‘Aarto-regulasies meer oor geldmaak as padveiligheid’

(Argieffoto: GCIS)

Die Automobiel-Assosiasie (AA) sê die konsepregulasies oor die Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe, oftewel Aarto, maak ʼn bespotting van die bewering dat die wet veronderstel is om verkeersveiligheid te verbeter.

Die AA sê dit is eerder die skepping van ʼn manier om geld in te vorder.

Die konsepregulasies is aan die begin van die maand aangekondig en die AA sê een van sy eerste besware is ʼn kwessie wat hy al ʼn jaar gelede aangeroer het. Dit behels die R100-heffing wat ʼn motoris moet betaal vir elke oortredingskennisgewing wat uitgereik word. Indien dié heffing goedgekeur word, sal die staat R1 miljard invorder vir elke 10 miljoen boetes wat hy uitreik – en dit vir werk wat die Agentskap vir Padverkeersmisdrywe (RTIA) alreeds doen.

Die AA sê dit is ʼn buitensporige en onbillike bepaling en soortgelyk daaraan om van iemand te verwag om ʼn heffing te betaal om hul belastingopgawe in te dien. “Dit is ʼn uiters onregverdige bykomende belasting vir werk waarvoor reeds deur verkeersboete-inkomste betaal word,” sê die AA.

Die organisasie sê die gedeelte van die wet wat dié heffing moontlik maak is in die wysigingswet vervat sonder ʼn verduideliking van waarvoor dit is, maar die konsepregulasies maak die bedoeling nou glashelder. Daar is egter geen duidelikheid oor of die bedrag terugbetaalbaar is as ʼn motoris die boete suksesvol laat opskort nie.

Die AA vra mense nou om kapsie te maak teen die konsepregulasies en waarsku indien dit nie gedoen word nie, daar op hul regte inbreuk gemaak kan word as die wetgewing deurgevoer word. Hy doen ook ʼn beroep op die departement van vervoer om dit uit die regulasies te verwyder.

Nog een van die voorstelle in die konsepwetgewing is die gebruik van gewone pos – nie meer geregistreerde pos nie – om boetes uit te stuur. Ingevolge die voorstelle sal die owerhede ook voortaan 60 dae hê om ʼn boete uit te stuur, terwyl dit vantevore 40 dae was.

Die AA sê die regulasies maak dit so moeilik as moontlik om die wetgewing te verstaan en daaraan te voldoen en probeer mense sover kry om die boete eerder so gou moontlik te betaal – selfs al het hulle ʼn regmatige verweer.

“Dit steun ons interpretasie dat die regulasies daarop gemik is om geld te maak en nie werklik toestande op ons paaie wil verbeter nie,” sê die AA.

Die AA sê ingevolge die wetgewing is die straf vir ʼn baba wat nie behoorlik vervoer word nie, ʼn enkele strafpunt en ʼn boete van R1 500. Sou jy versuim om die owerhede op die hoogte van jou persoonlike besonderhede te hou, beloop die boete voortaan ʼn allemintige R3 000, pleks van die vorige R500.

Versuim om agter die wit streep by ʼn verkeerslig of stopstraat stil te hou, gaan jou voortaan drie strafpunte kos en ʼn boete van R2 000. Vantevore is só ʼn oortreding as ʼn tegniese oortreding gesien, eerder as een wat werklike gevaar skep.

“Sitplekgordels kan dood of ernstige besering in ongelukke met tot 75% verminder. As veiligheid deurslaggewend vir Aarto was, sou werkende sitplekgordels ʼn groter prioriteit gewees het as die kloof van hare oor waar presies ʼn motoris gestop het.”

Die AA sê sommige van die regulasies het meriete. Dit sluit in dié wat verband hou met motoriste wat in noodbane ry asook die misbruik van lisensies.

Lede van die publiek het 60 dae om kommentaar op die voorgestelde regulasies te lewer. Die AA het ook ʼn voorlegging daaroor wat motoriste hier kan ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Pieter ·

Julle ANC sirkus sal nooit ooit regkom nie nie eers oor n honderd jaar van nou af nie. Julle hele lot narre moet terug gaan skool toe en graad een gaan klaar maak.

Phillip ·

Eks daar voor . Volg die padreels en ons sal nie boetes kry nie . Het my linsensie al 25 jaar en 4 boetes teen my gehaad waar van 2 die werk se bakkie was en geskrap was Meterleeser

Schalk ·

Stem saam vir realistiese pad reels, maar wie gaan die Taxi’s beheer?

Alet ·

Ek het al 37 jaar lisensie en nog net twee boetes gehad. Elke keer 72 gery in 60 sone. My genade!!! Amper duisend mense doodgemaak daai twee kere. Dan praat ek nie van hoe verlig ek was elke keer as ‘n taxi my van die pad afdruk of sommer net voor my indraai nie. Want almal weet mos hulle het voorkeur op die pad. Of die keer toe ek my boeglam geskrik het toe die taxi voor my terwyl ons om ‘n slap draai gaan sy deur waar die passasiers inklim voorloor en agter hom aansleep met vonke die hele teerpad vol. Nee dis erger om 2 mm oor die wit streep te stop by die stop straat as om te kyk na mense se padwaardigheid van motors en hoe hulle bestuur. Ek is sarkastie indien iemand nou weer nie verstaan nie. Ek stem saam met padreels maar daar is goed wat rerig erger is as om met jou wiele bietjie oor ‘n wit streep te stop by die stopstraat. Rerig???

Derek ·

Ek stem heeltemal saam met die skrywer. Die regering is geensins in voeling met die mense in Suid Afrika en het bloot n geld wolf geword. Alles draai net om geld, selfs hul modelle en planne het geen stukrag omdat hul visie en missie geld is, die melkkoei het opgedroog. Daar is nie meer melk en heuning nie, want hulle het dit vernietig met eie belang, selfsug en gierigheid. Kyk maar na die politici en sien in watter weelde hul leef, dit het tyd geword dat juis hulle rykmans belasting moet betaal, dit is die resultaat van gewetenloosheid, n algemene probleem binne die ANC en EFF.

Blikke ·

Lekker lag ek nou…..ons almal weet wie die gewoonte oortreders is en gaan in elk geval hulle agterente afvee en voortgaan met die oortredings…..die is SA vir die owerheid wat dit nog nie weet nie. Piesang Republiek!!!

SomeOne ·

“Versuim om agter die wit streep by ʼn verkeerslig of stopstraat stil te hou” , en binne ‘n week is al die taxi operateurs sonder lisensies !!!!!! skuus tog, dit is nie op hulle van toepassing

Andre ·

Ons weet almal padverkeerswetgewing in net daar vir geldmaak deur rustig te sit en wag vir nog geld. Die paaie is ‘n gevaar met almal wat op sperstrepe en blinde hoogtes net eenvoudig verbysteek. Laat die senior mense self bestuur sonder blouligbendes, hulle sal vinnig wakker skrik.

Gert Johannes ·

Dis net teen die blankes gemik, dis net hulle wat tol betaal het en net so min as wat hulle dienste baaal, selfs in wit woongwbiede en dan ry hulle duur mototrs,, sal hulle boetes betaal. Korupte beamptes gaan ryk word, R100 vir R2 000 boete en jy is weer op die pad tot volgende keer. Wat verwag jy as die top korup is.

Eclectus ·

Hier’s ‘n idee. Wat van al wat ‘n motoris is hou vir ten minste ses maande by die wet en forseer sodoende wetstoepassers om iets anders te doen.

Nico ·

Daar is hoeveel onwettige bestuurder wat onwettig op die pad is, die swaarvoertuie en die tax’i eienaars is die oorsaak van meeste van die ongelukke op ons paaie, onverskillig, respekteer geen pad reëls nie, drink en bestuur oorlaai die taxi’s, wat doen die verkeers beamptes laat hulle gaan wat ‘n bripe betaal het daarom is daar geen dissipline op die paaie. Sal die genoemde eienaars ook punte kry vir pad oortredings, nee, hulle sal vry gelaat word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.