Aardklop: Waar is die Afrikaanse leiers?

V.l.n.r. is die joernalis Jan-Jan Joubert, advokaat Lennit Max van die VF Plus en die meningstukskrywer Alida Kok saam met Waldimar Pelser. (Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media)

Waar is die helderdenkende leier van die hedendaagse Afrikaner? Is die Afrikaner nog ʼn gemeenskap met werklike politieke mag?

Waldimar Pelser, aanbieder van Verslag op kykNET, het Donderdag dié vrae saam met ʼn paneel kundiges tydens die Aardklop-opwipfees in die FAK se liedjietuin by die Voortrekkermonument deurgetrap.

Pelser se gespreksgenote was Jan-Jan Joubert, gesoute politieke skrywer; Alida Kok, ʼn meningsvormer; en Lennit Max, die VF Plus se burgemeesterskandidaat vir Kaapstad.

Die paneel was dit eens dat Afrikaners en Afrikaansesprekendes beslis ʼn hunkering het na ʼn leier, en hulle soek ʼn goeie leier, maak nie saak in watter soort verpakking die persoon kom nie.

Of daar egter tans so ʼn persoon is wat dié bevolkingsgroep kan inspireer om te verenig, was debatteerbaar.

“Taal gee identiteit. As jy mors met ʼn volk se taal dan kry jy weerstand want jy mors met sy identiteit,” was Max se mening.

Hy het bygevoeg hy is gereed om leierskap te bied. “Mandela was ʼn goeie voorbeeld van ʼn leier wat die hele Suid-Afrika agter een ideaal verenig het. Die ANC het egter nou ander taalgroepe en bevolkingsroepe vervreem. Ons sal ons taal en kultuur moet beskerm en bewaar vir ons nageslag.”

Joubert het gewaarsku teen leierskapposisies wat mense slegs mobiliseer op grond van ras.

“Daar is baie mense wat hulle self as leiers wil aanstel, maar jy moet ligloop want jou volgelinge kan maar moeilik wees.”

Op die vraag of Afrikaansprekendes enige politieke mag het, het Joubert gesê dat hulle as ʼn stemblok van groot waarde vir ʼn politieke party is. “Afrikaanse kiesers gaan stem nog, en hulle doen dit in groot getalle.”

Kok het opgemerk dat daar tans sterk leierskap onder Afrikaanssprekendes op die gebied van die burgerlike samelewing is.

“Ek dink op politieke gebied soek ons almal in Suid-Afrika na ʼn tegnokraat wat die knoop kan deurhak, maar dan is daar die moeilike definieerbare iets wat ʼn leier ook oor moet beskik; noem dit hoop, visie of ʼn gedagte. Ons soek ook daarna.”

Kok meen die fokus skuif toenemend na die burgerlike samelewing hoewel Afrikaners nie kan besluit om heeltemal buite die politiek te beweeg in ʼn parallelle stelsel nie.

“Ons moet steeds stem sodat ons toegang tot die politieke stelsel kan hê. ʼn Politieke stelsel kan in elke geval nie vernuwing bring nie, dit kom gewoonlik uit ʼn land se mense.”

  • Die Aardklop-opwipfees duur nog tot Sondag 3 Oktober. Besoek Aardklop se webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Chris dupreez ·

Almal is maar net daar vir die salaris. Vuur en vlam voor die verkiesing en doodstil daarna, dan moan hulle net oor die ander partye en doen nie hulle voorverkiesing beloftes gestand nie. Almal.

Pablo ·

Absoluut dieselfde denke hier. Na die verkiesing verdwyn hulle net.

RB ·

Adv. Max, nie almal deel jou mening oor Mandela nie. Daar is geen manier hoe hy hierdie ‘leier’ was ‘wat die hele SA . . . verenig het’ nie.

Die Afrikaner is mislei en uitverkoop aan terroriste. Hy was hùlle leier. Hy het geweet van elke aanval op sagte teikens – vroue en kinders. Elke politieke leier het ‘n eie agenda èn kan motiveer waarom hulle sekere keuses maak. Sy agenda was hùlle vooruitgang ten koste van ander.

Jy sal mý nie oortuig dat hy ‘n held was nie.

Willem ·

So – Max wil nou die leier wees van die Afrikaners? Vir my beteken dit daar ‘n probleem is met sy en sy gespreksgenote se definisie van die Afrikaner. ‘n Volk is beslis nié net deur die taal wat hy praat uitkenbaar nie. Daar is ander kenmerke ook behalwe as jy besig is met die Amerikaanse “kookpot” idee en kyk maar orals ter wêreld in watse gemors dít besig is om te ontaard.

Vlooitjie ·

Ek is erg surprised niemand het nog gevra waar hul maskers is nie ….O ja wag, dis seker soos met uiteet, vir daai oomblik is die slim vrirus mos gaaf en besmet niemand nie.

annie ·

Maximum Me het die VF se Plus mooi gelees in Afrikaans en besluit. Die Mulders het hy van ver af al sien aankom so struikel-struikel… Waldimar en Jan-Jan-Jan is die nuwe-generasie-voordansers vir groot opwinding en die bloubloed-drukkers vir die nuwe volkstaatjie-plan vir ‘n nuwe Kaapse Vlakte. Geniet die rit voor op die wa…

Friedrich ·

As iemand soos Steve Hofmeyr staan en die vootlrtpu neem vir die Afrikaans soekende bevolking glo ek dit sal baie beter gaan

Francois Le Cochon ·

Ongelukkig sit Steve net op sy rusbank en maak geluide op sosiale media. Hy is nie n leier nie.

annie ·

Steve se huistaal is Engels. Onthou net mense wat Afrikaans praat is Afrikaners; Boere, soos Max… In murg en bloed. Hy kort net sy plaas… weer terug. Viva vir Max as die president van VFlinkveria,.. Lees gerus Koors van Deon Meyer.

jzjz05 ·

Steve is n sanger,maar doen meer as baie van die politieke paartye en slim mense vir die bewismaaking van plaasmoorde, ons standbeelde en die diskrumenasie teen blankes,,as iemand nie saam stem nie ,sê eers vir ons wat jy doen ?.

Adriaan ·

Die VF+ stuur Lennit Max, wat kort gelede nog baie tuis in die anc was, Voortrekker monument toe om hulle te verteenwoordig op n paneel wat praat oor Afrikaner leierskap en politiek. En ek dink so by myself: al kan ek Engels praat, is ek nie n Engelsman nie. Sou ek Grieks kon praat, sal ek steeds nie n Griek wees nie. Ai, VF+, julle onbeholpenheid ken geen perke nie.

wim ·

Max was eintlik langer tuis in die ANC-lite. Goeie voorbeeld van baie Afrikaners

Hoekom ·

“Mandela was ʼn goeie voorbeeld van ʼn leier wat die hele Suid-Afrika agter een ideaal verenig het.”

Niemand op hierdie planeet het dieselfde ideale nie, hoe vinniger ons dit besef hoe vinniger sal sosialisme verdwyn. Kompetisie en meriete is wat die mensdom gebring het waar ons nou is, die tegnologiese era, en is noodsaaklik vir die vooruitgaan van die mens se beskawing…

Harley Davidson ·

Hierdie is die probleem die afrikaans sprekende persoon het geen tuisstaat of leier nie die wat daar is is daar om hulself te verryk en besig te lyk maar val net rond met probleme wat hulle in elkgeval ie kan uitsorteer nie.

Dries ·

Ons het nederige Afrikaner leiers wat ongelooflike werk onder bitter moeilike omstandighede onbaatsugtig daagliks vir ons werk. Dit breek my hart as ek sien dat ons ou volkie so apaties is en dit nie kan raaksien en waardeer nie. Word wakker my volk. Hier is n paar van hulle wat elke dag in ons gebede moet wees.
Kallie Kriel, Ernst Roets, dr. Dirk Hermann, Flip Buys, dr. Pieter Groenewald, dr. Pieter Mulder, dr. Corne mulder. Piet le Roux ……….ens.
DIT IS ONS HELDE WAT DIT NOG DIE MOEITE WERD MAAK OM VAS TE BYT IN HIERDIE VYANDIGE LAND

gatgogga ·

Waar is die leiers? Kyk om jou heen. Kyk op hierdie mommentaar paneel. Elkeen is ‘n leier. Elkeen weet beter.
Ons verloor omdat ons nie ‘n leier kan volg nie – ons was nog altyd die voorbeeld van verdeeldheid.

Dries ·

Dan praat ons nie van goeie joernaliste wat al ons vyande se diefstal en korrupsie blootlê en aan die wereld uitwys nie. Jaques Pauw, Pieter-Louis Myburgh, Waldimar Pelser, Pauli van Wyk Jaco Kleynhans …..ens Dan is daar nog politieke komentators wat nie soos ander inkruip by die ANC nie en vir ons ware feite gee soos prof Andre Duvenhage, Prof Koos Malan . Hierdie is ook ons Helde en Afrikaner leiers

Philip ·

Die sogenaamde paneel is saamgestel deur persone wat se DA onderrokke lelik uithang en is by nou se tyd al algemene kennis.Lennit Max word gebruik as n afleier om die VF n rat voor die oe te draai dit verduidelik die DA se aanslag op die voortrekker monument as terrein van die Afrikaner eenheid.Ek dink die VF het n groot fout gemaak maar die paneel is saamgestel op n baie oppertunistiese slinkse wyse.

Jan ·

Ek stem saam met Alida Kok. Daar is tans sterk leierskap onder Afrikaanssprekendes op die gebied van die burgerlike samelewing is, neem byvoorbeeld Afriforum en Solidariteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.