Aardskuddings tref Noordwes

Foto: Skermskoot/Google Maps

Verskeie aardskuddings het dele van Noordwes Sondagoggend getref.

Volgens die Raad van Geowetenskap is die eerste aardskudding wat 4,25 gemeet het, kort ná 03:00 gevoel. “Die episentrum van die skudding was sowat 11 km suidoos van Klerksdorp,” het Mahlatse Mononela, woordvoerder van die raad, gesê.

Talle kleiner aardskuddings het hierna gevolg waarvan die eerste van 2,96 om 04:14. Om 09:34 was daar nog ʼn aardskudding van 2,24.

“Die twee skuddings wat ná die eerste groot skudding plaasgevind het, is moontlik naskokke aangesien dit naby aan die hoofskudding voorgekom het en kleiner was.”

Die aardskuddings is in Klerksdorp, Orkney, Stilfontein en Hartbeesfontein gevoel.

Volgens Mononela het Sondag se aardskuddings in dieselfde gebied voorgekom as die skudding van 5,5 in 2014.

Daar was reeds talle aardskuddings in Suid-Afrika vanjaar. Kaapstad is op 17 November deur ʼn ligte aardskudding van 3,5 getref. Die aardskudding het omstreeks 00:27, sowat 76 km noordwes van Kaapstad (41 km suid van Saldanha), plaasgevind.

Kaapstad het ook in September twee skuddings beleef. Op 26 September is ʼn skudding in die stad gevoel wat veroorsaak is deur ʼn aardbewing van 2,5 ongeveer 10 km noord van Malmesbury in die Wes-Kaap. ʼn Skudding van 6,2 het die vorige dag sowat 1 600 km suid-suidoos van Kaapstad plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

tweeling ·

Nie noodwendig nie. Die myne gaan baie diep deesdae en dit veroorsaak onstabiliteit in die gesteentes.

Cecilia ·

Daardie wereld is hol uitgegrou en d laaste 25jr is seker bitter min reabilitasie gedoen v tonnels.

Marilize ·

Die skuddings gebeur nou meer gereeld en meer intens. En die sinkgate raak al meer….

Michael ·

Amerikaanse profeet het gese daar gaan aardskuddings, vee pessiekte, Ebola uitbraak en groot sprinkaan plaag uitbreek. 3 van die 4 alreeds hier. Word wakker, mense!

Piet parys ·

Springkane, veesiektes ,peste ,en plae , aardbewings is al met ons solank ek kan onthou en dis al oor die 50 jaar .

Michael ·

Gaan soek biki na Nathan Humbyrd op YouTube, oordeel maar self. Dis waar wat jy se, maar die intensiteit verskil. Ebola uitbraak gaan ook nie speletjies sees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.