Aardklop klop dalk gou weer

aardklopDie Aardklop-belanghebbendesgroep het Woensdag gesê hulle is “baie positief” dat dit moontlik is om die gewilde Aardklop Kunstefees op Potchefstroom vanjaar te laat voortgaan.

Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV en woordvoerder van die Aardklop-belanghebbendes, het in ʼn verklaring gesê die grootste hindernis vir die voortbestaan van die fees is genoegsame borge. “Een van die belangrikste aspekte om die fees te laat plaasvind, is om voldoende borge te kry om die fees moontlik te maak. Indien voldoende borge betyds aan boord kom, is daar geen rede dat daar nie vanjaar van 4 tot 9 Oktober ʼn Afrikaanse kunstefees op Potchefstroom kan plaasvind nie,” het hy gesê.

Volgens Gouws het die Aardklop-belanghebbendes, wat bestaan uit verteenwoordigers van die Potchefstroom Sakekamer, die Potchefstroom Stadsraad, gemeenskapsleiers uit Potchefstroom, die Noordwes-Universiteit, stigtersborge asook ander borge en medewerkers van die kunstefees, Dinsdag vergader om te besin oor die haalbaarheid daarvan om die fees te laat voortgaan.

“Tydens gister se vergadering is verskeie aspekte van ʼn moontlike fees in Oktober indringend bespreek. Daar is ook gekyk na die omvang van hoe die fees aangebied is, asook na die terugskuif van die feesterrein na Die Bult waar die fees in die beginjare aangebied is,” het Gouws gesê.

Hy het gesê die groep is ná afloop van die vergadering baie optimisties dat voldoende borge bereid sal wees om die fees nog ʼn jaar moontlik te maak en dat hulle oor die volgende paar weke sal poog om hierdie borgeskappe te beklink. “Ons is regtig beïndruk met die entoesiasme van baie instansies, sakeondernemings en gemeenskapsleiers in Potchefstroom dat die fees moet voortgaan. Ons doen ʼn beroep op alle belanghebbendes om positief by hierdie inisiatief betrokke te raak,” het hy gesê.

Hy het gesê verdere aankondigings sal gemaak word sodra daar ʼn vaste besluit geneem is of die fees wel vanjaar aangebied sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ken die Kunste ·

Nou toe! Mag ek ook op hierdie aardklop wa spring. Goeie werk. Probeer. Maar saam probeer, leer ‘n les!! Die uitbyt van die verdruke afrikaner kan nie ongesiend verby gaan nie! Die outjies wat probeer red en die “fame” van ons land moet gehoor gee. Drop julle pryse! Besef die mensdom het nie meer sakke vol geld nie. Ons koop eerder brood voor ons ‘n cd koop, ons koop eerd ‘n stukkie vleis vir R110 voor ons ‘n kaartjie koop om julle in aksie te sien. Maak aardklop – soos aardklop was. Dat hierdie ouens optree, hulle cds verkoop en gaan. Hou die hek van feesvier oop – soos dit was. Toe die toegang begin toetree, toe tree die middelklas afrikaner agter toe. Ons kan dit nie bekostig nie. Dit het te duur geword. Waarom so magdom verhoë? Een of twee is voldoende. En as die fees miere nie so baie by die hek hoef te betaal nie gaan hulle jou cd koop. Maar soos dit is , is daar ‘n klompie van hierdie kunstenaars wat nie ‘n duit omgee wat hulle vra nie en so vermoor hulle die kunste. Dis hoe dit is!

Jan maak n Plan ·

Stem volkome saam met Ken die Kunste. Ek wil ook gaan kyk maar betaal hier en betaal daar – aikona dan bly ek by die huis. EN los sommer die laaste sogenaamde borg uit – hulle is ons suiwel boere nie baie goed gesind nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.