Aarto: Hier is wat jy moet weet

Argieffoto: Departement van verkeersveiligheid

Die voorgestelde Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe-wet (Aarto) is nog ʼn stappie nader om in werking te tree nadat dit verlede week deur die Nasionale Vergadering goedgekeur is.

Dié wetsontwerp, wat al baie kritiek ontlok het, is die regering se antwoord op die hoë getalle ongelukke en sterftes wat jaarliks op Suid-Afrika se paaie voorkom. Joe Maswanganyi, minister van vervoer, het gesê padveiligheid in Suid-Afrika het ʼn “nievolhoubare en onuithoudbare” situasie geword.

“Suid-Afrika gaan gebuk onder ʼn geweldige verlies aan lewens, veral van jong mense, as ʼn direkte gevolg van die verontagsaming van padverkeersreëls,” het Maswanganyi gesê. In 2014 het 10 364 padongelukke tot 12 702 sterftes gelei. In 2015 het 10 613 ongelukke op die land se paaie voorgekom waarin 12 994 mense gesterf het. In 2016 was daar 11 676 ongelukke en 14 071 mense het gesterf.

“As land moet ons beslissend optree om hierdie slegte situasie om te keer. Ons moet met oortuiging optree en verantwoordelikheid neem vir ons situasie,” het Maswanganyi gesê.

Die Aarto-wet sal nou na die Nasionale Raad van Provinsies verwys word voordat dit na pres. Jacob Zuma toe sal gaan.

Die Aarto-wet sal die volgende behels:

Die strafpuntstelsel – Elke bestuurder sal op 0 punte begin en punte ontvang vir elke verkeersoortreding. ʼn Maksimum van 12 punte kan opgehoop word voordat die bestuurder se bestuurslisensie tydelik opgeskort sal word. Volgens die Aarto-webwerf word ʼn bestuurder se lisensie gekanselleer wanneer dit vir ʼn derde keer opgeskort is.

Sentralisering van oortreders se inligting – Oortredings van alle padgebruikers sal op die Nasionale Padverkeersoortredingsregister aangeteken word.

Appèltribunaal – Besware deur motoriste sal deur ʼn tribunaal aangehoor word wat daarvoor verantwoordelik is om appèlle aan te hoor en uitsprake daaroor te lewer. Indien ʼn motoris nie tevrede is met die tribunaal se bevinding nie, kan die hooggeregshof genader word.

Eienaar aanspreeklik vir boetes – Die eienaar van die voertuig sal aanspreeklik gehou word vir alle verkeersoortredings wat met die voertuig begaan word, tensy die eienaar gespesifiseerde besonderhede kan verskaf van die persoon wat hy/sy toegelaat het om die voertuig te bestuur.

Verwydering van artikel 21 – Die verwydering van artikel 21 van die wet beteken dat die beslaglegging van ʼn nienakomende oortreder se bestuurslisensie, die verwydering van ʼn lisensieskyf van ʼn oortreder se voertuig of die immobilisering van ʼn oortreder se voertuig nie meer toegelaat sal word nie.

Rehabilitasie van oortreders – Maswanganyi het gesê die Aarto-wet maak ook voorsiening daarvoor dat oortreders gerehabiliteer kan word. Bestuurders kan hulself deur middel van ʼn rehabilitasieprogram “los koop”.

Aanlyn toegang tot dokumente – Padgebruikers kan die status van hul oortredings aanlyn nagaan, wat nie net gerieflik is nie, maar ook kostebesparend vir die staat en motoriste sal wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Anoniem ·

Dan sal daar geen taxis meer op ons paaie wees nie…Dankie tog!!!!!

Anoniem 2 ·

Daar sal. As hulle lisensies weggeneem word, sal hulle net weer betoog en hulle sin kry. Vir al wat jy weet gaan daar ‘n taxi vryskelding klosule wees.

Irene Myburgh ·

Wonder hoeveel van hulle het lisensies. Daar sal nou maar net meer mense op diepaaie wees wat sonder lisensies ry. Ek werk in die CBD Pretoria en ek het al gesien hoe ‘n verkeersbeampte ‘n kaartjie uitskryf vir ‘n taxi drywer en die taxi drywer die kaartjie voor die verkeersbeampte opskeur.

MJ ·

So gaan die Verkeersdepartement se mense nou meer sigbaar wees om die oortreders aan te keer? Want in Bloemfontein is daar maar weining verkeersbeamptes langs ‘n pad te sien…

Jacques ·

Die stelsel sal nie werk in SA nie , bloot dat mense geen sin vir wette het nie . Die taxis ry en maak nes hulle wil . As die stelsel van Europa afkom moet ons ook as mense optree soos hulle .
Dit is ook net nog area om skelm te wees .

Anoniem ·

Jy is reg Jaques. As dit nie uit jouself kom nie, kan jy maar vergeet dat dit gaan werk. Geldmaak storie.

Lou ·

Die regering probeer altyd 1e wereldse idees hier toepas. Dit werk eenvoudig net nie in afrika nie. Kyk maar net na die skoolkurikulum wat nou al vol sirkel gegaan het sedert 94. Net nog ‘n klomp tyd en belastinggeld wat gemors gaan word. En die wat regtig vasgevat moet word gaan skotvry wegkom…….

Poppie ·

So di mense kan nou 12keer mense laat dood gaan met ongeluk dan eers in di sop

Jack Russl ·

Dit is nie 1 punt per oortreding nie, daar is verskillende punte vir verskillende oortredings

Johan ·

Dus kan jy 36 keer oortree voordat lisensie gekanselleer word. Hulle sal nog steeds sonder dit ry.

Marous ·

Hou op om die mense wat Sondae kerk toe gaan te treiter omdat hulle nie bestuurslisensies by hulle het nie , en gaan staan langs die pad en sluit die mense toe wat roekeloos bestuur. As Mnr Maswanganyi sy statistieke nagaan sal hy sien wie en welke tipe voertuie verantwoordelik is vir gru ongelukke en waar dit plaasvind. Ons normale mense word elke dag hieraan blootgestel en dit gebeur reg onder sy wets toepassers se neuse , en daar word glad nie opgetree nie. Daar word weereens teen die verkeerde boom geblaf!

Frederik ·

Rehabilitasie van oortreders – …………………………” los koop “. In SA werk dit nie so nie. Jy koop jou hier los voor jy beboet word.

lorayne ·

Ons moet dan seker begin spaar vir bicycles Koos, dan kan hulle ons afry!

E.K. (vra net) ·

Sal die blouligbendes wat amptenare vergesel en jaag soos wie weet wat oorgesien word?

LoL ·

Ek stel voor jy het nie n lisensie nie dan kan daar geen punte opgesit word nie ……

KLEINTJIE ·

Gaan dit nie weer net blankes wees wat voorgekeer en beboet gaan word nie.
Wie gaan skuld kry as daar `n oortreeding begaan word met `n voertuig wat gesteel of gekaap is. Die eienaar van die voertuig want die registrasie is op sy naam.

Jack Russl ·

Alle padgebruikers sê hulle, so sluit dit nou die fietsryers ook in?

nieko ·

Dit gaan lei daartoe dat die “bribes” se pryse gaan vrhoog om nie punte teen jou te kry nie!

Riaan ·

Nou wonder ek gan die hele aksi ook tel teen ons wonderlike ministers se drywers wat teen 160/180 jaag angesien hul laat is…gan dit tel vir die metro/jmpd/empd ens wat op die r553 ry so as of hul die pad besit? Of gan dit nou dit net nog makliker maak vir mense om bribes tevra?

Johann Marx ·

Nog onlangs is genoem dat baie van die land se padsterftes voetgangers is wat onverantwoordelik voor aankomende verkeer in beweeg? Wie gaan nou “oortredingspunte” hier kry?

piet ·

BAIE MENSE GAAN BAIE GELD MAAK DIT IS NIE NET DIE TAX WAT NIE LUISTER NIE DIT IS DIE HELE LAND SE MENSE PARTY MENSE HET VOORREGTE ANDER HET REGTE DANKIE

Reg ·

Lekker lag ek.

As onse verkeersmanne net daagliks en gereeld roetine ondersoeke en patrollies uitvoer gaan dit tog so baie help.
Dit help regtig nie om te wag tot skool vakansies en spitstye om wakker te skrik nie. Dan staan daar agter elke boom, brug sloot n man agter n kamera – spoed is mos die oorsaak van alles. Jy kry die minimum iemand wat jou voertuig nagaan en toets nie.
Tydens spitstye word wyd en suid vekondig hoe die verkeersmanne op fie paaie gaan toesak. Ek self ry baie lang pad- helaas geen verkeersinspekteure nie.
Nou gaan die staat weer n klomp geld uitgee om n nuwe wet op die boek te kry. Personeel stuur vir kursusse wat dit omslaap om die paar artikels onder due kussing te kry. Die staat het mos baie geld.
Kom ons bly maar tuis. Ons gaan die teikens wees.

jack daniel ·

Puntestelsel in SA!!! ASB! ? ?.
In SA as Jul Kan wegkom met moord, verkragting, korrupsie etc. Kan ek vandag a weddenskap aangaan dat Lagwekkend!!
Die skuldiges gaan daarmee ook weg kom!

Jacques ·

Die regering het n langtermyn plan met die wit mense hier , soos met die vuurwapens .
Hulle wil ons stelselmatig krippel maak , maar ek het nuus vir hulle , hulle maak nou eers planne . Ek reken die wit mense het al lankal n plan , veral die wat in die SAW wees was .

Cherokee ·

Die puntestelsel…. dit klink vir my uiters kolonialisties.

EH Andrione ·

Ek will net weet hoe gaan hierdie wet toe gepas word op die taxis wat alle pad reels verontagsaam! Ek soek net n antwoord daarop

anton ·

Dit gaan nie op hulle toegepas word nie!!!! Baie eenvoudig!!!

DS ·

Hoor al amper 20 jaar dat AARTO in werking gaan kom. Het op daardie stadium by “leasing” maatskappy gewerk en almal het soos mal goed al die 120 000 verskillende drywers van die voertuie se inligting en proxy inligting gekry – binne 6 maande – en nooit weer ‘n woord – tot dié week – daarvan gehoor nie. Regtig? En metro polisie gaan hulle daaglike onder die tafel “bonusse” sommer net so opgee. Dink nie so nie.

Talbot ·

Ja dis waar. EK sien AARTO is nou 20 jr en niks verbeter nie. Ons mense is bang vir punte maar TAXI niks bang vir punte nie en TAXI altyd maak soos hulle wil

Peet Schabort ·

Vervang, herstel en bring aan ontbrekende verkeerstekens alvorens AARTO toegepas word. Dit sluit ook in padrelings wat in ‘n skokkende toestand is in die Vaaldriehoek. Intussen behoort daar ‘n puntestelsel teen AARTO te wees vir voorgaande.
Dalk ‘n e-pos adres van AARTO? Sommer ook die minister?

KLEINTJIE ·

Gee Aarto .001 punte (punt nul nul een) vir elke slaggat wat in die pad gevind word en hulle lisensie word ontrek sodra jy van een punt in jou dorp of stad tot die volgende een gery het, so baie slaggate is daar in die pad. By ons 76 slaggate oor `n afstand van `n half kilometer.

Jos ·

As hierdie wet reg toegepas word kan dit beteken dat alle taxi bestuurders hul lisensies kan verloor of die wet gaan omkopery laat veesvier en verkeerspersoneel gaan ryk word. Taxi bestuurders gaan hulle nie aan die wet steur nie nes bakkie bestuurders hulle nie aan die nuwe wet steur nie. Lees nog kort-kort in die nuus van bakkies wat in ongelukke betrokke is met mense wat agterop was en oor die pad gestrooi le.

Jaco G ·

Dis n goeie besluit.. .. Ekt net een vraag, as jy enige uistaande boetes het, gaan dit automates punter versamel of gaan ons die geleenheid kry om dit af te betaal voor die punte daar op toegeken word??

Chnel ·

Aag asseblief hulle hamer en hak vas by iets soos hoë spoed tewyl ‘n gebrek aan spoed soos voertuie wat aankarring teen 60km/h – 80km/h in 120km/h zones en/of nie verbygaan waar hulle kan en wel moet nie veroorsaak fristrasie by almal agter hulle! Om nie eers te praat van die padreels soos ligte aan 30min VOOR sonsondergang en af 30min NA opkoms nie of soos beweeg so ver moontlik links in jou baan as ‘n voertuig jou wil verbygaan……..nee karring aan gewoonlik ook teen bitter lae spoed met twee wiel op of bitter na aan die witlyn!

Johannes Meintjes ·

Daar is probleme. Taxis en stukkende voertuie word nie gestop nie. Die AARTO proses verskil soms van wat op die oorspronklike boete dokument staan. Admin fooie word gehef. Dit raak weereens ‘n Nuwe SA staatsinstrument van manipulasie en rassisme wat teen wittes gebruik word.

Talbot ·

Ja Taxi verniet op die pad want hy ry nie op mooi pad nie en sommer ander soos grondpad of ander kort pad ry en maak stof meer.

Tilla ·

Appèltribunaal – binne ‘n maand gaan ons hoor hoe oorwerk die mense is en nog ‘n instansie wat kan staak en ” dans” in die strate en verkeer en roetine verder ontwrig. O, en moenie die buitensporige salarise vergeet nie. Sal graag die verskonings wil hoor en sien wat hier opgedis gaan word en om nie van omkoop te praat.

Ekke ·

Oooo lala hoe gemaak met di dronk voetgangers? Mos ook padgebruikers.

Anoniem ·

En wat van mense wat sonder lisensies ek ken mense in hul 40’s 30’s en vroeg 20’s en kom weg met dit al wat dit hulle kos is R200.00 dan kan hulle gaan ons wat lisensies het wat elke 5 of 2 jaar moet gaan hoes en betaal waar gaan dit eindig. As jy bv die punte stelsel gebruik hoe word daai wat nie lisensie het beboet??????????????

Talbot ·

Help nie punte neersit nie want TAXI wil nie luister nie, Taxi maak soos hulle wil soos in middel pad stop, Regs na linker swaai, nie stop by Rooi robot nie. Moet aangaan punte sit soos ons kry elk punte maar Taxi moet dubbel punte soos ons een punte vir boete. Taxi moet 1 plus 1 is 2 punte of 2 plus 2 is 4. Want TAXI moet mooi leer en luister

Chris Ws ·

Dis dan ‘n kolonialistiese stelsel nou hoe nou?Die anc wil dan wegdoen met alles wat kolonialisme is in die land.Of het hulle van besluit verander?
Hier is nie naastenby genoeg verkeers beamptes om enigsins ‘n uitwerking te weeg te bring nie.Die’ Aarto storie is net nog iets op papier en betekenloos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.