Aardskudding in Jhb

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Aardskudding is Saterdagoggend in dele van Johannesburg gevoel.

Michelle Grobbelaar, ʼn seismoloog by die Raad op Geowetenskap, het gesê daar het omstreeks 08:30 ʼn skudding met ʼn magnitude van 2,5 voorgekom. “Dit is nogal klein vir mense om dit te voel, maar dit kan wees dat dit baie vlak voorgekom het,” het Grobbelaar gesê.

Op Twitter het mense gesê hulle het die skudding in Newlands, Dobsonville en ander areas van Soweto gevoel. Eyewitness News het getwiet dat hulle oorval is met oproepe van inwoners wat die grond gevoel skud het en dat hul huise se vensters gebewe het.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet Schabort ·

Jen, die humor is toe weggevat. Lyk my die lot het hul skuld gaan betaal. Eish. . . . So die res maak nou ook nie meer sin. So half gesensor.

Isabel ·

Ek weet dis ou nuus, maar as hul ons standbeelde afbreek, wat soek hul in parlement en uniegebou?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.