Die datums vir vanjaar se kunstefees in Potchefstroom, Noordwes, is Dinsdag 22 tot Sondag 27 September.

“In spanningsvolle en onseker tye het die kunste egter juis ʼn waardevolle bydrae om te lewer,” sê Alexa Strachan, hoof- uitvoerende beampte van die fees. “Die kunste speel ʼn rol in mense se emosionele en psigiese welstand.”

Feesgangers op Aardklop se feesterrein (Foto: Verskaf)

Kunstenaars, tegnici en ander betrokke partye spook tans om kop bo water te hou, daarom is die aanbieding van die fees ʼn noodsaaklikheid. Strachan meen dis ook die perfekte wegbreekkans vir Jan Alleman.

“Ons bied alles wat jy nodig het om asem te skep en jou battery as’t ware te herlaai,” sê sy.

Die organiseerders is reeds besig om saam met kunstenaars, tegnici, entrepreneurs en ander betrokke partye aan die fees te beplan.

“Ons is volstoom besig om die feesprogram saam te stel en is met alle rolspelers in verbinding,” het Delmari van Zyl, bestuurder van borge, media en bemarking, gesê.

Kunsliefhebbers word uitgenooi om van 22 tot 27 September saam te kuier wanneer dié fees oudergewoonte in Potchefstroom aangebied word.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Erik ·

As ek hulle was sou ek dit miskien nie aangekondig het nie aangesien die toekoms tans nog onseker is. Ek hoop wel dat teen daai tyd ons weer normaal sal kan aangaan en wel Aardklop sal kan ondersteun.

Lizel ·

Weet Aardklop iets van die virus wat die res van ons mis? China sukkel al van Desember af (vermoedelik vroeër en begin nou eers weer hul voete vind – wat laat Aardklop organiseerders dink September is als net fine?

JC Venter ·

Dis nou 3 maande na China die eerste geval ervaar het, ons het darem ‘n voorsprong bo hulle en dit is dat ons en ander land betyds kon begin voorsorg tref, daar is nog 5 maande oor voor September. Dalk besluit die regering die ekonomie kan nie vir so lank gesluit bly nie, dalk besluit hulle om die tyd van inperking te verleng en die maatreels nog strenger te maak.

JC Venter ·

Erik en Lizel, Aardklop het dit besluit na die ANC-regering bekendgemaak het dat die skole op 22 September vir die vakansie sluit en op 28 September heropen. Dus is dit die regering wat met hul bekendmaking aangedui het dat als sal teen daardie tyd normaal funksioneer. Anders gestel, die regering het ‘n verwagting geskep dat als sal teen daardie tyd normaal wees en Aardklop het daarvolgens reageer.

Nou word mens skeef aangekyk as jy jou planne vooruit aankondig. Ek het sekere planne vir Kersfees, maar ek mag dit nie hier noem nie, ook nie dat ek planne het nie, dis nog té voortydig en onvanpas op hierdie stadium.

Chantel ·

En die ANC is mos die wat dit mag aankondig? Nee wat ek wag maar tot ek deur die regte kanale dit hoor en ook op die nuus. Jy kan mos maar jou planne maak soos jy wil.

Chantel ·

Ek wil asb weet waar het hulle gehoor skole sluit in Sept, want ek sien dit nêrens nie

Jan ·

Julle het vas geslaap china is al twee weke up en running al hul fabriele werk weer en byna nul corona …en hulle kan dus die weste ekonomies oorwin …

Moedeloos ·

Sover my kennis beplan die onderwys dept nog of daar n Sept vakansie gaan wees ag skoolwerk wat nou sover agter raak.

ElizeK ·

JC Venter is jy n redakteur?
Jy het wragtig op elke plasing n eiertjie te lê!!!

JC Venter ·

Ek respekteer jou opinie Elize, nie probleem nie, maar darem nie by elke artikel nie, net as ek dit nodig ag of voel ek kan iets sinvols bydra. Ek is maar ‘n realis en het nie ‘knee-jerk’ reaksies nie. Ek dink eers voor ek reageer en sal ook eers bronne raadpleeg. Help my dan wys jy onderaan die kommentaar waarvan jy nie hou nie, waar jy verskil of waar ek verkeerd gaan en buite orde is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.