Aarto ʼn ‘resep vir groter bloedvergieting, chaos op paaie’

Fikile Mbalula, minister van vervoer. (Foto: GCIS)

Die VF Plus meen die Wysigingswetsontwerp op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe (Aarto) sal allermins wetteloosheid op die land se paaie teëwerk.

Die VF Plus se reaksie kom nadat Fikile Mbalula, minister van vervoer, Sondag gesê het die landwye uitrol van die stelsel sal tot gevolg hê dat die bloedbad op die land se paaie voldoende aandag kry.

“Ons begrawe te veel mense as gevolg van padongelukke. In 2018 het 12 921 mense die lewe verloor in botsings op die land se paaie,” het Mbalula gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa het die wet bekragtig, maar dit is nog nie duidelik wanneer dit van krag sal word nie. ʼn Strafpuntstelsel word ingevolge die wet ingestel en kan daartoe lei dat gereelde oortreders se rybewyse opgeskort word.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se nasionale voorsitter, is egter van mening dat Aarto ʼn resep vir selfs groter chaos en bloedvergieting is.

“Aarto het reeds heeltemal gefaal in Gauteng en dié stelsel beweeg weg van sy doelwit om paaie beter te polisieer om dit veiliger te maak.

“Dit het beweeg van ʼn strafregtelike stelsel na ʼn administratiewe stelsel en selfs hier faal dit weens onder meer personeeltekorte by die padverkeers-oortredingsagentskap (PVOA). Daar is ook nie howe geskep om Aarto-sake te bereg nie.”

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se voorsitter.

Alberts meen die probleem met Aarto is dat dit ʼn komplekse stelsel is vir ʼn land wat nie in staat en gereed is om dit te implementeer nie.

“Die feit dat motorbestuurders weens ʼn puntestelsel hul lisensies kan verbeur, skep ook ʼn teelaarde vir korrupsie. Bestuurders sal desperaat wees om hul lisensies te behou en dit sal die moontlikheid van grootskaalse omkopery verhoog, veral met die uitreiking van boetekaartjies wat ʼn persoon se punte kan beïnvloed.”

Die VF Plus sê hy kan nie insien hoe enige stadsraad die stelsel suksesvol kan implementeer nie. “Indien die Gautengse metropole van Johannesburg en Pretoria dit nie suksesvol kon toepas nie, is dit ondenkbaar dat dit elders sal werk.

“Die netto-effek indien dit landwyd toegepas word, sal verhoogde korrupsie wees en paaie gaan veel gevaarliker word. Motoriste sal gou agterkom Aarto stel nie ware aanspreeklikheid daar om padreëls te gehoorsaam nie en dit sal die slagting op die land se paaie vergroot.

“Die ANC sal hierdie bloed op sy hande hê en sal nie kan sê die VF Plus het hom nie gewaarsku teen die gevare daaraan verbonde om die stelsel landwyd in werking te stel nie.”

Die Organisasie vir Belastingmisbruik (Outa) het reeds vroeër aangedui dat hy beplan om Aarto teen te staan.

“Die fokus moet op padveiligheid wees, nie ʼn administratief ingewikkelde stelsel wat ten doel het om geld in te samel nie,” het Rudie Heyneke, portefeuljebestuurder oor vervoer by Outa, gesê. “Ons het oplossings oor padveiligheid nodig, maar hierdie is nie een daarvan nie. Ons wil ʼn wet sien wat werk.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Frikkie Geld en huis ·

Lê 50% van die probleem nie by die swak instandhouding van ons land se paaie nie, bra Fiks ??

Johnny ·

Hoeveel keer gaan ek deur (roadblocks) en elke keer is daar bribe betrokke gelukkig is ek onskuldig ja metro gaan lekke geld maak

Joe Olivier ·

Ek daag die ou grootbek mbalula uit om vir net een jaar aan elke motoreienaar betyds n kennisgewing uit te stuur vir die vernuwing van die lisensie. Is dit nie onder andere waarvoor die belaglike administrasie fooi is nie. Ek weet hulle sal dit nie kan doen nie. En so gaan hierdie nuwe wet ook faal soos alles waaraan die anc raak.

amelia ·

Drie jaar nog niks gekry en ek bly al 18jaar by dieselfde adres, van en posbus, en o ja selnommer.

Arno Scheepers ·

Watter departement mbalula ook betrokke mag wees…..daar sal chaos en korrupsie heers

PPP ·

Hoop net van harte as hy die Minister in n voetuig klim hy dit ook toepas hulle met die blou ligte is die eerstes wat die wet oortree.

Mieliestronk ·

Daardie stelsel sal nie werk nie Net wit sal punte kry Laat die F V platteland toe kom taxi manne ry soos hulle wil op die pad is daar nie vir hulle reels nie die reels is slegs vir wit En so lank daar nie verkeersmense is wat almal boete gee en lisensies opskort nie sal daar net meer en meer mense sterf op die pad

Johnny ·

Ek wil nie negatief wees nie maar daar gaan nou meer ( roadblocks) wees om meer te bribe wragtag ek sien dit elke dag

Hannes ·

Sopas deur Boksburg en byna in 2 ongelukke betrook a.g.v roekeloos en nalatig met geen geregsdienaar in sig nie. Jammerlik sal dit faal en net op sekere rasse betrekking he

Johan ·

‘n Reël wat weer net op wetsgehoorsame blankes toegepas sal word terwyl taxis en blou-lig brigades net sal aanhou doen wat hulle wil op ons paaie…

Sarie ·

En al word lisensies opgeskort sal hulle steeds ry lisensie of te nie

Michiel ·

Onse Minister van Vevoer gaan seker lekker rugby kyk in Japan kyk ook sommer hoe gedissipleneerd die pad verbruikers daar is en die toestand van die paaie .

Zollie ·

Ja en alles is op tyd, werk 100% en is skoon en netjies. As jy al in Japan was en sien hoe alles ordelik verloop maak dit jou siek om te sien hoe dit hier gaan.

Pieter ·

Ai die slim menistirs in die land is so slim hulle kan enige job doen eers menistir van polisie nou menistir van tranport wat n grap hehe

Gruwelik ·

Die taxis wen die oorlog teen duisende onskuldige passasiers en ander padgebruikers. Meer mense sterf as gevolg van taxis op die paaie as mense wat in bendegeweld sterf!

Trojaanse Donkie ·

Stem saam, die Aarto storie gaan ook die regering se bankrotskap van regdenkende mense bevestig. Ek daag die owerheid uit om net te konsentreer op die kruising van Lynwoodlaan en Hans Strydom en dan vir ons bewys dat hulle iets kan regkry, ek praat nie eers van Simon Vermooten laan wat sondagaande gebruik word vir sleeprenne nie.

Doris ·

Ek dink hierdie is n belaglike storie wat hulle nou wil doen so as hulle jou van die pad afstrek sonder rede soos wat gebeur en jy stop nie n noot in hulle hande nie dan gee hulle jou n kaartjie, plaas dat hulle liewerste kyk hoe word daar oor rooi roborts en stop strate ge-jaag sonder om stil te hou. Dan kyk n mens op die pad hoeveel ry sonder nr, plate dit is hulle wat ongelukke veroorsaak en jaag net weg. Roei eers daardie euwels uit.uit. Dan gaan daar minder ongelukke op ons paaie wees waar onskuldige mense sterf.

Leatitua ·

Ek stem saam. As die wetstoepassers net hulle werk doen sal dit al klaar help.

Joe Olivier ·

So terloops, die laaste keer wat ek n metro cop in Pretoria gesien het was op 25 Mei. Hulle het hulself seker oorwerk tydens die partytjie. Doen net jul werk met huidige wette en stryd is half gewonne.

Gummies ·

Dit sal nooit werk nie, gaan net die omkoppery vererger, is al wat gaan gebeur.

Hanneli Baumann ·

Plaas die minister hom bekommer oor die wreedaardige verskriklik plaasmoorde. DIS kommerwekkend!!!!
Maar soos gewoonlik, vermy hulle die ernstige hartverskeurende goed wat in hierdie land aan gaan.

Justice ·

Al positiewe uitwerking van Aarto is dat daar binne 12mde nie `n enkele taxi drywer met minder as 12 punte sal wees nie – op die negatief gaan daar weer massa taxi blokades en watookal wees.

Johann van Cullinan ·

Dit sal reuse strikes veroorsaak, veral van taxi drywers af

Helien ·

Is dit nie die taxis wat die meeste ongelukke op ons paaie veroorsaak nie. Wonder net

Johan ·

Die probleem vir die hoe dodesyfer op ons paaie le by die swak uitvoering van staande padverkeers wet. Taxis ry soos hulle wil en die verkeerd polisie is nerens te siene nie. Dronk bestuur sake vat amper tot n jaar voordat daar enige vervolgings plaasvind en indien dit gebeur is dit onsuksesvol. Ek sien dus geen rede om opgewonde oor die Aarto nonsens opgewonde te raak nie.

Se maar net ·

ek stem net nog ‘n manier om onskuldige mense uit te buit. ek weet nie wanneer laas ek ‘n verkeersbeampte in my dorp gesien het nie ek dink nie eers ons het nie ;-) baie goeie idee maar ongelukkig nie toespasbaar nie. hulle moet dalk begin by die uitreiking van lisensies vir elke jan rap en sy maat. Nee watAarto gaan nie werk nie hoor of se eerder net sekere mense gaan daarby baat. Wet geld mos net vir sommiges ;-(

Vra maar net ·

Ten minste een maal per maand word 4 TMPD lede afgelaaai by ñ stopstraat langs die winkelaentrum, dan word motoriste voorgekeet wat nie stop by stopstraat en beboet, terwyl net 100 m af in die pad word onwettige taxi staanplek gemaak, die pad versperrings afgebreek ( wat al 2 keer opgerig is!) en pad wat toe was/is word “oopgery”.
Maar hulle wil lisensies opskort? Dit gaan hulle mos nie stop nie! Dit stop hulle NOU nie eers nie!
Ai tog, begin by die “basics” manne, mens bou mos ñ hiis van die FONDASIE af op, nie van die dak af ondertoe nie????
Vra maar net…..

Db ·

Hierdie kaders van die ANC is die grootste grapmakers van die eeu. Elke dag is daar ‘n nuwe grappie wat hulle uitdink. Ek dink die “Koos van der Merwe” grappe is flou as mens hulle grappe elke dag lees

Leon ·

Daar is geen verkeersbeamptes op ons paaie nie. Wie gaan dit toepas.
Die enigste verkeersbeamptes sit op seil stoel en doen spoedkaartjies.
Die verkeersbeamptes kan nie eerste verkeerbeheer doen nie. Hulle moet ‘n versekerings maatskappy kry om dit vir hulle te doen.
“n Bus en ‘n vragmotor is dodeliker teen 60 tot 80 km/u as ‘n Porsche teen 200 km/u.
Die meeste sterftes kom voor vêr onder die spoedbeperking. Busse ry van ‘n krans af teen 80 km/u in ‘n 120 km/u spoedzone. Hoeveel punte gaan hy verloor?
Met die regering se rassehaat uitsprake sal swart verkeersbeamptes vir wit, kleurling en Indiêr bestuurders kaartjies uitskryf vir oortredings wat nie bestaan nie. Veral waar jy alleen in ‘n voetuig is en daar is twee van hulle.
Meeste kop aan kop botsings vind plaas onder die spoedgrens.
Ek neem aan dat taxis en busse en vragmotors sal seker vrygestel word van AARTO want ander staak hulle en maak die lewe moeilik vir die regering wat nie hulle stemme met die verkiesing wil verloor nie.
Ongelukkig het ons ongekwalifiseerde en onbevoegde verkeers beamptes wat die wet moet toepas. Dit is BBBEEE vir jou.

jan ·

AS ons oorvoede beamptes net hulle werk doen gaan ons al n grood verskil op ons paaie sien,ALMAL om dieselfde vuur oor deel en die wetteloose Taxies uit sorteur .

Grassie ·

Daardie stelsel het darem sekere goeie punte ook. Dit word baie streng in Australië toegepas. Toe my seun en sy gesin daarheen verhuis het, het hy en sy vrou binne die eerste maand elkeen ‘n paar strafpunte teen hulle gekry. Van toe af bestuur hulle baie mooi, Dit is nou 15 jaar later en en hulle het nog nooit weer gesondig nie. Wanneer ek daar gaan kuier word ek die Leviete voorgelees om nie Suid-Afrikaanse “trieks” op hul paaie uit te haal nie.

Maar dit is Australië, ‘n beskaafde land. Ek stem saam dat Suid-Afrika te korrup en wetteloos is en dat die stelsel nie hier gaan slaag nie. Dit gaan net verdere korrupsie in die hand werk.

Judge Dredd ·

So hoeveel verkeers beamptes werk in die Australiese “Outback” ?

Elize ·

Is hierdie wet wat nou geteken is al in die staaskoerant gepubliseer en wanneer tree dit in werking want soos dit vir my lyk word dit al toegepas sonder dat die regte prosedures gevolg word.

Swannie ·

Veral persone van ander dorpe sal geteiken word. Ek weet waarvan ek praat, want ek was al gevang deur `n korrupte beampte.
Het 4 nuwe bande op my Audi ( voorwiel aangedrewe) laat aansit.In Kaapstad tussen `n horde ander motors op snelweg voorgekeer en boete gekry — omdat die “tow-in” van die agter as foutief was en die een band dus 50% afgeloop het —volgens beampte !!
Moes maar boete betaal, want ek kon nie vanaf Port Elizabeth na Kaapstad reis vir `n hofsaak waar die beampte nie sou opdaag nie.
Hele ou spul is korrup en net uit op geldmaak en so sal dit voortgaan AARTO of te not.

marous ·

Die brandstof raak dalk op voor hulle dit implimenteer . As die donkies dan in die pad dinges dan kan die drywer seker nie wortels koop vir ‘n jaar nie .

Zella ·

Verstaan ek reg? Gaan jy nou 2 keer vir een oortreding gestraf word?
‘n Boete en punte?

Anoniem ·

Hi shame Joe dom moet jy wees om te dink om iemand se lisensie weg te vat gaan verhoed dat hy/sy agter ‘n stuurwiel inskuif. Hoeveel mense mense ry sonder lisensie. Rerig

Jr ·

Hy het oorseë gegaan na ń ” civilized ” land waar dit reg werk. Eish bring dit terug ” diepste donkerste Afrika toe en dink dit kan werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.