Aarto ongrondwetlik verklaar

Argieffoto van die verkeerspolisie. 

Die Pretoriase hooggeregshof het Donderdag die omstrede Wet op die Administratiewe Beregtiging van Padverkeersoortredings, beter bekend as Aarto, én die Wysigingswetsontwerp op Aarto as geheel ongrondwetlik en ongeldig verklaar.

Aarto sluit in ’n strafpuntstelsel vir motoriste en het onder meer ten doel om minder ernstige verkeersoortredings aan administratiewe prosesse te onderwerp, terwyl die hof steeds strafregtelike verkeersoortredings sal hanteer.

Regter Annali Basson het vanoggend in die guns van burgerregtegroep Outa beslis en gelas dat die minister van vervoer en die padverkeersoortredingsowerheid (RTIA) die groep se regskoste dek.

Outa het vroeër ’n hofaansoek gebring om dié omstrede wetgewing te betwis. Die groep het nie net hul bedenkinge oor die grondwetlikheid daarvan gehad nie, maar ook ʼn ernstige probleem met die praktiese inwerkingstelling van die beoogde strafpuntstelsel vir motoriste.

Meer inligting volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Shakespeare ·

Dit sou chaos afgegee het want kaders sou dit totaal opgevoeter het met hul oorheersende onbevoegdheid. Mooi so Outa !!!

Harley Davidson ·

Kan hulle niks reg doen nie moet alles altyd ‘n flop wees

Casper ·

Net soos die wysiging op die wet op vuurwapens van die tafel afgeveeg is met minagting het nog ‘n minister sy onbevoegdheid bewys.Hierdie wette was beide doodgebore.Geluk Cele en Mbalula met julle mislukkings.

Jr ·

Weereens betaal die Suid Afrikaners wat tax betaal die ministar Mbhahahahhhalalas se mphoofi besluite. Hy worry nie.

Jack ·

Al wat ons wil hê in silke situasies is ‘n geloofwaardige regter wat bevoeg is en kundige besluite en uitspake kan lewer.Regter Annali Basson verstaan die probleem met Aarto.Gaan die mense nou apel aanteken oor haar uitspaak ? Ons het soveel SLEGTE uitspake gesien in 2021.Om ‘n regter te sien wat nog geloofwaardig kan funksioneer en oordeel is ‘n plus in vandag se chaotiese SA.

Belinda ·

hahahahahahahahaaaa hierdie punte stelsel sal nooit in hierdie wettelose land kan werk nie want hoeveel taxis het nie dieselle nommerplate ens nie.
Niemand steur hulle meer aan die padreels nie! In elk geval, mense sal nogsteeds bestuur al is die lisensies weggevat van hulle, mense vat kanse. Sorry, maar nie SA nie!

Pietertjie ·

Dis al weer die belastingbetalers wat vir die gelag gaan betaal. Pleks dat die Regter ‘n persoonlike koste-bevel maak: die Staat beveg sy onderdane met hulle eie geld.

Mariana ·

Nee dis mos nie sy geld wat vermors word nie, as dit was sou daar glad nie eers besluite gemaak gewees het nie. Dis die ministers wat hy daar gestel het wat so aanjaag.

Cabytheron ·

Nee, hy kry nie skaam nie! Hy voel ‘n veer vir die land en sy mense.

Wielspore ·

Aarto, net soos sy ontwerper het aarde toe gekom, hierdie voorstel was totaal eensydig vanaf die regering se kant en die openbare sektor is nie geken gedurende die ontwikkeling daarvan.
Weereens ‘n duur prys wat belasting betalers moet betaal vir die regskoste van Outa omdat die staat die saak verloor het.
Totale onkunde en magsbehep van die ANC, ons kort ‘n nuwe regering!

Vonkprop ·

Klink my daar breek nou kort kort ‘n takkie af van die eens magtige ANC boom. Kort voor lank word die hele boom uitgehaal met wortels en al.

Magda G ·

Uitstekend Outa. Nou nog net die tolgeld wat aangeroer moet word

Johann ·

WHAKATOOOOOO…VAT SO magsmal vergrypers! Lekker gedink die bankrot ANC gaan NOG n vreetkrip maak vir hulle eie gewin.

Marius ·

Slaan die regering regtig nog ag op die grondwet? Dis net ‘n stuk papier.

Aai ·

Sluit ons almal maar toe ons kan nie ons rybewys hernu en ek gaan nie daai R90 betaal dit is ‘n storie wys ons waar is daai masjien ingehandig.Die R90 is net omdat die ANC geld kort.Anc julle plannetjies is besig om julle aan die gat te byt.

Genis ·

Lekker man lekker..as die Metro Polisie nie so korrup was nie..en nie so baie Tjo-tjo geld vat nie… was die staatskas vol….

Mariana ·

Dankie Regter en geluk aan Outa wat altyd die beste vir SA wil hê. Ondeurdagte besluite en wette word elke dag so uitgedink deur die onbevoegde ministers.

Antonk ·

Ek wens hulle kry dit ook reg sodat ons nie elke 5 of 10 jaar jou bestuurderslisensie te hernu nie.

Waarnemer ·

en daar waai die cho cho geld wat die spietcops kon maak by die vendter uit.

Swerwer ·

Wonderlik, weereens het hul poging misluk. Miljoene in die drein af. Bewys van die onbevoegde aanstellings

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.