Aardklop-toekennings: ‘Melk & Vleis’ maak skoonskip

Illse Roos (Foto: PictureCafé)

Die Aardklop-toekennings, wat die beste skrywers en akteurs by dié jaar se Aardklop Nasionale Kunstefees op Potchefstroom vereer, is Vrydagaand uitgedeel.

Alexa Strachan, Aardklop-feesbestuurder, is tydens dié geleentheid vir ʼn tweede agtereenvolgende jaar luidkeels toegejuig vir die besonderse sukses wat dié fees behaal het nadat die fees se oorlewing in 2016 as ʼn “wonderwerk” beskryf is – soos Strachan self daarna verwys.

Twee ekstra kategorieë is by vanjaar se toekennings gevoeg; die “Hartsvriende beste produksie” en die beste uitstalling.

Die verhoogproduksie Melk & Vleis, die eerste resultaat uit die teksmark wat verlede jaar in Kaapstad aangebied is, het volgens die Aardklop-paneel bo meeste ander produksies uitgetroon. Illse Roos, Paul du Toit, Nomkhita Bavuma en Sesethu Zamxaka is in dié produksie te sien wat met altesaam vyf van die sewe toekennings weggestap het.

Melk & vleis is nog op 8 Oktober op Aardklop te sien in die Weet-en-Sweet-lokaal op die NWU se Potchefstroom-kampus. Kaartjies is beskikbaar by Computicket. Lees ook Maroela Media se resensie oor dié produksie.

Hier is die wenners:
Beste aktrise
Illse Roos (Melk & Vleis)

Beste akteur
Paul du Toit (Melk & Vleis)

Aardklop beste regisseur
Marthinus Basson (Melk & Vleis)

Aardklop beste algehele aanbieding
Melk & Vleis

ATKV – Aardklop-toekenning vir grensverskuiwende werk</strong
Marina Albertyn (Teks: Melk & Vleis)

Visuele kuns: Beste uitstalling
SNAKE EYES 2.0 van The Found Collective

Hartsvriende – Beste produksie
Weerkaats met Milan Murray

Paul du Toit (Foto: PictureCafé)

Marthinus Basson (Foto: PictureCafé)

Milan Muray (Foto: PictureCafé)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.