Aardskudding in Gauteng, Noordwes

Die aardskudding was ongeveer 41km vanaf Potchefstroom gesentreer (3 April 2017). Grafika: United States Geological Survey

Inwoners van onder meer Potchefstroom, Orkney, Klerksdorp, Johannesburg en Pretoria is Maandagoggend deur ʼn aardskudding wakker gemaak.

Volgens die United States Geological Survey (USGS) het die skudding, met ʼn magnitude van 5.2 om 05:08 voorgekom en ʼn paar sekondes geduur. Dit was naby Stilfontein en ongeveer 41 km vanaf Potchefstroom gesentreer en kon in verskeie dorpe, onder meer Orkney, Klerksdorp, Viljoenskroon en Johannesburg gevoel word.

ʼn Maroela Media-leser in Potchefstroom het Maandagoggend gesê hy het net na 05:00 wakker geskrik van die bed wat ruk en die stortdeur wat skud. “Dit het met ʼn oordonderende geraas gepaardgegaan, amper soos iets wat uitmekaar ruk. Ek is nie seker hoe lank dit geduur het nie, maar dit het vir my gevoel asof daar twee kort skuddings kort na mekaar was,” het hy gesê.

Die gebied is bekend daarvoor dat aardskuddings soms weens mynbedrywighede daar voorkom, maar dit is nog nie duidelik of dit die oorsaak van die skudding was nie.

Op sosiale media het talle mense oor die aardskudding gegons. Inwoners in Pretoria en Centurion het ook aangedui dat hulle die aardskudding gevoel het. Sommige het beskryf dit het geklink “soos klippe wat op die dak val” en dat hekke en deure geskud het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Kapenaar ·

Audrey, jy kan baie bly wees dit was jou teels en nie die in die badkamer of kombuis nie! Dit… kon ‘n duur spulletjie afgegee het!! …………Spot net hoor!!

hessie ·

Sjoe dit was erg! Ons bly tussen Orkney en Potch. Ek het rerig vir n oomblik gedink ons dubbelverdieping huis gaan nou n enkelverdieping word. Dit het gevoel asof die boonste verdieping heen en weer beweeg!

sejouwat ·

n Aardbewing laat dit gewoonlik voel asof dit heen en weer beweeg

Geraldine ·

Ja ons bly in Potch en dit was scary gewees omdat als so geryk het en die honde het net begin huil. maar gelukig is ons veilig

Elsie Pretorius ·

Ons bly in Krugersdorp en ons het ook dit twee keer gevoel.

Coena le Roux ·

Ek het hom gevoel op Leliespan naby Boschpoort, 70km van Klerksdorp af.

Lula ·

Ja julle dit was ń grote… my tafel en ek hoor party mense se beddens het heen en weer geskud. Baie glasgoed (nie myne gelukkig, hulle staan stewig) het afgeval en gebreek.

wicus ·

DIS DIE BULLS WAT TERUGGRKOM HET AARDE TOE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Reginas ·

Hahahah lekker Wicus! Die gewig van al die trofees maak hul seker swaarder.

Scalla ·

Jy is reg Wicus, van nou af gaan jy die magtige dreuning hoor, hul begin eers piek as dit saak maak.

Maggie ·

Prys die Here ons is veilig…….na almal my ingelig het tot my eie husmense…….ek weet van niks het so vas geslaap

Charmaine ·

dit was net die Gupta se kleinkas boksie wat van lessenaar afgeval het

JK ·

Jy is reg omtrent die Guptas se cash box wat geval het – wat van as Zuma se boksie val?
Hoe groot gaan die skuding dan wees en sal dit Nkandla afekteer of nie?

Lena Jonk ·

Dis die reine waarheid, God praat met ons. Niemand kan dit verhoed nie, Hy is in beheer

Francis ·

ek was besig in my sitkamer het omtrent geskrik en gebid vir die veiligheid van die mense ondergrond !!! bly in Klerksdorp

Kobus ·

Ja Ada,
Voordat wetenskap antwoorde kon gee vir baie natuurverskynsels het primitiewe mense duisende jare terug gedink dat aardbewings, orkane, vulkaniese uitbarstings, tsunamis ens. deur gode versoorsaak was en dat dit gedien het as “straf” vir sonde. Dis hoe godsdiens onstaan het. Alle vorme van godsdiens is mensgemaak en hoe gouer die mensdom homself verlos van woestyn bygelowigheid wat onstaan het uit brons-era Palestina, hoe groter is die kans vir verdere vooruitgang, ontwikkeling en behoud van ons planeet.

Piet ·

Kobus, dit is eienaardig dat MM jou Darwinagtige siening publiseer maar as mens dit met feite (veral uit die bybel) verkeerd wil bewys is daar geen kans dat hulle dit sal plaas nie. Ek wonder of hulle so Christelik is as wat hulle voorgee? Jy is geregtig op jou opinie, maar jy is ongelukkig verkeerd. Groetnis, Piet.

Ange ·

Ja Piet ek stem. Jy weet en dan was hulle nogal in Juig Tydskrif. Dis amazing hoe hulle hierdie Kobus en n paar ander toelaat om Christene heeltemal af te kraak.

As hulle nou nog nie agter gekom het dat Kobus en daai ander karakter Internet trolle is wat daarop uitgaan om Christelike mense hier te teister nie dan weet ek nie.

NL ·

Ek wil net iets vra; Gauteng is ‘n provinsie & Noord Wes ook…. so hoe kan die aardskudding in Gauteng, Noord-Wes wees?

GERTRUIDA VAN FLORIDA ·

ek bly in florida en het dit gevoel . Eeers gedink dis n trein maar toe begin my hele bedkassie so te ruk en my arme budgie hokkie dat die voels mal gaan. Was baie scary

Ria Herbst ·

Het aardskudding gehad om twintig voor agt Vaalwater melkrivier sowat 5 min

vonnie ·

Hier in die Ellisras is ons altyd so bietjie agter . Die skudding het ons eers so 19:40 bereik.

Willem Erasmus (Ellisras) ·

Om 19u42 was hier ook ‘m skudding gevoel te Ellisras, Limpopo.

Johan ·

Vanaand om 7h45 in Pretoria n redelike lang ligte skudding ervaar. Was dit n náskudding? Hoe vinnig beweeg die skudding vanaf eppicentre siende dat PTA seker ong 200km weg is van Klerksdorp?

Rosa ·

Het dit ook gevoel. Ek het op ons bed gelê gevoel iemand skud liggies my bed vir paar sekondes?

Peet ·

20 minute gelede skudding in Belfast mpumelanga .ongewoon vir hierdie area.

Arno Jacobs ·

Open 6:12 “En ek het gesien toe hy die sesde seel oopgemaak het, en kyk, daar was `n groot aardbewing, en die son het swart geword soos `n harige sak, en die maan het geword soos bloed”

Karen van Zyl ·

Gisteraand was daar ook ene, ‘n sterk ene wat my bed op en af geskud het.

Francie ·

As ek in die Stilfontein/Klerksdorp area gebly het, was my huis vandag in die mark…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.