Aardskudding skud Johannesburg uit die vere

Johannesburg. Argieffoto: Legendtours

Johannesburgers is Vrydagoggend letterlik uit die vere geskud toe ʼn aardskudding net voor 07:00 in die Goudstad gevoel kon word.

Sosiale media gons behoorlik nadat die aardskudding vanoggend omstreeks 06:56 in gebiede soos Lenasia, Soweto, Roodepoort en Krugersdorp waargeneem is.

Een sosialemediagebruiker skryf op Twitter dat Maart omtrent met ʼn bang gekom het, ʼn ander het glo deurmekaar uit die bed gespring.

“Maart het my wakker gemaak met ʼn aard#skudding,” skryf een. “Net ingeval my wekker my nie wakker gemaak het nie, het die #skudding. Jozi skud,” skryf ʼn ander.

Die hutsmerk #tremor is ook sedert vanoggend een van die mees gebruikte hutsmerke op Twitter.

African News Agency berig die aardskudding het sowat vier tot vyf sekondes geduur met ʼn magnitude van 3,7. Volgens die Gautengse weerdiens was die aardskudding naby Randfontein gesentreer.

eNCA berig die Raad vir Geowetenskappe het bevestig dat die aardskudding waargeneem is. Die raad se woordvoerder kon vanoggend nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Johannesburg is geneig tot aardskuddings weens mynbou-aktiwiteite in en rondom die Goudstad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ouer boer ·

Be still and know that I am God.

Mense, one most luister.

Dirk J. van der Merwe ·

Dis egter sommer ‘n ou kleintjie, wat ….Wie slaap in elk geval tot sewe uur ?Joh’ies is nie vir sissies nie!

Pieter ·

Maroela, ek verwys na my vorige navraag vanoggend, waarop steeds nie gereageer is nie. Rifrug hierbo het ook na die probleem verwys. Daar bestaan nie ‘n Afrikaanse woord soos ‘magnitude’ nie – indien julle hierdie Engelse woord wou gebruik, plaas dit dan in aanhalingstekens. Die korrekte Afrikaans is sterkte of intensiteit van 3,7… aandag daaraan sal waardeer word. Groetnis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.