Aarto: ‘Kar voor die perde gespan’

Daar heers tans talle vrae oor die omstrede Aarto-wetgewing wat glo volgende maand in werking tree. (Argieffoto)

Die kanse is skraal dat die omstrede Wysigingswet op die Administratiewe Beregtiging van die Padverkeersoortredings (Aarto) op 1 Julie landwyd in werking sal tree.

Só sê adv. Stefanie Fick, regskenner en woordvoerder by die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa).

Benewens die feit dat dié datum nog nie in die Staatskoerant bekendgemaak is nie, sê Fick, is daar verskeie praktiese en administratiewe uitdagings wat met die inwerkingstelling van die Aarto-wetgewing gepaardgaan.

Die Aarto-wetsontwerp is in Augustus 2019 bekragtig en sou na verwagting in Junie 2020 in werking tree. Dit is egter weens die Covid-19-pandemie uitgestel.

Aarto sluit ’n strafpuntstelsel vir motoriste in en het onder meer ten doel om minder ernstige verkeersoortredings aan administratiewe prosesse te onderwerp terwyl die hof steeds strafregtelike verkeersoortredings sal hanteer.

“’n Gebrekkige en onregverdige administratiewe proses kan egter tot die skending van motoriste se grondwetlike regte lei. Dít sluit in dat boetes of kennisgewings verkeerdelik uitgereik word met die gevolg dat jy foutiewelik met strafpunte teen jou naam sit. Die uitreik van boetes en kennisgewings is op sigself ook gebrekkig.”

Afgesien van die strafpuntstelsel is die Aarto-wetgewing reeds sedert 2008 in Johannesburg en Tshwane van krag, wat volgens Fick ’n aanduiding moet wees dat die regering nie oor die vermoë beskik om dit nasionaal in te stel nie.

“Die inwerkingstelling van die Aarto-stelsel in dié twee stede was ’n reusemislukking. Hoe gaan hulle dit nou landwyd doen?

“Verder is daar ook nog nie ’n appèltribunaal – wat ingevolge dié wetgewing die hele Suid-Afrika moet bedien – aangestel nie.”

Outa meen ook dat die stelsel met bevoegdhede op plaaslike regeringsvlak inmeng en het in November 2020 aangedui dat hy die grondwetlikheid van dié stelsel in die hof sal betwis. Dié saak kom op 18 en 19 Oktober in die Pretoriase hooggeregshof voor.

“Sou die Aarto-wetgewing wel volgende maand ingestel word, sal Outa regstappe oorweeg om onder meer die inwerkingstelling daarvan te stuit totdat dié regsaak afgehandel is.”

Fick sê padveiligheid is uiters belangrik en dat Outa geensins gekant is teen die besteding van geld om padveiligheid te bevorder nie – belastingbetalers se geld moet egter nie op ’n “gebroke stelsel” vermors word nie.

Sy sê voorts dat Aarto beslis ook nie die oplossing vir die hoë aantal padsterftes en -ongelukke in Suid-Afrika is nie.

“Boonop moet jy die vertroue van padgebruikers hê wanneer jy só iets wil instel. Die regering moet hom eerder daarop toespits om polisiëring op paaie te verhoog, wat ’n tasbare verskil sal maak.

“Fikile Mbalula, minister van vervoer, het weereens die kar voor die perde gespan deur te sê dat Aarto uitgerol gaan word terwyl alles nog nie gereed is nie,” sê Fick.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het ook aangedui dat daar baie onsekerheid oor die Aarto-stelsel heers.

“Daar is te veel onbeantwoorde vrae oor die inwerkingstelling van dié stelsel.

“Een van die kwessies wat nog nie uitgeklaar is nie, is of motoriste vanaf 1 Julie Aarto-kennisgewings sal ontvang, of standaardboetes soos tans die geval is.”

Die AA sê onder meer dat mediakommunikasie oor die instelling van dié wetgewing en die departement van vervoer se stilswye erge verwarring onder motoriste veroorsaak.

“Daar word gesê dat Aarto op 1 Julie in werking tree, sonder dat enigiemand werklik weet wat dit behels.

“Dis nie net onregverdig teenoor motoriste nie, maar trek opnuut die padverkeersoortredingsowerheid (RTIA) se vermoë om die stelsel suksesvol in werking te stel in twyfel.”

Die AA doen ’n beroep op die departement van vervoer om lede van die publiek duidelik in te lig oor hoe dié wetgewing hulle vanaf 1 Julie sal raak, wat dit behels en wanneer die volgende fases van Aarto sal geld.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Persheks Adri ·

Nes ons hulle ken hulle kan niks deurvoer nie alles is ‘n gemors!

Keith ·

My opinion is that it would be a very good system in south africa, because it will target “repeat” offen ders, to the point where they will run out of points and be disqualified from driving a motorvehicle. Only when this happens will drivers in south africa take the law seriously. This system is already used in various countries such as the U.K. and Australia. The only problem with implementing the system in south africa is that not all provinces are linked to the NATIS system, and to make matters worse, licensing departments even within the SAME province are a total shambles. Try and renew a motorvehicle licence disk in a different metro to where the vehicle is registered and you’ll understand what a mess things are in. Good system, but a bad idea for the useless and incompetent south african traffic authorities.

Windhond ·

Keith, all good and well, in principle the system can work flawlessly and repeat offenders will be identified, but that is where the buck stops, because we do not have a capable police or traffic dept that can enforce the law by removing those repeat offenders, it is a free for all – In UK Aus and USA etc they have the means to enforce the laws , not here in Lala land

Aries ·

JIP- hier kom nog n stukkie ANC waarvoor hulle so bekend en berug is

A- ANOTHER

N-NATIONAL

C- CRISIS

Persheks Adri ·

Gaan ‘n gemors af gee nes al hulle ander planne altyd deur die mat val! Kan níks beplan en deurvoer nie

Vonkprop ·

Hierdie gaan ‘n reuse sukses wees soos al die ander projekte wat die ANC aanpak. Ons land val inmekaar van die gewig van al die ANC se suksesse. Hou so aan, julle maak ons trots.

koos10 ·

In ons “agbare” president se woorde: The courts are there to sort this out.
Met wettte maak is die ANC baie goed, wette uitvoer en toepas is heeltemal ‘n ander storie!

Werner ·

Kan ook baie voordelig wees as jy met so n onbevoegde klomp narre vir n regering sit

Anel ·

En hier kom weer ‘n eensydige storie. Net sekeres van die samelewing gaan verkeerd wees en baie enkel vroue. En dit is al waarna gekyk gaan word. Wanneer sou die lot ook opleiding ontvang het hiervoor? O, ek sien moeilikheid en siviele eise!!

Pieter ·

Met betrekking tot die AARTO storie. Dit het nou al 2 keer met my gebeur dat ek verkeerskaartjies gekry het vir verkeersoortredings met voertuie wat nie eers naby die beweerde plek van oortreding was nie. ‘n Sleepwa, wat op my naam gereigistreer is, wat in 2018 “onwettig geparkeer was”, in Pretoria, terwyl die sleepwa op daardie spesifieke stadium in Swakopmund deur my seun gebruik was om sy duiktoerusting te vervoer…..

Ek het in 2019 ‘n motorfiets gekoop nadat dit in ‘n botsing betrokke was, en dit soos die wet vereis, binne 21 dae op my naam geregistreer. Tydens die registrasie is daar ‘n nuwe registrasie nommer aan die fiets toegeken. Terwyl ek nog besig was om die fiets te herstel, kry ek toe ‘n verkeerskaartjie dat die fiets met die GP registrasie, in Johannesburg die spoed grens oortree het, terwyl dit reeds ‘n CFG registrasie het, maar nog nie gebruik kon word nie, aangesien dit heeltemal uitmekaar gehaal, in my motorhuis gestaan het, en ek vir parte gewag het..

JM ·

Die een onnosele besluit na die ander! Hoe lank gaan ons nog tot die dood toe gefrustreer en benadeel word deur hierdie patetiese, onbevoegde regering? Hulle sal aanhou klou aan mag totdat die hele land oor die afgrond is.

Misky ·

Indien hierdie stelsel in werking gestel kan word en volgens wet en voorskrifte uitgevoer word, sal SA binne 2 jaar nie ‘n enkele taxi of bus op die pad hê nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.