Aardskudding tref Wes-Kaap

Die episentrum van Woensdagoggend se aardskudding.

Die episentrum van Woensdagoggend se aardskudding.

“Holy Moly! Was daai nou ʼn aardbewing in Malmesbury?” het die sanger en komediant, Wicus van der Merwe, op Twitter gevra kort nadat ʼn aardskudding van tien sekondes Woensdagoggend die Tulbagh-streek in die Wes-Kaap getref het.

Volgens die Raad op Geowetenskap het ʼn skudding met ʼn magnitude van 3,7 omstreeks 09:14 voorgekom. Dit word as relatief klein beskou en geen beserings of erge strukturele skade is aangemeld nie.

Op Twitter het mense gesê hulle het die skudding op Malmesbury, Melkbosstrand en Saron gevoel.

Maryna Weeslig het in reaksie op Wicus se twiet geskerts : “Wicus dit is dalk net ʼn baie groot persoon wat lelik met moeder aarde kennis gemaak het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Chris ·

Omvang is ‘n direkte vertaling en pas nie heeltemal mooi in nie, Herman… die gebruik van magnitude pla my ook.

Ek sou dink ”….aardskudding wat 3.7 op die Richterskaal geregistreer het, het voorgekom… ” of so iets…

Herman Toerien ·

Die berig is deur Phillip geskryf. Maroela is al deur ‘n meul oor die gebruiik van aardbewingterme. SA is een vd min lande wat nog die Richterskaal gebruikk, en boonop is dit ook reeds ‘n aangepaste een. In hierdie geval kom daar dus na Richterskaal verwys gewees het. Die probleem kom in wanneer die aardbewing elders voorkom, en die meetinstrumente dit volgens die meer algemene internasionale momentmagnitudeskaal aandui (wat nie na Richterskaal omgereken kan word nie omdat die twee skale verskillende aspekte meet).
Dié lang term is reeds deur taalmense onder die loep geneem, en die uiteinde is dat magnitude gebruik word om verwarring met ander skale (daar is as ek reg onthou so vyf ander), te voorkom. Die SAUK het konstant enige aardbewing as Richerskaal uitgedruk tot hulle op die fout gewys is. Hulle het toe gaan kers opsteek, en besluit om dan bloot te sê ‘n aardbewing van 7,5 of wat ookal het voorgekom. Sedertdien het die Richterskaal weer plek-plek verkeerdelik ingesluip.

Sune van Heerden ·

Dagsê Nicci

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Ons wysig die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

pop ·

Al die onderwysers is klaar met vakansie, nou gaan ons eers hot agter he hier op maroela. Waai nou mooi al julle stertjies hoor!!!!

Francois le Cochon ·

Vandag was daar 84 aardbewings wereldwyd bo 3 (op die Richterskaal)
Elke dag is daar sowat 8000 aardbewings onder 3. So die skepping gaan aan.

Ludwig Visser ·

Ek was ‘n subredakteur die nag toe die aardbewing in 1969 die Noord-Boland getref het. Daardie nag moes ek ons koerant se hoofberig sewe keer deur die nag herskryf soos nuwe inligting ingekom het, oor skade en sterftes. Later was ek op die dorpe self, en dit was iets vreesliks om te sien, so julle ouens moenie so ligtelik oor hierdie saak gesels nie, Glo my, dis ‘n groot moles as so ‘n natuurramp toeslaan., en dara l;oop juisn ‘n aardfout onder daardie omgewing deur wat dit gedurig kwesbaar maak vir aardbewings

Liewe land! ·

Gegroet Ludwig!

Jy was darem n voorslag vertaler van veral Konsalik se boeke!

Ek dink jou rekord staan op ses dae wat dit jou geneem het om (onder meer tydens jou etensuur by Die Burger) een van sy boeke te vertaal. Ek sien jou nog so by jou lessenaar en grys(?) tikmasjien.

Seenwense (ja, die leesteken kort),
Oud-redaksielid.

Basil Weber ·

Dit was nog kwaai die oorsaak was toe ek uit my bed geval het hier in Brakpan

Maryna ·

Genade sou dit nie fantasties wees as die aardebewing n massiewe rif middlpunt Tulbagh regterkant Oos London linkerkant Lutzville so hard geklap het nie dat die stuk weggeruk het van mekaar en die see daardeut kon stroom nie ….dis al way ons ons eie stukkie grond sal kry !!!!!

Jo ·

In plaas daarvan dat dié wat so pateties spel probeer om hul spelling te verbeter, val hulle diegene aan wat hulle probeer reghelp! Dan klink julle nog so trots op julself. Hoe het julle jul taal-vraestelle geslaag?

Ai, die spellers... ·

Jo ek stem saam met jou. Ek maak gereeld vingerfoute – dit kan enigeen oorkom want mens is haastig, maar aan growwe taalfoute/ swak spelling het ek ‘n broertjie dood. Glo my dis gewoonlik die wat die hardste gil as hul net DINK die regering val Afrikaans aan of wil dit wegneem by universiteite ens. Soos die Engelse spreekwoord mos sê: “put your money where your mouth is” – sorg JY dat jy die taal “red” deur darem net bietjie harder te probeer om veral eenvoudige/maklike woorde reg te spel. En Maroela vat dit soos ‘n vrou – hul verander die foute wat voorkom en vra om verskoning – dis hoe dit gedoen moet word! Dankie Maroela

Jo ·

Ai, die spellers . . . , jy kon dit nie beter gestel het nie! Ek hoop net hierdie “spellers” lees die laaste drie kommentare!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.